Send or share

Donker Water (Afrikaans, Paperback)

Dis donker. Dis koud. Jy’s alleen. En dis wanneer jy twyfel.

Ná drie jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is konstabel Alex Steytler gewoond aan die roetine van douvoordag opstaan, inry Kaap toe, op ’n trein klim en twaalf ure lank trokke of stasies patrolleer. Die lelike kant van die lewe is waar hy werk, anders as Tasha in die woonstel langsaan wat haar kamera op die mooi fokus.

Maar nou het sy vriend en medebeampte hom by nog iets ingesleep, en hierdie keer is dit nie so eenvoudig soos ’n motorfiets koop nie. Nee, Pyper wil by die duikeenheid aansluit, want treintrappe, tikkoppe en messtekers bied klaarblyklik nie genoeg opwinding nie. En nou staan Steytler tot by sy naeltjie in ’n rivier vol riool op soek na die slagoffer van ’n boendoehof.

Dis net die begin. Om lede van die duikeenheid te word, sal hulle behoorlik aan die diep kant ingegooi word. Toe Steytler vroeg in die jaar tussen die stukke van ’n treintrapslagoffer gestaan het, kon hy nie weet dat hy teen die einde sy eie stukke sal moet bymekaar maak, of moontlik dele van homself vir ewig verloor nie.

“Hierdie tou is jou lifeline. Jy los hom nie.” Want in donker water is dit al hoe jy jou pad kan terugvind.
R328
List Price R350
Save R22 6%

Pay from as little as R82Learn more

payflex-widget-image
Discovery Miles3280

Non-Returnable

Delivery Advice

Ships in 7 - 11 working days

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Dis donker. Dis koud. Jy’s alleen. En dis wanneer jy twyfel.

Ná drie jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is konstabel Alex Steytler gewoond aan die roetine van douvoordag opstaan, inry Kaap toe, op ’n trein klim en twaalf ure lank trokke of stasies patrolleer. Die lelike kant van die lewe is waar hy werk, anders as Tasha in die woonstel langsaan wat haar kamera op die mooi fokus.

Maar nou het sy vriend en medebeampte hom by nog iets ingesleep, en hierdie keer is dit nie so eenvoudig soos ’n motorfiets koop nie. Nee, Pyper wil by die duikeenheid aansluit, want treintrappe, tikkoppe en messtekers bied klaarblyklik nie genoeg opwinding nie. En nou staan Steytler tot by sy naeltjie in ’n rivier vol riool op soek na die slagoffer van ’n boendoehof.

Dis net die begin. Om lede van die duikeenheid te word, sal hulle behoorlik aan die diep kant ingegooi word. Toe Steytler vroeg in die jaar tussen die stukke van ’n treintrapslagoffer gestaan het, kon hy nie weet dat hy teen die einde sy eie stukke sal moet bymekaar maak, of moontlik dele van homself vir ewig verloor nie.

“Hierdie tou is jou lifeline. Jy los hom nie.” Want in donker water is dit al hoe jy jou pad kan terugvind.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

Varsity Textbooks

COPYRIGHT © 2026 AFRICA ONLINE RETAIL (PTY)LTD. ALL RIGHTS RESERVED. Khutaza Park, 27 Bell Crescent, Westlake Business Park. PO Box 30836, Tokai, 7966, South Africa. info@loot.co.za

All prices displayed are subject to fluctuations and stock availability as outlined in our Terms & Conditions