Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!
Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by ’n ou fliekteater in die stad gehou word.
Maar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, ’n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum – saam met ’n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip …
As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees!
Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Imprint | LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk |
Country of origin | South Africa |
Series | Aksieheld Austin, 2 |
Release date | February 2018 |
Availability | Expected to ship within 7 - 11 working days |
Authors | Fanie Viljoen |
Dimensions | 212 x 137 x 30mm (L x W x T) |
Format | Paperback |
Pages | 64 |
ISBN-13 | 978-0-7993-8080-4 |
Barcode | 9780799380804 |
Languages | value |
Categories | |
LSN | 0-7993-8080-6 |