0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (60)
  • R50 - R100 (14)
  • R100 - R250 (354)
  • R250 - R500 (511)
  • R500+ (218)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Taal en letterkunde

Bloed, Dunner as Water - 'n Profiel van Familiemoord in Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Charne Kemp Bloed, Dunner as Water - 'n Profiel van Familiemoord in Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Charne Kemp
R255 R229 Discovery Miles 2 290 Save R26 (10%) In stock

Die motiewe agter gesinsmoorde is dikwels vreemder as fiksie. Tergende vrae kan deur psigiaters beantwoord word ... of dalk nie. Deur na verskeie gevalle van gesinsmoord te kyk gooi hierdie boek ’n bietjie lig in 'n baie donker plek. Met onder meer die stories van die Lotters wat gebreinspoel was tot moord op hul ouers en die Van Breda bylmoorde.

Truitjie Roer My Nie - Oor Kempton en Ander K-Woorde (Afrikaans, Paperback): Schalk Bezuidenhout Truitjie Roer My Nie - Oor Kempton en Ander K-Woorde (Afrikaans, Paperback)
Schalk Bezuidenhout
R220 R199 Discovery Miles 1 990 Save R21 (10%) In stock

Wat beteken dit as ’n jong Afrikanerman jou beskryf as “nogals orraait”? Hoe trek jy die gehoor se aandag as die basaarpoeding hulle gemesmeraais het? En waar in die wÍreld is die berugte Pomona Spur? In diť piepie-jou-nat-van-die-lag memoire verklap Schalk – en sy soortvan-bestuurder, Erns Grundling – die bisarre en hartroerende dinge wat hy oorgekom het op sy reise regoor die land na oral waar ’n mikrofoon en ’n gehoor hom inwag.

Jeremy Vannie Elsies (Afrikaans, Paperback): Jeremy Vearey Jeremy Vannie Elsies (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Vearey
R275 R209 Discovery Miles 2 090 Save R66 (24%) In stock

Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiŽle lyfwag…

Van sy kleintyd in Elsiesrivier neem Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings. Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy ’n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel.

En onder alles loop ’n donker stroom.

Die De Zalze-moorde - Die Familiemoord Wat Die Land Tot Stilstand Geruk Het (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Die De Zalze-moorde - Die Familiemoord Wat Die Land Tot Stilstand Geruk Het (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R226 Discovery Miles 2 260 In stock

Kan dwelms, jaloesie en geld ’n normale 20-jarige daartoe dryf om byna sy hele gesin met ’n byl uit te wis?

Die Van Breda’s van Stellenbosch was skynbaar die perfekte gesin. Skatryk, suksesvol en gewild. In die luukse De Zalze-landgoed het hulle ’n droomlewe gelei.

En toe verander alles in ’n oogwink. Die land is tot stilstand geruk deur die nuus van Martin en sy vrou, Teresa, en hul 22-jarige seun Rudi se grumoorde. Die blondekop tiener, Marli, het net-net oorleef, maar kan weens ’n breinbesering niks van diť noodlottige nag onthou nie.

Mettertyd word die ander seun, Henri, wat ongeskonde is en weet wat werklik gebeur het, aangekla van die driedubbele moord.

Dan begin familie en vriende een-vir-een praat. Hulle skets ’n prentjie van ouers wat raadop was met hul moeilike “eenkantkind”. Henri se dwelmverslawing het blykbaar tot “groot onmin” in die huis gelei en hy was glo “die moer in” vir sy ouers omdat sy broer, Rudi, voorgetrek is.

Kan dit wees dat die Van Breda’s se eie kind die byl gelig het?

Hartebreker - Christiaan Barnard En Die Eerste Hartoorplanting (Afrikaans, Paperback): James Styan Hartebreker - Christiaan Barnard En Die Eerste Hartoorplanting (Afrikaans, Paperback)
James Styan 4
R240 R199 Discovery Miles 1 990 Save R41 (17%) Within 4 - 8 working days

Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard ’n hartebreker. Vir sy pasiŽnte ’n harteheler.

Diť nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlik lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het. Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het.

Hoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in diť resies om lewe en dood te wen? Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad? En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings? Styan dek dit alles in diť fassinerende nuwe blik op Chris Barnard wat uitgegee is om saam te val met die 50ste herdenking van die eerste hartoorplanting.

Dwarsklap - Skakerings Van Swart In Die Nuwe Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Piet Matipa Dwarsklap - Skakerings Van Swart In Die Nuwe Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Piet Matipa 3
R240 R192 Discovery Miles 1 920 Save R48 (20%) In stock

Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan ’n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit ’n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wÍreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan HoŽrskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan , waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in ’n kinderhuis grootgeword het nie!

Afrikaans het sy lÍ op ’n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir ťťn ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om ’n ontkleedanser by ’n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is.

’n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.

Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover): Johan Bergh Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover)
Johan Bergh 2
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Within 10 - 15 working days

Paul Kruger: Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 probeer om die klem te plaas op minder bekende briefwisseling en optredes van Kruger om sodoende ’n verteenwoordigende beeld van staatspresident Kruger se werksaamhede en standpunte aan te bied. Die teks is deeglik toegelig met ophelderende voetnote. Verder is ’n algemene inleiding, agtergrondsinligting en -ontleding verskaf by elke toepaslike breŽr tydperk in Kruger se lewe tot 1900.

Die beeld wat van Kruger na vore kom uit ’n deeglike ontleding van veral sy minder bekende korrespondensie en toesprake, verskil dikwels ingrypend van dit wat oor ’n lang tydperk in publikasies oor hom aangebied is. Hierdie publikasie vervul daarom ’n belangrike behoefte: Dit stel die leser in staat om regstreeks deur die lees en bestudering van Kruger se standpunte tot eie en nuwe gevolgtrekkings te kom.

SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback): Wynand Harmse SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback)
Wynand Harmse
R350 R289 Discovery Miles 2 890 Save R61 (17%) In stock

Die geskiedenis van die eerste 59 jaar van die SAUK se bestaan; vanaf 1936 tot 1995. Die vertel ook die ontstaan van openbare uitsaai, die missie en doelwitte daarvan en waarom dit hersien moet word.

Die politieke element word bespreek: Watter soort stut was die SAUK vir apartheid? Watter rol het die SAUK gespeel as sleutelspeler in die transformasieproses? Daar word gekyk na politieke inmenging en aanstellings wat direk uit die Uitsaaiminister se staatsdepartement gemaak is. Ook ingespan is die SAUK se sleutelrol in geskiedkundige gebeure: Die vrylating van Nelson Mandela en die vryheidsverkiesing van 1994.

Die boek behoort nie net die wye publiek nie, maar ook akademici, historici en politici te interesseer.

Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal
R221 Discovery Miles 2 210 In stock

‘Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.’

Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosio- ekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.

Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo se Grondpad na Genesing (Afrikaans, Paperback): Antoinette Pienaar Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo se Grondpad na Genesing (Afrikaans, Paperback)
Antoinette Pienaar
R260 R208 Discovery Miles 2 080 Save R52 (20%) Within 4 - 8 working days

“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om ’n stram geselskap aan die gang te kry.

Met diť raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek nŠ die verskyning van Kruidjie roer my, haar boek oor Karookruie wat sy plek as ’n klassieke werk in Afrikaans ingeneem het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.

In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het ’n fisieke probleem ’n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en herlees.

Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback): Toef Jaeger Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback)
Toef Jaeger; Translated by Zandra Bezuidenhout
R263 Discovery Miles 2 630 In stock

In 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad – leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas. Eers veertig jaar later ontdek hy wat die rede was vir hierdie vertrek na Suid-Afrika: Sy pa was ’n kollaborateur in die Tweede WÍreldoorlog. Die emigrasie is die begin van ’n lewe as buitestaander en vorm later die goue draad in sy skilderye en literÍre werk.

Koning Eenoog is ’n boeiende biografie van die ewig soekende emigrant Henk van Woerden (1947–2005), ’n skrywer wat nie net ’n bekroonde oeuvre agtergelaat het nie (Een mond vol glas – Alan Paton Award en die Frans Kellendonk-prys, Ultramarijn – Gouden Uil en Inktaap) maar ook die Nederlandse literatuur oor Suid-Afrika verander het.

Closet - The Remarkable Wardrobe of NataniŽl (English, Afrikaans, Paperback): Nataniel Closet - The Remarkable Wardrobe of NataniŽl (English, Afrikaans, Paperback)
Nataniel
R385 Discovery Miles 3 850 Within 7 - 15 working days

Truly unique, Closet offers a visual celebration as exceptional as its author. As Nataniel looks back on his 30-year career, he takes us into his closet, showing his first self-made costumes, introducing his three designers and sharing close-up details of the most astounding costumes from his shows. Also with photo shoots, magazine and CD covers, Closet is a visual feast, a collector's item and an ode to an exceptional South African artist.

Closet is ’n unieke, luukse visuele viering en versamelstuk. NataniŽl kyk oor sy roemryke loopbaan van 30 jaar terug wanneer hy sy aanhangers ’n kykie in sy klerekas gee. Hy wys van sy eerste kostuums, stel sy drie kostuumontwerpers voor, en vertoon sy heel beste kostuums van naderby. Closet, wat ook fotosessies, CD-omslae en katalogusse insluit, is ’n fees vir die oog en ’n ode aan ’n besondere kunstenaar.

Knapsekerels (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Knapsekerels (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R167 Discovery Miles 1 670 Within 10 - 15 working days

Die gedigte handel onder meer oor 'n byna uitgestorwe plattelandse lewe met tradisionele gebruike en ambagte. Tog word dit haarskerp en klokhelder verwoord sodat ook die moderne stadsmens aanklank daarby kan vind. Maar hy skryf ewe meevoerend oor die stad (Kaapstad).

Daar is ook aktuele gedigte oor Suid-Afrikaanse toestande, tydlose verse oor die dood en prikkelende maar ook skreiende uitbeeldings van die liefde. Die verse het 'n eie, unieke klank en styl. Die minimalistiese woordgebruik is besonder suggestieryk en skep dikwels meerduidighede - betekeniseggo's wat naklinkend in die leser se kop bly draai.

Die beelde en klanke klou inderdaad aan jou soos knapsekÍrels.

Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn 1
R250 R208 Discovery Miles 2 080 Save R42 (17%) Within 4 - 8 working days

Jan Christiaan Smuts was ’n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ’n leierskapsvakuum.

In Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wÍreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.

Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en ʼn groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.

Historikus: 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback): Hermann Giliomee Historikus: 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback)
Hermann Giliomee
R389 Discovery Miles 3 890 Within 7 - 15 working days

As uitgesproke kommenatator wat voor en na 1994 met die regering gebots het, een van die Dakar-gangers wat al in die 1980s die ANC gaan ontmoet het en wereldkenner van die Afrikaners, is Giliomee ten nouste betrokke by ons land se geskiedenis Ė en hoe ons dit verstaan. Hier verweef hy sy eie lewensverhaal met die van die land en die mense wat hom fassineer in leesbare, narratiewe vorm, vol staaltjies en onvertelde verhale.

Bloedbande - 'n Donker Tuiskoms (Afrikaans, Paperback): Wilhelm Verwoerd Bloedbande - 'n Donker Tuiskoms (Afrikaans, Paperback)
Wilhelm Verwoerd
R290 R250 Discovery Miles 2 500 Save R40 (14%) In stock

Ek blaai vinnig deur hierdie bladsye. Ouma se politieke spore is besaai met duwweltjies. ’n Deel van my wil-wil die swart dagboek toemaak. ’n Ander deel skop vas: Hoe eerlik is jy in jou poging om oupa Hendrik te verstaan?

NŠ jare van versoeningswerk tussen eertydse vyande in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika. Hy wil vrede maak met sy eie familie en sy geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ’n Bietjie, waar hy sit en skryf, hang ’n gesinsfoto waarop sy oupa, HF Verwoerd, hom as baba teer vashou. Hoe versoen hy diť menslike oupa met die gehate onderdrukker wat in die stories van sy swart bure en kennisse na vore kom, mense wat as kinders in die strate gedans het toe sy oupa vermoor is?

In sy soektog na begrip kom Wilhelm op ouma Betsie Verwoerd se private dagboeke af en voer hy soms ongemaklike gesprekke met mense wat sy van as vloekwoord onthou. So ontvou ’n geskakeerde blik op wat dit beteken om vandag met integriteit in Suid-Afrika te leef.

“Diepsinnig … Wilhelm Verwoerd ondersoek die veelkantigheid van verantwoording in families in hierdie belangrike en menslike memoir.” – Martie Retief Meiring

Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg, Marissa Coetzee Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg, Marissa Coetzee
R179 Discovery Miles 1 790 Within 7 - 15 working days

Hykie Berg is ín bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.

Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback): Hannelie Groenewald Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback)
Hannelie Groenewald
R196 Discovery Miles 1 960 Within 7 - 15 working days

Dit is die verhaal van ’n vrou wat haar familie in ’n terreuraanval verloor. Dit vertel van ’n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, net sodat die mat onder haar uitgeruk kan word. Die boek sal die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof te bereken, na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders. Hannelie se verhaal is ’n merkwaardige getuienis van ’n lewe in geloof en die krag van vergifnis.

Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer
R250 R208 Discovery Miles 2 080 Save R42 (17%) Within 4 - 8 working days

Toe sÍ sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.”

Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek?

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Sy vertel hoe sommige kliŽnte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word.

Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.

Afrikaanse Woordelys En SpelreŽls (Afrikaans, Paperback, 11de Uitgawe): SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Afrikaanse Woordelys En SpelreŽls (Afrikaans, Paperback, 11de Uitgawe)
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
R440 Discovery Miles 4 400 In stock

Hierdie elfde, omvattend herbewerkte uitgawe bied (naas bestaande hoofstukke oor wisselvorme, getalle ens.) twee nuwe hoofstukke wat onderskeidelik leestekens en trappe van vergelyking bereel. Bestaande reels is aangepas en word eenvoudiger verduidelik. Nuwe lyste bied duidelike leiding oor plekname in die Ooste, landname met hul geldeenhede en ISO-kodes, en elemente in die periodieke tabel. Skryfhulp oor transliterasie, Omgangsafrikaans en die SI-stelsel maak die uitgawe ín volledige hulpbron.

Ingrid Jonker - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Petrovna Metelerkamp Ingrid Jonker - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Petrovna Metelerkamp
R300 R240 Discovery Miles 2 400 Save R60 (20%) Within 4 - 8 working days

Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en verdrink. Sy laat haar familie en vriende agter met meer vrae as antwoorde. Gedurende die afgelope 50 jaar het sy ’n ikoon van die Afrikaanse en Suid- Afrikaanse letterkunde geword. In so ’n mate, dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literÍre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu.

Haar politieke sieninge, soos uitgedruk in haar poŽsie en haar passie en die droefheid van haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere Jack Cope en Andrť P. Brink het al tot baie besprekings gelei. Sy het weer onder die publieke oog gekom toe oudpresident Nelson Mandela in sy inhuldigingsrede in 1994 in die Parlement een van haar gedigte aangehaal het. Hy het haar gedig: “Die Kind” voorgelees en gesÍ: “Sy was beide ’n digter en ’n Suid-Afrikaner.”

Sedert haar dood is daar vele bespiegelings oor haar lewe en tragiese einde. Van diť vrae word beantwoord in hierdie eerste omvattende biografie. Petrovna Metelerkamp doen al jare navorsing oor Jonker. Sy neem die leser saam deur Ingrid se grootwordjare, digterslewe, liefdesverhoudings en die laaste paar jaar van haar lewe.

Metelerkamp bring nuwe inligting aan die lig wat sy neem uit onbekende nuwe briewe en dagboekinskrywings, o.m. uit die dagboeke van Jack Cope. Talle nuwe onderhoude met mense wat Jonker geken het, word in die biografie opgeneem. Sy weerlÍ ook die beeld van Jonker as ’n ongebalanseerde kunstenaar wat haar houvas op die werklikheid verloor het in hierdie toeganklike biografie oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kunstenaars.

Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier (Afrikaans, Paperback): Elsabe Brits Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier (Afrikaans, Paperback)
Elsabe Brits 4
R367 Discovery Miles 3 670 Within 7 - 15 working days

As kampvegter vir vrouestemreg en in haar uitgesproke teenkanting teen onreg is Emily Hobhouse ín ikoon wat vandag nog inspireer. Ontdek die onbekende sy van ín verbasend moderne vrou in hierdie volkleur pragboek propvol fotoís, interessante dagboekinskrywings en briewe. So gee sy ín genuanseerde, vars blik op ín buitengewone vrou wat voortdurend in die spervuur was. Van kleintyd het Emily haar verset teen haar lot. Vir vroue was daar min geleenthede en sy moes boonop haar siek pa oppas. Tog raak sy wereldwyd betrokke by die stryd teen onreg en oorlog. In twee oorloe het sy duisende lewens gered, en tog is sy Ė ín ware patriot Ė in haar eie land onbekend en alleen dood.

Nadia: Paaie Van Hoop - 'n Inspirasieverhaal (Afrikaans, Paperback): Nadia Beukes, Jana  van der Merwe Nadia: Paaie Van Hoop - 'n Inspirasieverhaal (Afrikaans, Paperback)
Nadia Beukes, Jana van der Merwe
R181 Discovery Miles 1 810 Within 7 - 15 working days

Ons almal se paaie lyk nie dieselfde nie. Net omdat jou pad anders is, beteken dit nie daar wag nie ’n gelukkige einde nie. Glansaktrise Nadia Beukes nooi jou saam op die paaie wat sy al geloop het: kronkelpaaie, bergpasse, en soms ook ompaaie. Sů leer ken ons die ware Nadia weg van die kalklig. Sy deel haar verhaal van diepe hartseer, maar ook van uitbundige vreugde.

Dawie de Villiers: My Lewensreis - Springbok, Politikus, Diplomaat (Afrikaans, Paperback): Chris Schoeman Dawie de Villiers: My Lewensreis - Springbok, Politikus, Diplomaat (Afrikaans, Paperback)
Chris Schoeman 1
R300 R240 Discovery Miles 2 400 Save R60 (20%) In stock

Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wÍreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en Ūs die wÍreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het.

Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in ’n polities georiŽnteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sy geliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkele aspekte van diť lekkerlees-ervaring.

Hy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as ’n ywerige waarnemer van onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang na demokrasie; en uiteindelik ’n reeks verrykende reise oor die wÍreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO).

My lewensreis is ’n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweŽ morele oortuigings ťn hulle bevoegdhede ’n nuwe Suid-Afrika help skep het.

Seks & Drugs & Boeremusiek - Die Memoires Van 'n Volksverraaier (Afrikaans, Paperback): Koos Kombuis Seks & Drugs & Boeremusiek - Die Memoires Van 'n Volksverraaier (Afrikaans, Paperback)
Koos Kombuis
R312 Discovery Miles 3 120 Within 7 - 15 working days

Koos Kombuis se outobiografie het al meer as tien drukke beleef. Hierdie heruitgawe verskyn op openbare aandrang.

Sy ganse lewensverhaal, Koos se manier om homself te versoen met sy verlede. Hy vertel van sy heel eerste openbare optrede (op die ouderdom van ongeveer vyf sekondes), van sy jeugjare as hedonis, van die paradokse & die pyn, van hoe lekker die lewe nou vir hom is, van die goue jare wat nog voorlÍ . . .

O ja, natuurlik ook van die seks & drugs & boeremusiek wat al sy pad gekruis het.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Omega, Oor En Uit - Die Storie Van 'n…
Francois Verster Paperback R231 Discovery Miles 2 310
Die Singende Hand - Versamelde Gedigte…
Breyten Breytenbach Paperback R412 Discovery Miles 4 120
So is dit nou - Nog stories van gister…
Johan Van Wyk Paperback R241 Discovery Miles 2 410
Regardt
Regardt Van Den Bergh, Danny Fourie Paperback  (1)
R211 Discovery Miles 2 110
Vuurvas
Carel Anthonissen Paperback R190 R173 Discovery Miles 1 730
Die Goddelike Komedie - Liefde Laat Die…
Cas Vos Paperback R167 Discovery Miles 1 670
Donker Stroom - Eugene Marais En Die…
Carel van der Merwe Paperback R421 Discovery Miles 4 210
Die Ou Met Die Snor By Die Bar
Jack Parow, Theunis Engelbrecht Paperback R200 R160 Discovery Miles 1 600
Bloedvreemd
Juliana Coetzer Paperback  (3)
R225 R187 Discovery Miles 1 870
Loui Fish: Onsinkbaar
Alita Steenkamp Paperback  (1)
R220 R182 Discovery Miles 1 820

 

Loyalty partners