0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (2)
  • R50 - R100 (6)
  • R100 - R250 (16)
  • R250 - R500 (10)
  • R500+ (16)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Verwysing

Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

‘Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.’

Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosio- ekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.

Ons praat Afrikaans - diverse mense - een taal (Afrikaans, Hardcover): Douw Greeff, SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Ons praat Afrikaans - diverse mense - een taal (Afrikaans, Hardcover)
Douw Greeff, SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 4 - 8 working days

Ons praat Afrikaans diverse mense een taal is meer as net nog n fotoboek: dit is die eindproduk van n projek wat sy ontstaan gevind het in een individu se liefde vir die Afrikaanse kultuur en taal, Douw Greeff. Die projek is geloods in 2016 toe fotograwe (amateur en ook professioneel) genader is om werke in te skryf wat hulle voel die Afrikaanse kultuur en taal raakvat. Verskeie inskrywings is ontvang en die top fotos het deurgegaan na n beoordelings-rondte, waar n paneel die beste fotos gekies het om in hierdie pragpublikasie te pronk.

Gesprekke Oor Ingrid Jonker (Afrikaans, Paperback): L.M. van der Merwe Gesprekke Oor Ingrid Jonker (Afrikaans, Paperback)
L.M. van der Merwe
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 4 - 8 working days

'n Versameling van gesprekke met vriende en kennisse van die digter Ingrid Jonker, met kommentaar deur 'n sielkundige. 'n Nuwe boek oor die immer gewilde Ingrid Jonker. Gesprekke oor Ingrid Jonker bevat persoonlike herinneringe van Ingrid se suster Anna, haar psigiater en vriende soos Jan Rabie en Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Berta Smit, Uys Krige en Andre P. Brink. Gesprekke wat dertig jaar gelede deur dr. L.M. van der Merwe, kliniese sielkundige, op band opgeneem is, is deur Petrovna Metelerkamp in boekvorm verwerk. Dit werp 'n nuwe lig op die lewe en tragiese sterwe van die jong Ingrid Jonker.

Insektopedie - Die Geheime Wereld van Suider-Afrikaanse Insekte (Afrikaans, Paperback): Erik Holm Insektopedie - Die Geheime Wereld van Suider-Afrikaanse Insekte (Afrikaans, Paperback)
Erik Holm
R270 R216 Discovery Miles 2 160 Save R54 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Insektopedie l die betowering en ryke verskeidenheid van die wreld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie – van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue.

’n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; ’n ander een dek die kritieke rol wat di diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou.

Die boek sluit af met ’n 60-bladsy gellustreerde veldgids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen as Inseklopedie van Suider-Afrika gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou grondig hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, ’n uitgebreide ID-seksie en ’n paar honderd nuwe foto’s.

Oranje Boven - Nederlands Voor Zuid-Afrika (Afrikaans, Dutch, English, Paperback): Oranje Boven - Nederlands Voor Zuid-Afrika (Afrikaans, Dutch, English, Paperback)
1
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days

Afrikaanssprekendes het n voorsprong met die aanleer van Nederlands as vreemde taal, maar daar is min Afrikaanssprekendes wat Nederlands werklik vlot kan praat. Hierdie is 'n handboek wat spesifiek geskryf is met die voordeel en nadeel! van Afrikaans as intreepunt tot Nederlands. Ehlers en Van Beek fokus op wat vir n Afrikaanssprekende vreemd sal wees in die Nederlands. Heelwat aandag word ook bestee aan die kultuurverskille tussen die Afrikaanse en Nederlandse samelewings wat die aanleer van die taal in konteks plaas en menige faux pas kan verhoed! Die outeurs is gebore en getoe Nederlanders wat reeds meer as tien jaar in Suid-Afrika woon. Hulle ken die Nederlandse taal en kultuur soos net n moedertaalspreker dit ken.

Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome (Afrikaans, Hardcover): Naas Grove, Grov, Naas Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome (Afrikaans, Hardcover)
Naas Grove, Grov, Naas
R420 R390 Discovery Miles 3 900 Save R30 (7%) Ships in 7 - 10 working days

Die eerste volledige streekgids oor die inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom.
Beskrywing van meer as 170 spesies inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom georden volgens FSA-nommer
Familie- en genusbekrywings van die boomspesies
Oorsprong en verklaring van wetenskaplike name en die beskermingstatus van bome
Afrikaanse streekname wat 'n ryk taal- en kultuurerfenis verteenwoordig
Boomname in Afrikaans, Engels en / of in Setswana of isiZulu
Meer as 350 kleurfoto's
Interessante boomstories, ekologiese inligting en allerlei nuttige praktiese wenke oor die gebruik en aanwending van inheemse bome
Opgedateerde wetenskaplike en gewone name

Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Sean Fraser Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Sean Fraser
R90 R72 Discovery Miles 720 Save R18 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en teelgewoontes.

Navorsing - 'n Gids vir die beginnernavorser (Afrikaans, Paperback, 1): Ina Joubert, Cycil Hartell, Kobus Lombard Navorsing - 'n Gids vir die beginnernavorser (Afrikaans, Paperback, 1)
Ina Joubert, Cycil Hartell, Kobus Lombard
R410 R379 Discovery Miles 3 790 Save R31 (8%) Ships in 7 - 10 working days

Navorsing: 'n Gids vir die beginnernavorser behandel basiese inligting oor navorsing vir beginnernavorsers. Die boek kan ook gebruik word by die onderrig van navorsing. Onderwerpe soos selfbestuur, verhouding met jou studieleier, kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing, asook gemengde navorsingsmetodes word verduidelik met voorbeelde en praktiese benaderings. Daar is ook 'n hoofstuk ingesluit wat die navorser sal help met die aanbieding van navorsingsresultate, soos by konferensies. Akademici vanuit die wye spektrum van die opvoedkundedissipline van verskeie universiteite het 'n bydrae tot die boek gelewer. Die onderskeie uitgangspunte van die skrywers tot die inhoud van hulle hoofstukke dra by tot die sukses van die boek. Die voorwoord is geskryf deur Prof. Irma Eloff, wat 'n nasionaal en internasionaal erkende navorser is. Reeds 50 meesters- en doktorale studente het hulle studies in opvoedkundige sielkunde onder haar leiding voltooi. In 2012 is sy aangewys as een van drie mees invloedryke vroue in sakebestuur in Suid-Afrika, in die kategorie Opvoeding.

Benut ons Inheemse Bome (Afrikaans, Paperback, 3rd revised ed): Fanie Venter, Venter, Fanie & Julye-Ann, Julye-Ann Venter Benut ons Inheemse Bome (Afrikaans, Paperback, 3rd revised ed)
Fanie Venter, Venter, Fanie & Julye-Ann, Julye-Ann Venter; Photographs by Pitta Joffe
R490 R410 Discovery Miles 4 100 Save R80 (16%) Ships in 7 - 10 working days

Benut ons Inheemse Bome is ongetwyfeld die nuttigste en mees praktiese boek wat oor die onderwerp in Suid-Afrika gepubliseer is.
Hierdie derde en hersiene uitgawe bevat 22 meer boomspesies. Die 163 boomsoorte is alfabeties volgens botaniese naam gerangskik, met meer as 850 volkleur foto’s gellustreer en volledig bespreek.
Die volgende inligting is vir elke boomsoort ingesluit:
'n Inleidende afdeling oor die kweek van bome deur saad, steggies en stamsteggies.
'n Volledige spesiebeskrywing, kenmerke waaraan die boom uitgeken kan word, blom- en dratye, natuurlike verspreiding en habitat.
Die ekologiese rol en benutting deur soogdiere, vols en insekte.
Ekonomiese waarde en gebruik deur die mens in tuine, op plase en elders as ’n bron van voedsel, vesel en medikasie.
Eienskappe van die hout en benutting daarvan deur die mens.
Duidelike riglyne oor die ent en kweek van elke boomsoort.
'n Kaart wat die natuurlike verspreiding van elke boomsoort aandui.
Meer as 850 volkleur foto’s wat met sorg uitgesoek is om die teks te komplementeer en te illustreer.
Die boek bevat ’n tabel wat boombenutting deur diere, vols en insekte saamvat, bronverwysings en ’n indeks van algemene en botaniese name.
Hierdie waardevolle inheemse boomgids behoort die naslaan- en gebruiksbron te wees van elke tuinier, boer, natuurliefhebber, boomkweker, bosbouer en natuurbewaarder – trouens enigeen met ’n liefde en waardering vir bome.

Ook in Engels beskikbaar: Making the Most of Indigenous Trees

Woordeboek Vir Die Gesondheidswetenskappe / Dictionary for the Health Sciences (Afrikaans, English, Hardcover, 2nd Revised... Woordeboek Vir Die Gesondheidswetenskappe / Dictionary for the Health Sciences (Afrikaans, English, Hardcover, 2nd Revised Edition)
A.J. Brink
R800 R659 Discovery Miles 6 590 Save R141 (18%) Ships in 7 - 11 working days

Die opgedateerde, uitgebreide, verklarende en tweetalige Woordeboek vir Gesondheidswetenskappe is gebaseer op die Woordeboek van Afrikaanse Geneeskundeterme wat in Januarie 1979 verskyn en reeds agt drukke beleef het. Hierdie tweede uitgawe poog om 'n kosbare wetenskap- en kultuurskat op te dateer en aan te vul. Die nuwe uitgawe bevat sowat 10 000 meer inskrywings as die eerste uitgawe en sowat 8 000 terme is geherdefinieer. Die aanbieding is nie alleen van waarde vir voor- en nagraadse studente en praktisyns in alle fasette van die gesondheidswetenskappe nie, maar ook vir vertalers, taalkundiges en joernaliste, Afrikaans- en/of Engelssprekend.

Sasol Eerste Veldgids tot Roofvoels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): David Allan Sasol Eerste Veldgids tot Roofvoels van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
David Allan
R90 R72 Discovery Miles 720 Save R18 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Roofvols van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die voellewe van die streek. Met behulp van volkleur-foto’s en -verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene roofvoels in Suider- Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en broeigewoontes.

Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Tracey Hawthorne
R90 R72 Discovery Miles 720 Save R18 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika bied aan die jong leser 'n fassinerende blik op die reptiele van die streek. Met behulp van volkleur fotos en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene reptielspesies in Suider-Afrika kan identifiseer.

Draer van 'n droom - Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse akademie vir wetenskap en kuns 1909 - 2009 (Afrikaans,... Draer van 'n droom - Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse akademie vir wetenskap en kuns 1909 - 2009 (Afrikaans, Hardcover)
Pieter Kapp
R277 Discovery Miles 2 770 Ships in 4 - 8 working days

Dr.Pieter Kapp het onlangs die Stalsprys vir Geskiedeniswetenskap van die Akademie vir wetenskap en kuns ontvang, spesifiek vir draer van 'n droom, 'n reuse werk waaraan hy jare van navorsing toegewy het. Die boek gee 'n oorsig van die vorming van Afrikaanse kultuur oor die afgelope 100 jaar, ryklik geillustreer met foto's en dokumente.

Keur Uit Handhaaf (Afrikaans, Book): Keur Uit Handhaaf (Afrikaans, Book)
R48 Discovery Miles 480 Ships in 4 - 8 working days
Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Tracey Hawthorne
R90 R72 Discovery Miles 720 Save R18 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika bied aan die jong leser n fassinerende blik op die ryke verskeidenheid spinagtiges wat in die streek voorkom. Met behulp van volkleur fotos en maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene spesies in Suider-Afrika identifiseer.

Afrikaans Op Sy Beste - Hulp Met Moderne Taalkwessies (Afrikaans, Paperback): A.F. Prinsloo, F.F. Odendal Afrikaans Op Sy Beste - Hulp Met Moderne Taalkwessies (Afrikaans, Paperback)
A.F. Prinsloo, F.F. Odendal
R96 Discovery Miles 960 Ships in 4 - 8 working days

Geskryf vir almal wat daagliks met Afrikaans in die praktyk te make kry; inligting is aangeskaf oor aanhalingstekens, aanspreek vorme, koppeltekens, vertalings van talle Engelse woorde en korrekte uitspraak van moelike woorde is gegee.

Explanatory dictionary of politics / Verklarende politieke woordeboek - Bilingual core terms and definitions in political... Explanatory dictionary of politics / Verklarende politieke woordeboek - Bilingual core terms and definitions in political science / Tweetalige kernterme en -definisies in politieke wetenskap (English, Afrikaans, Paperback)
Albert Venter, Susan Botha, Louis du Plessis, Marietta Alberts
R658 R562 Discovery Miles 5 620 Save R96 (15%) Ships in 4 - 8 working days

The Explanatory Dictionary of Politics (EDP) contains 2 620 key political terms and definitions. The main goal of the EDP is to facilitate a proper understanding of the political realm. The EDP provides assistance to subject specialists and language practitioners. The disciplines involved, which are loosely referred to as the political sciences, include politics, international politics, international relations, African politics, strategic studies, as well as aspects of political development, political administration and political economy. Die Verklarende Politieke Woordeboek (VPW) is gebaseer op die bekroonde tweetalige Nuwerwetse Politieke Woordeboek (NPW) van 2011, en bevat 2 620 politieke kernterme en -definisies. Die hoofdoel van die VPW is om behoorlike begrip van die politieke bestel moontlik te maak. Die VPW verleen hulp aan vakspesialiste en taalpraktisyns. Die dissiplines betrokke en waarna breedweg as die politieke wetenskappe verwys word, sluit in politiek, internasionale politiek, internasionale verhoudinge, Afrikapolitiek, strategiese studies, sowel as aspekte van politieke ontwikkeling, politieke administrasie en politieke ekonomie.

Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback): Leandra Naude Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Leandra Naude
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde en spanning verweef

Arriana, ’n maatskaplike werker, brand uit weens te lang ure se werk asook om die heeltyd met volwassenes en kinders se probleme te doene te kry. Teen die einde van ’n uitmergelende vergadering met die maatskaplike bestuur in die gemeenskap waar sy werk, bedank sy op die ingewing van die oomblik.

’n Vriend rel vir haar werk in Mauritius as ’n kroegdame/kelnerin by ’n eksklusiewe hotel in Mauritius, en binne maande word haar lewe handomkeer verander.

Sy ontmoet die enigmatiese biljoenr-Ier Finnigian O’Reilly wat met sy sjarme en persoonlikheid haar hart kort voor lank in die palm van sy hand hou. En hy is nie onaangeraak deur Arriana se plat-op-die-aarde-persoonlikheid nie.

Alles is egter nie pluis op die eiland nie. Jong meisies raak die een na die ander weg, en toe Arriana ook ontvoer word, word ’n nes van mensehandel oopgeruk. Gaan Finnigan, die plaaslike polisie en Interpol egter betyds wees om Arriana en die jong meisies se lot te keer?

Nuwe Drome (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje Nuwe Drome (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
R225 R194 Discovery Miles 1 940 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Cecilia Nortj se eerste omnibus!

Cecilia Nortj is bekend vir die diepte in haar romanses, en die eg menslike verhoudings tussen die karakters.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Cecilia se vorige Romanzas, Die weddenskap, Toekomsbelofte en Net ’n stukkie papier.

Die weddenskap:
Sy’s uit die staanspoor te op Bret de Koning. Hy’s ryk, bie ryk. En Sam kn rykes. Sy’t haar stel met hulle deeglik afgetrap

Teen haar sin doen sy die smeeysterwerk vir die restourasie van Koningskop. Sy’t die geld dringend nodig, maar nie Bret se onuitstaanbare inmenging nie.

Toe hy met die belaglike weddenskap vorendag kom, laat sy haar intrek. Uit pure hardkoppigheid. As hy haar wil oortuig van die voordele van geld, sal hy moet mooi dink. ’n Besoek aan ’n eksotiese eiland sal haar nie oortuig nie.

Maar hoe kan sy hm oortuig? En wat het haar besiel om haar eie sukkelende smeeysterbesigheid op die spel te plaas?

Toekomsbelofte:
Katja hoef nie daarvan oortuig te word dat sy die vurige maar jonger Isao liefhet nie. Wat sy nie weet nie, is of die vyf jaar ouderdomsverskil tussen hulle ’n gesamentlike toekoms onmoontlik maak. Ja, en hoe gemaak met die groenoogmonster op haar skouer? Sy weet immers wat ’n mooi jong meisie aan haar eksman gedoen het.

Vir eers moet Katja in elk geval konsentreer op die nuwe klerereeks wat sy op die mark bring. Gelukkig is sukses iets wat soet op die tong l. Maar o, daardie man wat s hoe lief hy haar het …

Of is kennis en vertroue – en veral opregte liefde – groter as vyf jaar?

Net ’n stukkie papier:
Pippa kan nie glo sy het uiteindelik ’n vaste werk as spabestuurder by ’n luukse oord nie. Uiteindelik kan sy as alleenma vir haar seuntjie sorg. Maar haar droom eindig toe sy besef die oord se eienaar is die man wat vyf jaar gelede soos ’n groot speld verdwyn het met haar casinogeld in sy rekening en haar hart in sy hande.

Nee, sy wil hom beslis nie terugh nie. Sy wil net haar geld terugh en haar werk behou. Maar hoekom verafsku sy hom nie? Hy is immers ’n deurtrapte skelm.

Eienaardig dat hy haar met soveel afsku bejen – sy was immers nie die een wat verdwyn het nie?

Trilingual Legal Dictionary / Drietalige Regswoordeboek - English, Afrikaans, Latin (English, Latin, Afrikaans, Hardcover, 3rd... Trilingual Legal Dictionary / Drietalige Regswoordeboek - English, Afrikaans, Latin (English, Latin, Afrikaans, Hardcover, 3rd edition)
V.G. Hiemstra, H.L. Gonin
R1,773 R1,454 Discovery Miles 14 540 Save R319 (18%) Ships in 4 - 8 working days

This edition contains more words than its predecessors, especially words from the commercial sphere. It follows a new style, namely to group derivations under the leading word instead of treating them as separate entries. There appear after the main word, in bold print and alphabetically, the suffixes to the main word with translations. Concessions have again been made to anglicisms for the sake of clarity of meaning.

Lam Ter Slagting (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Lam Ter Slagting (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Wat het ’n geheime organisasie en ’n kultus met korrupsie in ho plekke te doen?

Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek ms word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeks is nie.

Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanwe hu gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae.

Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chant Naud-Mulder ng doen om Stefan deel van haar lewe te maak?

Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.

The English Afrikaans Xhosa Zulu Aid - Word Lists and Phrases in Four Languages (English & Foreign language, Paperback): Isabel... The English Afrikaans Xhosa Zulu Aid - Word Lists and Phrases in Four Languages (English & Foreign language, Paperback)
Isabel Uys
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Selfs net 'n paar woorde aan 'n persoon in sy eie taal kan wondere verrig. Hierdie titel is bedoel om nuwe woorde aan te leer, woordeskat uit te brei en kommunikasievaardighede in Engels, Afrikaans, Xhosa of Zulu te verbeter. 'n Staatmakerhulpmiddel vir leerders, onderwysers en almal wat hul kennis van die tale wil verbeter.

Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Alan Weaving Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Alan Weaving
R90 R72 Discovery Miles 720 Save R18 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die insekte van die streek. Met behulp van volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene insekgroepe in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul gedrag en ongewone eienskappe.

Goed Om Te Weet - Die Feiteboek Vir Ingeligte Suid-Afrikaners (Afrikaans, Paperback): Hans Buttner, George Claassen Goed Om Te Weet - Die Feiteboek Vir Ingeligte Suid-Afrikaners (Afrikaans, Paperback)
Hans Buttner, George Claassen
R320 R110 Discovery Miles 1 100 Save R210 (66%) Ships in 7 - 10 working days

Nie alleen ’n waardevolle naslaanwerk nie, maar ook ’n interessante en leesbare versameling feite waarvan Suid-Afrikaners aan die einde van die eerste dekade van die 21ste eeu behoort kennis te dra.

Alle Suid-Afrikaners gaan hoogs waarskynlik die een of ander tyd hierdie gegewens in gesprekke of in die media tekom: Dan moet hulle darem minstens iets daarvan weet, of indien nie, ’n gesaghebbende bron h om dit in ’n kits na te slaan.

  • Die belangrikste kennisgebiede, waaronder die politiek, geskiedenis, geografie, letterkunde, religie, die kunste en wetenskap en tegnologie word in 13 afdelings gedek.
  • Sowat 4000 helder, kernagtige artikels, alfabeties per afdeling gerangskik.
  • Ruim kruisverwysings en ’n omvattende indeks vir vinnige naslaanwerk.
  • Sowat 200 illustrasies.

Goed om te weet sal sy lesers in staat stel om ingelig saam te gesels oor elke onderwerp wat saak maak in vandag se wreld.

Hans Bttner en George Claassen en hul span medewerkers deel in hierdie hoogs toeganklike feitegids hul indrukwekkende algemene kennisskat ruim met alle Suid-Afrikaners.

Leef Met Copd - Chroniese Obstruksie Pulmonere Siektes (Afrikaans, Paperback): Nelson Hernan Gonzalez Gallego Leef Met Copd - Chroniese Obstruksie Pulmonere Siektes (Afrikaans, Paperback)
Nelson Hernan Gonzalez Gallego
R145 Discovery Miles 1 450 Ships in 7 - 11 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Essensiele Olies - aromaterapie
Nelson Hernan Gonzalez Gallego Paperback R230 Discovery Miles 2 300
Aromaterapie - Geure wat genees
Nelson Hernan Gonzalez Gallego Paperback R266 Discovery Miles 2 660
سـام يبيـع الأصداف البحريـة - ساعـد سـام…
Esouhools Edition, Mohamed Zitouni Paperback R247 Discovery Miles 2 470
Die Cannabis En Ek - Hoe Om Met Copd Te…
Nelson Hernan Gonzalez Gallego Paperback R196 Discovery Miles 1 960
Asthma En Copd - Hoe Om Met Hulle Te…
Nelson Hernan Gonzalez Gallego Paperback R185 Discovery Miles 1 850
Aval Onone Nkobo Bulu One Nta'an - a…
David Amvembe Amvembe Paperback R216 Discovery Miles 2 160
Gleanings in Genesis
Arthur W Pink Paperback R702 Discovery Miles 7 020
Annual Report, Volumes 15-23
Los Angeles Public Library Paperback R681 Discovery Miles 6 810
Bulletin of the New York Public Library…
New York Public Library Paperback R884 Discovery Miles 8 840
Biennial Report of the Highway…
Connecticut. State Highway Dept Paperback R666 R543 Discovery Miles 5 430

 

Partners