Nou kan kinders die Nuwe-Testamentiese stories op ’n vermaaklike en kreatiewe manier leer ken. Die 26 stories in Die groot Bybel vir klein hartjies (NT) Inkleur-en-aktiwiteitsboek bied elk ’n
- mini-weergawe van ’n bekende Nuwe-Testamentiese storie
- bladsy om in te kleur
- aktiwiteit om te voltooi
Die aktiwiteite, geskik vir kinders tussen 5 en 8 jaar oud, sluit in: ontsyfer die geheime boodskap, verbind pasmaats, soek woorde, soek verskille en nog vele meer. Die antwoorde kom agter in die boek voor. Die stories en meegaande aktiwiteite sal verseker dat kinders ’n fees het terwyl hulle meer leer van God se Woord.