Fonetiek (Afrikaans, Paperback, 5de uitgawe)

Fonetiek (2018) is 'n verbeterde, bygewerkte uitgawe van die vierde uitgawe van Fonetiek (1988). Soos sy voorganger stel die boek beginners in staat om fonetiek maklik en vinnig te bemeester. Daar is egter genoeg stof en bronverwysings om ook die meer gevorderde gebruiker te prikkel. Fonetiek is veral praktykgerig. Dit bied insig in die klanke en die klanksisteem van Afrikaans, asook in die wyse waarop dit verskil van die klanke en klanksisteme van Engels en ander Suid-Afrikaanse tale. Die nut van fonetiese transkripsies by lemmas in woordeboeke word uitgelig. Die optekening en beskrywing van werklike uitspraak met behulp van fonetiese tekens is onontbeerlik vir taalnavorsing, veral vir die optekening van streeks- en sosiale varieteite en die uitspraak van sprekers van ander tale vir wie Afrikaans nie 'n huistaal is nie. 'n Studie van Fonetiek sal die gebruiker dus toerus met kennis vir die onderrig van klanke en klanksisteme, met kennis om taalnavorsing te onderneem, om klankbeelding in poesie te waardeer en om woordeboeke daagliks nuttig in ons multitalige wereld te gebruik. Anna Coetzee, binnelands en buitelands bekend in taalkundige kringe, tree in 2005 af na 12 jaar in die onderwys en 30 jaar by Wits en RAU/UJ, waarna sy vir nog ses jaar as 'n spesiale professor in die Departement Afrikaans by UJ diens doen. Sy was tot in 2005 redakteur van die geakkrediteerde Tydskrif vir Taalonderrig / Journal for Language Teaching, en medewerker van verskeie akademiese tydskrifte, onder meer in die redaksionele paneel van die internasionale tydskrif Multilingual Matters. Sy is die skrywer van talle akademiese artikels asook resensies en besprekings in vaktydskrifte en boeke en het as skrywer, redakteur of mederedakteur bygedra tot verskeie publikasies. Anna was aktief betrokke by 'n hele aantal binnelandse en buitelandse taalorganisasies. Sy dien onder meer in die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en ontvang saam met die ander lede van die Taalkommmissie die Langenhovenprys vir die 2002-uitgawe van Afrikaanse Woordelys en Spelreels. Sy was vir ses jaar ? verteenwoordiger op die Wereldraad van die Federation Internationale des Professeurs de Langues Vivantes (FIPLV) en het die 21ste wereldkongres van die liggaam in Suid-Afrika georganiseer. Sy het talle referate by vakkongresse binne- en buitelands gelewer en gereeld in radio-, TV- en ander aanbiedings in haar vakgebied opgetree. Onderrig- en doseerwerk het haar na aan die hart gele. Benewens studieleiding aan talle doktorale en MA-studente in haar hoofdissiplines Klankleer, Woordbou en Sosiolinguistiek, was een van haar belangrikste bydraes die suksesvolle indiensopleidingskursus vir onderwysers van Afrikaans as Tweede of Addisionele Taal wat sy vir agt jaar bestuur het.

R324
List Price R350
Save R26 7%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles3240
Delivery AdviceShips in 7 - 10 working days

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Van Schaik Publishers

Country of origin

South Africa

Release date

2018

Availability

Expected to ship within 7 - 10 working days

Authors

Dimensions

245 x 170 x 28mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

176

Edition

5de uitgawe

ISBN-13

978-0-627-03584-5

Barcode

9780627035845

Languages

value

Categories

LSN

0-627-03584-1

Trending On Loot