0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (8)
  • R50 - R100 (38)
  • R100 - R250 (164)
  • R250 - R500 (23)
  • R500+ (13)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur

Negentien Minute (Afrikaans, Paperback): Jodi Picoult Negentien Minute (Afrikaans, Paperback)
Jodi Picoult
R220 R150 Discovery Miles 1 500 Save R70 (32%) In stock

“Die leser word geprikkel en met vele vrae gelaat . . . Hoe goed ken ’n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort? Uiters aktueel, nie net in Amerika nie.” – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer

Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs neŽntien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.

Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskiet. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling ’n rol daarin gespeel het om ’n innemende, liefdevolle seun in ’n moordenaar te laat verander.

In ’n era waarin boeliegedrag toenemend ’n probleem is, hou hierdie meesleurende boek talle insigte in vir ouers, onderwysers en tieners.

As Die Cape Flats Kon Praat - Green Eyes En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Brian Fredericks As Die Cape Flats Kon Praat - Green Eyes En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Brian Fredericks
R245 R180 Discovery Miles 1 800 Save R65 (27%) In stock

Brian Fredericks,†’n aangrypende nuwe stem, skryf†met nege kortverhale ’n wÍreld oop in die Cape Flats.

Hy werp lig op ’n komplekse wÍreld waar die grens tussen reg en verkeerd heeltyd verskuiwe, maar bowenal het hy ’n sonderlinge insig in die feilbaarheid maar ook die broosheid van menswees. Karakters kry lewe op papier, en maak jou opnuut kyk na die wÍreld om jou en in jou.

Met diť bundel kortverhale vestig Fredericks hom as baanbreker in die Afrikaanse kortkuns.

Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback): Bernie Fabing Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback)
Bernie Fabing
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) In stock

Die laanie Bernie Fabing by Vannie Kaap wil wiet: Is alles oraait byrie hys? Dis ’n bundel van hul mees popular memes en sluit oek nuwe eksklusiewe content in, wat nooit aanlyn sal verskyn nie.

Vannie Kaap is ’n plaaslike brand wat gewild geraak het toe hul inhoud op Facebook viral gaan. Vannie Kaap, gestig in 2015, se doel is om Kaapse kultuur te eer, maar dit het oek ’n movement geword om ander kulture oor die Cape Coloured se herkoms en taal te leer. Die deure vannie eerste Vannie Kaapwinkel het in 2017 oepgemaak en daar’s tans winkels innie V&A Waterfront, Cape Gate en Canal Walk.

“Is alles oraait byrie hys?” is die tagline wat gepaard gaan met die Vannie Kaap brand – aanlyn en op merchandise. En as jy nog nie van hulle gehoor het nie . . . raak wys!

Bloed, Dunner as Water - Suid-Afrika se Berugste Familiemoorde (Afrikaans, Paperback): Charne Kemp Bloed, Dunner as Water - Suid-Afrika se Berugste Familiemoorde (Afrikaans, Paperback)
Charne Kemp
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) In stock

Die motiewe agter gesinsmoorde is dikwels vreemder as fiksie. Tergende vrae kan deur psigiaters beantwoord word ... of dalk nie. Deur na verskeie gevalle van gesinsmoord te kyk gooi hierdie boek ’n bietjie lig in 'n baie donker plek. Met onder meer die stories van die Lotters wat gebreinspoel was tot moord op hul ouers en die Van Breda bylmoorde.

Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik Groener Aan Die Ander Kant? (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik Groener Aan Die Ander Kant? (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R190 R140 Discovery Miles 1 400 Save R50 (26%) In stock

Moet ek bly of emigreer? Is hier plek vir my in Suid-Afrika?

Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Ons het dan minder keuses om te maak omdat ons al daardie selfsugtige keuses van die tafel af vee.†Morele keuses organiseer ons opsies beter in verskillende kompartemente vanaf eties tot oneties, en vanaf nuttig tot nutteloos.†

Ons wil hÍ ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons gedurig goeie keuses. Ons maak morele keuses - ook wanneer ons reis-en-verblyf keuses maak.

Casebook On The South African Law Of Persons / Vonnisbundel Oor Die Suid-Afrikaanse Personereg (Afrikaans, English, Paperback,... Casebook On The South African Law Of Persons / Vonnisbundel Oor Die Suid-Afrikaanse Personereg (Afrikaans, English, Paperback, 5th Edition)
Jacqueline Heaton 2
R774 R685 Discovery Miles 6 850 Save R89 (11%) In stock

The casebook on the South African law of persons provides clear and concise analysis of the facts and principles enunciated by the courts on the law of persons. It contains commentary and extracts from cases referred to in The South African law of persons.

Die Griekwastad Moorde - Die Misdaad Wat Suid-Afrika Geruk Het (Afrikaans, Paperback, Rolprent-Vrystelling Uitgawe): Jacques... Die Griekwastad Moorde - Die Misdaad Wat Suid-Afrika Geruk Het (Afrikaans, Paperback, Rolprent-Vrystelling Uitgawe)
Jacques Steenkamp
R280 R199 Discovery Miles 1 990 Save R81 (29%) In stock

Die vrede en stilte in die klein Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort nŠ skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe ’n jong tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp binnejaag en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie stilhou. Dit was net voor 19:00 toe die bebloede Don Steenkamp uit die voertuig spring en die aanklagkantoor binnestorm met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig doodgeskiet is. Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nůg ’n plaasaanval was, is Don maande later weens die moorde gearresteer. Dit het ’n proses aan die gang gesit wat Suid-Afrika sou meesleur en die mense van Griekwastad onderling sou verdeel.

Hierdie boeiende verhaal van wat werklik op daardie noodlottige dag op die plaas Naauwhoek gebeur het, word vertel deur die verslaggewer wat die saak van die eerste dag af gevolg het. Dit is gebaseer op onderhoude met al die betrokkenes, insluitende die ondersoekbeamptes, die forensiese en ballistiese deskundiges asook familie en vriende van die oorledenes, en eindig met die uitspraak en vonnisoplegging…

Dinamiese Ouditkunde - 'n Studente uitgawe (Afrikaans, Paperback, 13de Uitgawe): B. Marx, Alex van der Watt, Maurice Bourne Dinamiese Ouditkunde - 'n Studente uitgawe (Afrikaans, Paperback, 13de Uitgawe)
B. Marx, Alex van der Watt, Maurice Bourne
R1,059 R925 Discovery Miles 9 250 Save R134 (13%) In stock

Hiedie handboek is gebaseer op die opvoedkundige vereistes van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters vir toelating tot ATB (Aanvanlike Toets van Bevoegdheid (of in Engels ďInitial Test of CompetenceĒ (ITC)) van die Kwalifi≠serende Eksamen van die SAIGR. Dit bevat wysigings aan standpunte en wetgewing tot en met Junie 2018.

Casebook On South African Family Law / Vonnisbundel oor die Suid-Afrikaanse Familiereg (Afrikaans, Paperback, 4th): Casebook On South African Family Law / Vonnisbundel oor die Suid-Afrikaanse Familiereg (Afrikaans, Paperback, 4th)
2
R499 R149 Discovery Miles 1 490 Save R350 (70%) In stock

The Casebook on South African Family Law provides a clear and concise analysis of the facts and principles enunciated by the courts on the law of family.

It contains commentary and extracts from cases referred to in South African Family Law.

This work reflects the law as at 31 July 2004. Decisions up to July 2004 have been considered for inclusion.

1795 (Afrikaans, Paperback): Dan Sleigh 1795 (Afrikaans, Paperback)
Dan Sleigh 2
R390 R335 Discovery Miles 3 350 Save R55 (14%) In stock

Dit is die winter van 1795. Die Kaap is nog Hollands, maar nie meer vir lank nie. Kommissaris Sluysken, die VOC se hoofamptenaar aan die Kaap, het sy Politieke Raad vir 'n vergadering in die Kasteel byeengebring. Hier sit kolonel Robert Gordon, bevelvoerder van die garnisoen, avonturier en Oranje-man. Ook majoor William van Reede van Oudshoorn, lord Hunsdon, vir wie die land en die dorp sy lewe is; verloor hy dit, word hy niks. Hy is bevelvoerder van 'n korps klerke wat vir hierdie krisis hul penne vir gewere moet inruil. Sluysken lees 'n brief voor van die bevelvoerder van die Engelse vloot by Simonstad wat dreig om sy matrose op die land los te laat. William kyk strak voor hom uit. Hy en kameraad Louis Thibault het reeds 'n krygplan ter tafel gele. Sy hoop is op die binnelanders, eerder as op Gordon se garnisoen Ė die boere, wat so hard soos hierdie kontinent se klippe is. Tussen Gordon en Van Oudshoorn sal die stryd om die siel van hierdie droewe land besleg word. Of vir ewig bly voortwoed. Dan Sleigh se loopbaan as romansier het in Eilande met die pionierstyd aan die Kaap begin, en in 1795 word 'n sirkelgang van die geskiedenis voltrek, met die laaste Kaapse maande onder die Kompanjiesvlag. Sleigh skryf met 'n onfeilbare aanvoeling vir die konflikte en hartstogte wat die totstandkoming en verval van gemeenskappe onderle, en met 'n verstommende oog vir detail.

Strafreg (Afrikaans, Paperback, 6de Uitgawe): R. Snyman Strafreg (Afrikaans, Paperback, 6de Uitgawe)
R. Snyman
R1,184 R149 Discovery Miles 1 490 Save R1,035 (87%) In stock
Sasol VoŽls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick... Sasol VoŽls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick Tarboton, Niall Perrins, Dominic Rollinson, …
R390 R279 Discovery Miles 2 790 Save R111 (28%) In stock

Die vyfde uitgawe van Sasol VoŽls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voŽldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voŽlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voŽls
Sasol VoŽls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir VoŽlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian... Sasol VoŽls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir VoŽlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick Tarboton, Niall Perrins, Dominic Rollinson, …
R370 R269 Discovery Miles 2 690 Save R101 (27%) In stock

Die vyfde uitgawe van Sasol VoŽls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voŽldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voŽlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voŽls
Loui Fish: Onsinkbaar (Afrikaans, Paperback): Alita Steenkamp Loui Fish: Onsinkbaar (Afrikaans, Paperback)
Alita Steenkamp 1
R220 R182 Discovery Miles 1 820 Save R38 (17%) In stock

Die tonge was al baie los oor die kletskoningin Loui Fish, en die lys van dinge wat sy genoem word, is lank: sosiale vlinder, partytjiepop, sekskatjie, flerrie, cougar. Maar voeg ook daarby: beeldskoon, suksesvol en gevat. Loui is inderdaad ’n katjie wat jy nie sonder sagte handskoentjies moet aanpak nie – en boonop enig in haar soort. Dis immers nie elkeen van ons wat sosiaal verkeer met Victoria en David Beckham of wat kan spog met Jimmy Choo as ’n persoonlike vriend of George Michael as ’n voormalige buurman nie.

In haar allesonthullende outobiografie, Onsinkbaar, vertel Loui van haar kleintyddrome om eendag met ’n rock-ster te trou. Steve Hofmeyr maak ’n vlietende draai in haar lewe. James Small vat haar uit die Boland weg, maar sy loop erg deur onder sy vuiste. Uiteindelik trou sy met die liefde van haar lewe, Mark Fish, en word sy deel van ’n sosiale groep wat bekend staan as Footballers’ Wives – vroue vir wie selfs die etiket op hul onderklere belangrik is. Dis ’n verhaal van passie, geweld en liefde. Van ontwerpersklere en die gejaag na sukses. Maar dit vertel ook van ’n weerlose Loui, wanneer sy gestroop van al hierdie dinge besef dat geld en glorie nie geluk bring nie, en dat wat ander van jou sÍ nie regtig saak maak nie.

“Hoekom skryf ek my storie? Wel, ek is nie ’n slagoffer nie. Ook nie sleg nie, ek is net ’n meisie wat verlief geraak het op ’n jong man, en dalk steeds verlief is op hom. Die enigste ding is ek is nie meer 24 jaar oud nie. Ek was getroud vir byna elf jaar. En hoekom is ons nie meer getroud nie? Wel, nes my icon eenmaal in ’n bekende Martin Bashir onderhoud gesÍ het: “It was getting a little crowded.” Sy, nes ek, het na haar huwelik verwys, en sy was prinses Diana.”

Kringe in 'n bos - Studiegids (Afrikaans, Paperback): Kringe in 'n bos - Studiegids (Afrikaans, Paperback)
R142 Discovery Miles 1 420 In stock

Part of the Guidelines Literatuurgids series for "Kringe in 'n bos" deur Dalene Matthee.

Nadraai - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Jaco Kirsten Nadraai - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Jaco Kirsten
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) In stock

Rocco de Witt se argitekspraktyk in Kaapstad doen goed, hy is verloof aan 'n pragtige vrou en hy woon in 'n droomhuis. Maar nou staan oudmakker Gert Malan voor sy deur . . . en die geweld van destyds kom opnuut Rocco se lewe binne. Sy bestaan ontaard in 'n nagmerrie - tot die onvermydelike konfrontasie wat op hom wag, daar op die plasie Nadraai.

Knolle, Bolle & Tuinkaperjolle (Afrikaans, Hardcover): Samantha van Riet Knolle, Bolle & Tuinkaperjolle (Afrikaans, Hardcover)
Samantha van Riet
R180 R127 Discovery Miles 1 270 Save R53 (29%) In stock

Kinders van ses tot nege jaar oud is die teikengroep vir diť eg Suid-Afrikaanse boek oor groentetuine. Hulle sal leer hoe om ’n tuin uit te lÍ, die soorte grond en hoe om grond voor te berei, plant en saai, snoei en oes van hulle eie gesonde groente, slaai en kruie. Daar is ook handwerkprojekte wat met tuinmaak verband hou en maklike resepte.

Die boek is in twee dele: die eerste oor grondvoorbereiding, saai en omsien na die plante terwyl hulle groei; herwinning, die seisone, insekte en voŽls en natuurlike siklusse. Die tweede deel sal kinders inspireer om hulle groente-oes te geniet. Elke groente word op ’n dubbelblad gewys, met inligting, foto’s, illustrasies en maklike resepte daarby.

Kinders sal trots wees op groente wat hulle self geplant en versorg het, en hulle gaan sommer ook lus wees om minder bekende groentes te probeer as hulle betrokke was by die plant en oes daarvan! Dis ook ’n wonderlike manier om kinders van die rusbank af tot in die tuin te lok, en ’n heerlike aktiwiteit vir gesinne om saam te doen.

Die Laaste Wals - 'n Keuse uit Hennie Aucamp se Verhaalkuns (Afrikaans, Paperback): Die Laaste Wals - 'n Keuse uit Hennie Aucamp se Verhaalkuns (Afrikaans, Paperback)
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) In stock

n Langverwagte versameling van Hennie Aucamp se beste kortverhale. Aucamp was by uitstek 'n kortverhaalskrywer, en is in 1982 met die Hertzogprys vir sy prosawerk bekroon. Hierdie versameling bevat sy eie keuse uit die vele kortverhale waarmee hy lesers oor die dekades heen geraak en vermaak het. Die keuse is so interessant soos die verhale self - daar is voorspelbare bekende verhale, en ook minder bekendes waarvoor hy 'n spesiale toegeneentheid gehad het. Saamgestel deur Johann de Lange.

Superkos Vir Superkinders - Die Kos Revolusie: Die Kinderboek (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Jonno Proudfoot, Bridget... Superkos Vir Superkinders - Die Kos Revolusie: Die Kinderboek (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Jonno Proudfoot, Bridget Surtees
R145 R120 Discovery Miles 1 200 Save R25 (17%) In stock

Die Kos Revolusie het die wereldwye vetsug-epidemie aangespreek met 'n revolusionere benadering tot eet: Dit het diepgewortelde oortuigings uitgedaag, was (en bly steeds) 'n rekordverkoper regoor Suid-Afrika, en het mense se lewens verander. Met Superkos Vir Superkinders beoog die skrywers 'n revolusie in kindervoeding.

Hulle glo dit is tyd om die kindervoedselbedryf sowel as ons uitgediende aannames daaroor uit te daag – tyd om ons kinders die beste voeding en die beste wegspring in die lewe te gee.

Superkos Vir Superkinders is nie 'n banting-kookboek nie, en gaan nie oor ‘geen-koolhidrate’ voeding vir kinders nie. Maar deur 'n ‘ware kos’ eetplan wat laag in suiker en verfynde koolhidrate is, te bepleit, verteenwoordig dit Die Kos Revolusie se volgende stap om die wereld te verander.

Dagboek van 'n Wimpy Kid 6: Kamerkoors (Afrikaans, Paperback, New Edition): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 6: Kamerkoors (Afrikaans, Paperback, New Edition)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Greg Heffley is in groot moeilikheid. Skool- eiendom is beskadig en hy is die hoofverdagte in die saak. Maar hy is redelik onskuldig. Al hou ‘n frats sneeustorm die Heffley-familie binnenshuis, weet Greg dat hy die saak moet hanteer wanneer die storm bedaar het. Maar kan enige straf erger wees as om met jou familie ingehok te wees vir die vakansie?

Dagboek van 'n Wimpy Kid 10: Goeie Ou Dae (Afrikaans, Hardcover): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 10: Goeie Ou Dae (Afrikaans, Hardcover)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Die lewe was beter in die ou dae. Of nie?

Dis die vraag wat Greg Heffley in Dagboek van ’n Wimpy Kid #10: Goeie Ou Dae homself afvra terwyl sy dorp alle elektroniese toerusting afskakel. Maar die hedendaagse lewe het sy geriewe, en Greg is nie vir ’n ouderwetse wÍreld uitgeknip nie.

Gaan Greg ’n manier vind om te oorleef terwyl spanning binne en buite die Heffley-huishouding opbou?

Dagboek van 'n Wimpy Kid 11: Kluitjies Bak (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 11: Kluitjies Bak (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hÍ hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken.

En asof dŪt nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai.

Sy lewe is ’n riller!

Dan ontdek hy ’n pakkie suurwurms, en dit gee hom ’n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?

Waar Onthou Begin (Afrikaans, Paperback): Connie Luyt Waar Onthou Begin (Afrikaans, Paperback)
Connie Luyt
R280 R199 Discovery Miles 1 990 Save R81 (29%) In stock

Toe Elfrieda nŠ ʼn lang koma uiteindelik haar oŽ oopmaak, is haar kop leeg. Sy is in ’n Durbanse hospitaal nadat sy voor ’n motor ingehardloop het en die angs pak haar wanneer sy besef sy kan nŪks van haar verlede onthou nie.

’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit.

Maar soos haar grootwordjare voor haar begin oopspoel, bring die onthou ook hartseer: soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ʼn vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna.

Terwyl Elfrieda ’n pad stap – verby die verskrikking van vergeet en die ontsetting van onthou – neem die verhaal van Mary Livingstone vorm aan: van haar grootwordjare op Kuruman in die Noord-Kaap, tot kinders grootmaak in die wildernis van Betsjoeanaland. En deur dit als: David se oorrompelende reisdrif wat hom ’n koers laat inslaan het na ’n plek waarheen sy gesin hom eindelik nie kon volg nie.

Dagboek van 'n Wimpy Kid 9: Hardepad (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 9: Hardepad (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

’n Lang reis per motor saam met jou gesin behoort groot pret te wees ... tensy julle die Heffley’s is.

Dit begin vol belofte, maar slaan spoedig die verkeerde koers in. Badkamers by vulstasies, seemeeue wat kop verloor, ’n harde stamp en ’n vark wat op die vlug slaan – nie juis Greg Heffley se idee van plesier nie. Maar selfs die goorste reis kan ’n avontuur word – en hierdie is een wat die Heffley’s nie gou gaan vergeet nie.

Claude in die Kollig (Afrikaans, Paperback): Alex T. Smith Claude in die Kollig (Afrikaans, Paperback)
Alex T. Smith
R130 R104 Discovery Miles 1 040 Save R26 (20%) In stock

’n Stappie deur die dorp se strate lei tot ’n opskop en ’n stertswaai-avontuur toe Claude sy pad tot in die teater oopdans – tot reg in die kollig!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 13: Koue Voete
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280
Dagboek van 'n Wimpy Kid 1: 'n…
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280
Dagboek van 'n Wimpy Kid 5: Die Nare…
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280
Claude in die Stad
Alex T. Smith Paperback R130 R104 Discovery Miles 1 040
Claude Gaan vir Goud
Alex T. Smith Paperback R130 R104 Discovery Miles 1 040
Dagboek van 'n Wimpy Kid 8: OngeluksvoŽl
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280
Dagboek van 'n Wimpy Kid 2: Rodrick…
Jeff Kinney Paperback  (1)
R160 R128 Discovery Miles 1 280
Dagboek van 'n Wimpy Kid 3: Die Laaste…
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 12: Wegkomkans
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280
Dagboek van 'n Wimpy Kid 7: Drie is Een…
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280

 

Partners