Send or share

Afrikaner Sondebok? - Die Lewe Van Hans Van Rensburg Ossewabrandwag-Leier (Afrikaans, Paperback)

Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk teenkantingteen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog het Afrikaners só aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na sy stigting by die 300 000 lede gehad het.

In die vroeë 1930’s was Van Rensburg egter nog deel van die regering en het ’n blink politieke toekoms vir hom gewink. Hy was die jongste Justisiehoof voordat hy as die jongste administrateur van ’n provinsie aangestel is. Hy was ook ’n regsgeleerde, filosoof, taalkundige en taalstryder, bekwame burokaat, militaris, boer, wildjagter en hengelaar.

Sy lewensverhaal strek oor sewe dekades en hy was by al die belangrikste historiese gebeure van 20ste eeubetrokke-van die Anglo-Boereoorlog tot die apartheidsregering.Dit is ’n tydperk waartydens talle “ismes” hoogty gevier het: imperialisme, nasionalisme, nasionaal-sosialisme, kapitalisme, kommunisme en rassisme.

In die verlede is besprekings van Van Rensburg meestal beperk tot sy rol as OB-leier, terwyl hierdie boek ook gaan ondersoek instel na sy rol in die totstandkoming van die apartheidsbewind. Dit is minder bekend dat hy in die vroeë 1950’s as kommissaris van die Groepsgebiederade –’n ankerpunt van apartheidsbeleid –aangestel is.Sy konflik met die verantwoordelike minister, PW Botha, het tot sy bedanking gelei.

Van Rensburg worddikwels as ’n verbete Afrikaner-fascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In vele opsigte was hy dalkeerder ’n gerieflike sondebok vir die Smuts-en Nasionale Party-regerings.
R268
List Price R300
Save R32 11%

Pay from as little as R67Learn more

payflex-widget-image
Discovery Miles2680

Non-Returnable

Delivery Advice

Out of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Read Reviews | Review this Item

Product Description

Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk teenkantingteen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog het Afrikaners só aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na sy stigting by die 300 000 lede gehad het.

In die vroeë 1930’s was Van Rensburg egter nog deel van die regering en het ’n blink politieke toekoms vir hom gewink. Hy was die jongste Justisiehoof voordat hy as die jongste administrateur van ’n provinsie aangestel is. Hy was ook ’n regsgeleerde, filosoof, taalkundige en taalstryder, bekwame burokaat, militaris, boer, wildjagter en hengelaar.

Sy lewensverhaal strek oor sewe dekades en hy was by al die belangrikste historiese gebeure van 20ste eeubetrokke-van die Anglo-Boereoorlog tot die apartheidsregering.Dit is ’n tydperk waartydens talle “ismes” hoogty gevier het: imperialisme, nasionalisme, nasionaal-sosialisme, kapitalisme, kommunisme en rassisme.

In die verlede is besprekings van Van Rensburg meestal beperk tot sy rol as OB-leier, terwyl hierdie boek ook gaan ondersoek instel na sy rol in die totstandkoming van die apartheidsbewind. Dit is minder bekend dat hy in die vroeë 1950’s as kommissaris van die Groepsgebiederade –’n ankerpunt van apartheidsbeleid –aangestel is.Sy konflik met die verantwoordelike minister, PW Botha, het tot sy bedanking gelei.

Van Rensburg worddikwels as ’n verbete Afrikaner-fascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In vele opsigte was hy dalkeerder ’n gerieflike sondebok vir die Smuts-en Nasionale Party-regerings.

Customer Reviews

Average Rating
(1 Customer)

Reviews

Can't give review yet haven't read it yet!!

Varsity Textbooks

COPYRIGHT © 2026 AFRICA ONLINE RETAIL (PTY)LTD. ALL RIGHTS RESERVED. Khutaza Park, 27 Bell Crescent, Westlake Business Park. PO Box 30836, Tokai, 7966, South Africa. info@loot.co.za

All prices displayed are subject to fluctuations and stock availability as outlined in our Terms & Conditions