Soos Familie - Stedelike Huiswerkers in Suid-Afrikaanse Tekste (Afrikaans, Paperback)


Vanwee hulle posisie in die kontakgebied tussen “ras” en klas is huiswerkers perfek geposisioneer om die belangrikste tolke en vertalers in die Suid-Afrikaanse samelewing te wees; tussen ryk en arm, stad en platteland, werkgewers en werknemers. Dekades lank was huiswerkers die enigste swart en bruin mense wat wit stedelinge enigsins van naderby geken en in hulle huise toegelaat het – en op min plekke vind hierdie gegewe so sterk neerslag as in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Ongeveer tien jaar na die einde van apartheid het Ena Jansen na huiswerkers se spore in Suid-Afrikaanse stadsboeke begin soek. Soos familie: Huiswerkers in Suid-Afrikaanse stadsboeke gee via die letterkunde op boeiende wyse insig in die omstandighede van “die bediende” as 'n sosiale en ekonomiese instelling wat so ver terugstrek as die eerste jare van die vestiging van die Kaap. Vanuit hierdie oogpunt gesien, is die indiensneming van bediendes en alles wat daarmee saamhang een van die oudste praktyke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, miskien selfs 'n historiese konstante wat alle ander veranderinge oorleef het. Soos familie is 'n verkenning van die rol en betekenis van ongeveer 'n honderd huisbediendekarakters in stadsboeke uit 'n groot deel van die twintigste eeu en daarna – weliswaar teen die agtergrond van sosiologiese gegewens, maar veral ook met die voortdurende besef dat tekste die mag het om in te werk op die werklikheid.

R303
List Price R350
Save R47 13%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles3030
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Vanwee hulle posisie in die kontakgebied tussen “ras” en klas is huiswerkers perfek geposisioneer om die belangrikste tolke en vertalers in die Suid-Afrikaanse samelewing te wees; tussen ryk en arm, stad en platteland, werkgewers en werknemers. Dekades lank was huiswerkers die enigste swart en bruin mense wat wit stedelinge enigsins van naderby geken en in hulle huise toegelaat het – en op min plekke vind hierdie gegewe so sterk neerslag as in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Ongeveer tien jaar na die einde van apartheid het Ena Jansen na huiswerkers se spore in Suid-Afrikaanse stadsboeke begin soek. Soos familie: Huiswerkers in Suid-Afrikaanse stadsboeke gee via die letterkunde op boeiende wyse insig in die omstandighede van “die bediende” as 'n sosiale en ekonomiese instelling wat so ver terugstrek as die eerste jare van die vestiging van die Kaap. Vanuit hierdie oogpunt gesien, is die indiensneming van bediendes en alles wat daarmee saamhang een van die oudste praktyke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, miskien selfs 'n historiese konstante wat alle ander veranderinge oorleef het. Soos familie is 'n verkenning van die rol en betekenis van ongeveer 'n honderd huisbediendekarakters in stadsboeke uit 'n groot deel van die twintigste eeu en daarna – weliswaar teen die agtergrond van sosiologiese gegewens, maar veral ook met die voortdurende besef dat tekste die mag het om in te werk op die werklikheid.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Protea Boekhuis

Country of origin

South Africa

Release date

April 2016

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

223 x 155 x 45mm (L x W x T)

Format

Paperback - With flaps

Pages

574

ISBN-13

978-1-86919-953-1

Barcode

9781869199531

Languages

value

Categories

LSN

1-86919-953-7



Trending On Loot