0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (475)
  • R50 - R100 (1,148)
  • R100 - R250 (2,447)
  • R250 - R500 (448)
  • R500+ (136)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Joran Noordewind (Afrikaans, Paperback): Lilli Thal Joran Noordewind (Afrikaans, Paperback)
Lilli Thal; Translated by Amelia de Vaal
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days
Lillie die heksie en die ridder Don Quijote: Boek 14 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die ridder Don Quijote: Boek 14 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Die lawwe ridder Don Quijote is besig om die stad op horings te neem, en dis alles Lillie se skuld! Die storieboekheld het met behulp van een van haar towerspreuke daar beland en nou saai hy oral verwoesting. Hy sien motors vir drake aan en storm met sy “strydros” ('n fiets wat hy roesinante noem) op hulle af. Advertensieborde val hy met sy lans aan. En by die kermis wil hy opsluit die mallemeuleperdjies bevry! En dis nog net die begin...Maar die soort petalje is mos Lillie se kos.

Waar's Willie? Wonderwereld (Afrikaans, Paperback): Martin Handford Waar's Willie? Wonderwereld (Afrikaans, Paperback)
Martin Handford; Illustrated by Martin Handford
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Kom saam met Willie op reis deur al die tonele in hierdie wonderwêreldboek. Soek vir Willie in die groot vrugtegeveg, die wedstryd van 'n leeftyd, die speelgoedkamer, die koekfabriek, Tronkvoël se moeras en nog vele meer!

Die Knorrige Kwevoel (Afrikaans, Hardcover): Julia Donaldson Die Knorrige Kwevoel (Afrikaans, Hardcover)
Julia Donaldson; Illustrated by Catherine Rayner; Translated by Jaco Jacobs
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days
Is Dit Slaaptyd, Wikkels Vark (Afrikaans, Hardcover): Mick Inkpen Is Dit Slaaptyd, Wikkels Vark (Afrikaans, Hardcover)
Mick Inkpen; Translated by Shane Kleyn
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days
Tommie En Die Toringhoe Toebroodjie (Afrikaans, Hardcover): Lorraine Francis Tommie En Die Toringhoe Toebroodjie (Afrikaans, Hardcover)
Lorraine Francis; Illustrated by Pieter Gaudesaboos; Translated by Shane Kleyn
R39 Discovery Miles 390 Ships in 4 - 8 working days

Tommie maak sy ma se kombuiskaste leeg om vir hom die grootste toebroodjie ter wereld te maak. Sal die toebroodjie met die sjokoladesmeer, mosterd, sjokoladevermicelli, rosyntjies, appelkooskonfyt, grondboontjiebotter, ’n lepel soet heuning en bykans die hele yskasinhoud genoeg wees om Tommie se groot honger te stil?

Dierestories 3 (Afrikaans, Paperback): G.R. von Wielligh Dierestories 3 (Afrikaans, Paperback)
G.R. von Wielligh; Illustrated by Dale Blankenaar
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

In Animal Tales 3 we meet new animal characters such as Tiger, Crocodile and Rabbit. Poor Wolf still suffers under the hand and tricks of Jackal and is often outwitted by Jackal.In Animal Tales 4 poor Wolf continues his trials with Jackal. Again we see that poor Wolf is too dim-witted to realize that he is being tricked. He learns nothing from the mishaps that befall him; no, experience leaves Wolf none the wiser The illustrations of up-and-coming artist Dale Blankenaar give new life to the antics of these animals.

As Jy Droom (Afrikaans, Paperback): Daniella van Heerden, Megan Werner As Jy Droom (Afrikaans, Paperback)
Daniella van Heerden, Megan Werner
R180 R142 Discovery Miles 1 420 Save R38 (21%) Ships in 7 - 10 working days

Elke droom begin met ’n dromer. Megan Werner, die stigter van die U Dream Global-inisiatief, het in 2018 besluit om saam met ‘n groep van 20 tieners vanuit verskillende agtergronde ’n vliegtuig te bou. In Junie 2019 was die vliegtuig uiteindelik gereed en kon die 17-jarige Megan saam met vyf ander tieners die vlug van Kaapstad na Kaïro aanpak. Hulle doel was om om kinders in ander Afrikalande te inspireer om hul drome na te jaag. Min het die ses tieners egter geweet dat dit uiteindelik HULLE sou wees wat deur die reis geïnspireer sou word.

Verskeie avonture en naelbyt-oomblikke het gevolg voordat Megan-hulle uiteindelik op Kaïro-lughawe geland het. Hier het hulle grootste ondersteuner, Megan se pa, die tieners ingewag. “Ons het dit gemaak!” het hy gejuig en vir Megan ’n stywe druk gegee. ’n Paar dae later het ’n tevrede span die reis terug na SuidAfrika aangepak. Oudergewoonte het Megan se pa en sy medevlieënier in hul eie vliegtuig saamgereis om ondersteuning te bied. Maar bokant Tanzanië het die droom in tragedie geëindig …

As jy droom is ’n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop én hartseer. ‘n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem – as dit nie die waarheid was nie …

Clemens die kat (Afrikaans, Hardcover): Max Bolliger Clemens die kat (Afrikaans, Hardcover)
Max Bolliger; Illustrated by J urg Obrist; Translated by Amelia de Vaal
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Natuurlik wil ons almal graag gewild wees. Maar Clemens die kat wil regtig he ALMAL moet van hom hou – en daarom is dit vir die ander diere op die werf kinderspeletjies om hom met flikflooiery en komplimente ’n gat in die kop te praat. Clemens doen alles om hulle guns te wen … maar teen watter prys? ’n Storie oor gewildheid, groepsdruk, selfvertroue en ware geluk.

Pettson Gaan Kampeer (Afrikaans, Hardcover): Sven Nordqvist Pettson Gaan Kampeer (Afrikaans, Hardcover)
Sven Nordqvist; Translated by Daniel Hugo
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days
Koning Van Die Woud (Afrikaans, Paperback): Caroline Pitcher Koning Van Die Woud (Afrikaans, Paperback)
Caroline Pitcher; Illustrated by Jackie Morris; Translated by Shane Kleyn
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Al die geluide in die woud is vir Tier vreeslik opwindend. Saam met sy vriende (pronkende Pou, verstrooide Renoster en trompetterende Olifant) soek hy na 'n antwoord op die opwindendste vraag van almal: Wie is die koning van die woud?

Lillie die heksie in die Wilde Weste (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie in die Wilde Weste (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Illustrated by Birgit Rieger; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie keer beland Lillie in die Wilde Weste – plek van stofstrate, saloons en skietgevegte! Sal Lillie en haar Colt die inwoners van Bourbontown kan help om drie geslepe rampokkers ore aan te sit?

Die Geheim Van Die Keel Van Die Nagtegaal (Afrikaans, Hardcover): Peter Verhelst Die Geheim Van Die Keel Van Die Nagtegaal (Afrikaans, Hardcover)
Peter Verhelst; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by Carll Cneut
R77 Discovery Miles 770 Ships in 4 - 8 working days

Die Keiser van China droom van 'n nuwe Keiserlike Tuin van Tuine. Een man kry dit reg om die Keiser se droom waar te maak en 'n asemrowende tuin te ontwerp. Maar selfs die drome van keisers skiet soms te kort. Toe die Keiser 'n nagtegaal hoor sing, weet hy dat sy tuin nie volmaak is nie. Die nagtegaal is gewillig, maar nie willoos nie. Sy musiek is uniek, maar kan nie vasgevang word nie.

Karel Kameleon En Die Geheime Tempel (Afrikaans, Hardcover): Bavo Dhooge, Nico De Braeckeleer Karel Kameleon En Die Geheime Tempel (Afrikaans, Hardcover)
Bavo Dhooge, Nico De Braeckeleer; Illustrated by Steven Dhont; Translated by Kristel de Weerd
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Karel Kameleon word saam met twaalf ander spioene opgeroep deur Groot Gekko Dikke Nekko. Die baasspioen en oprigter van die Geheime Diereverbond ontbied hulle na sy geheime tempel in die oerwoud. Die lys met al die name van die spioene van die Geheime Diereverbond is gesteel. Wie het die lys gesteel? En hoe het hy by die altaarkamer uitgekom?

Lillie die heksie in die land van die dinosourusse: Boek 15 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie in die land van die dinosourusse: Boek 15 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie keer doen Lillie 'n heksesprong wat haar miljoene jare terugneem tot in die land van die dinosourusse. Maar – o gedorie! – kleinboet Leon is ook daar! Hoe op aarde het hy daar gekom? Lillie wil hom so gou moontlik terug huis toeneem, maar dan gebeur iets vreesliks: 'n Pterosourus gryp die knapie en vlieg met hom weg! Hoe nou gemaak? Sal Lillie haar boetie betyds uit die vlieende reus se kloue kan bevry?

Vos en Haas Op die Eiland (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Vos en Haas Op die Eiland (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by The Tjong- Khing; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

"Stop! Ons is hier!” roep Haas. Vos sit die tasse neer. “Is jy seker dat dit hier is?” vra hy.“Ek sien net sand. En water. En twee bome.” Die derde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige twee dele aan. Vos en Haas op die eiland is geskryf in kort sinne, met ’n effens meer gevorderde woordeskat wat rekening hou met die jong leser se begripsvermoe. Die wisselende lettergroottes ondersteun die intonasie en beklemtoning wanneer daar hardop gelees word.

Mamma Lucinda (Afrikaans, Hardcover): Koen  van Biesen Mamma Lucinda (Afrikaans, Hardcover)
Koen van Biesen; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Mamma Lucinda is ’n skreeusnaakse verhaal oor ’n mamma met kloue in plaas van hande, vlymskerp oogtande en 'n wasbleek vel ... 'n mamma wat allermins as "gewoon" beskryf kan word. 'n Vlymskerp, gril-en-giggelboek!

Lillie die heksie en die bangbroek Wiking : Boek 12 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die bangbroek Wiking : Boek 12 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Lillie neem die heksesprong na die heldhaftige wikings. Daar gekom, besef sy egter dat nie alle wikings sterk en dapper is nie...Sy ontmoet Helgar die bangbroek! Helgar se pa, die gewese stamhoof, het tydens 'n vorige ekspedisie weggeraak en die vikings het aanvaar dat hy dood is. Lillie ontdek egter iets wat haar daarvan oortuig dat hy nog lewe. Sy bied aan om na hom te gaan soek en vertrek saam met 'n hele klomp vikings op 'n skip. Maar nie almal is ewe entoesiasties om die ou hoofman te vind nie, en die soektog raak lewensgevaarlik...

Wolf en Hond (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Wolf en Hond (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by Marije Tolman; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Wolf is wild. Hond is mak. Wolf bly in die bos op 'n berg. Hond het 'n baas en 'n mandjie. 'n Kat pla vir Wolf. Hond moet hom help. Wat gaan hulle doen? Dit is 'n prettige storie vir beginner-lesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik 'n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie!

Geheimenisse Van Die Natuur En Die Wetenskap (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Dalby, Laura Howell Geheimenisse Van Die Natuur En Die Wetenskap (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Dalby, Laura Howell; Translated by Amelia de Vaal
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 4 - 8 working days

As jy al ooit oor reenboe en wolke gewonder het, vir ure na die miere kan staar of sommer net daarvan hou om te vra “hoekom?” is hierdie die boek vir jou! Kyk met nuwe oe na die wereld waarin ons woon – van die kleinste vlekkie materie tot die reuse van die see en die land – en besef sommer vroeg-vroeg: daar is altyd nog iets om te leer ken en te ontdek! Internetskakels maak boonop van die teks 'n volledig interaktiewe leerervaring.

Jasper Op Hoerskool, Boek 1 (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper Op Hoerskool, Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R134 Discovery Miles 1 340 Ships in 4 - 8 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van die gewilde reeks. Hierdie is die eerste titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! "Jy kan gaan doppies blaas - ek skryf g'n opstelle nie." Dit is Jasper se antwoord toe Floors wil he dat hy wat Jasper is, 'n opstel moet skryf oor dieremishandeling. Al is hy in standerd ses en al het hy gehoor van ontgroening op hoerskool, is hy glad nie van plan om vir hierdie seun met sy kwevoelkuif opstelle te skryf nie. Jasper is die kereltjie wat omgekrap raak as iemand na sy borselkop verwys as “poenskop”, en wat saam met die ander drie lede van die Viermanskap – Mossie, Giep en Ferdinand – baie avonture beleef. Saam soek hulle na 'n klein seuntjie wat wegraak en saam voer hulle kleilatoorlog teen Floors se manne. Hulle vang saam skaapdief en hiervoor word hulle beloon. Op dieselfde dag proe hulle hoe dit smaak om te rook, en hieroor word hulle gelooi. Kom deel in die avonture van Jasper!

Op Pappa Se Skouers (Afrikaans, Paperback): Niki Daly Op Pappa Se Skouers (Afrikaans, Paperback)
Niki Daly
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) In stock

Om skool toe te stap saam met Mamma, Gogo en Tata is groot pret. Maar om hoog in die lug op Pappa se skouers te sit, is die HEEL BESTE! Op Pappa se skouers nooi jong lesers uit om saam met ’n seuntjie en sy pa skool toe te stap, waar hulle mekaar groet op ’n baie spesiale manier. Niki Daly het in 2009 ’n Molteno-medalje (Goud) ontvang vir sy bydrae tot kinderliteratuur in Suid-Afrika. In 2020 is hy met ’n SALA (South African Literary Award) bekroon vir It's Jamela!

Sprokies Vir 'n Prinsessie (Afrikaans, Hardcover): Henri van Daele Sprokies Vir 'n Prinsessie (Afrikaans, Hardcover)
Henri van Daele; Illustrated by Dominique Mertens; Translated by Amelia de Vaal
R96 Discovery Miles 960 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie unieke boek bring die baasverteller Henri van Daele 'n besondere versameling sprokies bymekaar. Die sprokies kom uit die verskillende lande waaruit die ses koninginne van Belgie afkomstig was of is. Sowel bekende as minder bekende verhale en legendes word hier oorvertel. Henri van Daele het dit geskryf vir prinses Elisabeth van Belgie wat in 2001 gebore is. Maar dit is ook vir alle kinders wat daarvan hou om na sprokies te luister of om dit self te lees. Met ’n voorwoord deur Haar Koninklike Hoogheid Prinses Mathilde van Belgie. Agterin die boek is daar afbeeldings van die ses Belgiese koninginne sedert 1832.

Padda is Verlief (Afrikaans, Hardcover): Max Velthuijs Padda is Verlief (Afrikaans, Hardcover)
Max Velthuijs; Illustrated by Max Velthuijs; Translated by Carla Lang
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Padda voel vreemd. Hy het ’n versnelde hartklop, kry warm en koue gloede en wil lag en huil tegelyk. Dan besef hy: Hy is verlief op Eend! Maar daar is een probleem: Padda is groen en Eend is wit … Volgens Padda se maats is dit onmoontlik dat ’n groen padda en ’n wit eend mekaar kan liefhe. Maar Padda bewys aan sy maats dat liefde geen grense het nie. Padda is verlief is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, met 'n belangrike lewensles vir kinders so jonk as 3.

Vos en Haas (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Vos en Haas (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie!

Vos en Haas is ’n boek wat saam met die kind se leesvermoë “groei”. Maar dit is ook ’n boek om weer en weer te lees. Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Thé Tjong-Khing se skitterende tekeninge in volkleur.

Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetliks.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Platinum Afrikaans huistaal: Graad 3…
J. Anker, I. Lewis, … Staple bound R53 R47 Discovery Miles 470
My Groot Boek Oor Treine, Motors En…
Ants Books Paperback R95 R82 Discovery Miles 820
Musiekensiklopedie Vir Kinders - Ontdek…
Hans-Gunter Heuman, Monica Heuman Paperback R229 Discovery Miles 2 290
Die Mooiste Sprokies Van Grimm
Marita Van Der Vyver Paperback R360 R309 Discovery Miles 3 090
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R143 Discovery Miles 1 430
Kaarte - 'n Pretereis Deur Die Lande…
Aleksandra Mizielinska, Daniel Mizielinski Hardcover R382 Discovery Miles 3 820
Puntemasjien
Christo Meyer Paperback R150 R129 Discovery Miles 1 290
Kantiga Vind Die Perfekte Naam
Mabel Mnensa Paperback R130 R112 Discovery Miles 1 120
Anderkind
Betsie van Niekerk Paperback R180 R135 Discovery Miles 1 350
KomInPas met Afrikaans: Grade 4-7 Eerste…
C. de Villiers, L. Rautenbach, … Paperback R320 R275 Discovery Miles 2 750

 

Partners