0
Your cart

Your cart is empty

Books > Language & Literature

Buy Now

Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo se Grondpad na Genesing (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R205
Discovery Miles 2 050
You Save: R55 (21%)
Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo se Grondpad na Genesing (Afrikaans, Paperback): Antoinette Pienaar

Share your images

Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo se Grondpad na Genesing (Afrikaans, Paperback)

Antoinette Pienaar

 (sign in to rate)
List price R260 Loot Price R205 Discovery Miles 2 050 You Save R55 (21%)

Bookmark and Share

Expected to ship within 4 - 8 working days

“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om ’n stram geselskap aan die gang te kry.

Met diť raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek nŠ die verskyning van Kruidjie roer my, haar boek oor Karookruie wat sy plek as ’n klassieke werk in Afrikaans ingeneem het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.

In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het ’n fisieke probleem ’n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en herlees.

General

Imprint: Random House South Africa
Country of origin: South Africa
Release date: 2018
Authors: Antoinette Pienaar
Dimensions: 210 x 134 x 20mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 237
ISBN-13: 978-1-4152-0943-1
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Health, Home & Family > Mind, body & spirit > Alternative therapies, healing & health
Books > Mind, Body & Spirit > Alternative therapies, healing & health
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Promotions
Books > Local Author Showcase > Lifestyle
Books > Local Author Showcase > Biography
Books > Language & Literature > General
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
LSN: 1-4152-0943-X
Barcode: 9781415209431

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners