Corlia Fourie se debuutbundel
Die Goeie Vrou En Ander Mites is ’n versameling toeganklike, pretensielose verse met ’n sterk anekdotiese inslag. Die meeste daarvan is satiriese verse wat getuig van ’n fyn intelligente, deurdagte en genuanseerde beleweniswęreld.
Die gedigte word in vyf afdelings verdeel. In die eerste afdeling “Die goeie vrou” vind die leser portretstudies van bepaalde vroue, die tweede afdeling “Tuis en uit” handel meestal oor huislike ruimtes, die derde afdeling “Die wye węreld in” bevat meestal reisverse, die voorlaaste afdeling “Bloeityd” handel oor die digter se kinderjare en latere siekte (kanker) en die slotafdeling “Kierang en ander hebbelikhede” bevat verse wat sosiale kommentaar lewer op die breër gemeenskap.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!