Send or share

Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback, New ed)

Sagteblad, volkleur, 900 fotos, verspreidingskaarte
(Ook beskikbaar in Engels Photo Guide to the Wildflowers of South Africa)

Suid-Afrika het 'n ryk flora van nagenoeg 19 000 verskillende spesies blomplante. Heelwat hiervan, veral proteas, gerberas, bloulelies en clivias, is vandag internasionaal bekend, terwyl die helderkleurige blomme van freesias, nerinas, sparaxis en tjienkerientjees gunstelinge in tuine regoor die wêreld geword het. Duisende besoekers word elke jaar na die skouspel van lenteblomme in Namakwaland en die Wes-Kaap gelok. Vir dié wat meer van Suid-Afrika se veldblomme wil weet, hou hierdie rykdom sy eie probleme in. Die meeste veldblomgidse dek nie veel meer as net klein dele van die land nie en die ander sluit weer te min spesies in om van veel waarde te wees.

Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika is daarop gemik om hierdie tekortkominge uit die weg te ruim. Met sorg saamgestel om dié veldblomme in te sluit wat waarskynlik die meeste aandag sal trek, dek hierdie landwye gids byna 900 van die mees algemene en opvallendste veldblomme wat in Suid-Afrika en die buurlande Lesotho, Swaziland en Namibië voorkom. Die keuse van spesies is die resultaat van die skrywer se baie jare ervaring in die veld.

Die gebruiker-vriendelike formaat verdeel die land in drie hoof- veldblomstreke, Grasveld en Savanne, Fynbos en Namakwaland, met die spesies in elke streek gegroepeer. 'n Kitsgids verminder die opsies met een oogopslag. Elke spesie word geïllustreer en beskryf, met inligting oor die volksnaam en wetenskaplike naam, habitat, blomtye en plaaslike gebruike. Soortgelyke spesies word bymekaar geplaas om vergelyking te vergemaklik en verskille word kortliks uitgewys. Geskryf en geïllustreer deur professionele persone met wye ervaring van gidsboeke, is Veldblomme van Suid-Afrika die sleutel tot die ontsluiting van Suid-Afrika se veldblom-erfenis.

John Manning is 'n navorsingsplantkundige by die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitinstituut in Kaapstad en is 'n internasionale kenner van die Iris- en Hiasint-families. Hy is outeur of mede-outeur van meer as 100 populêre en wetenskaplike publikasies asook nege veldblomgidse. Hy stel besonder daarin belang om Suid-Afrika se veldblomme aan die publiek bekend te stel en het sodoende bekendheid as 'n illustreerder en fotograaf van blomme verwerf.
R302

Pay from as little as R75.5Learn more

payflex-widget-image
Discovery Miles3020

Non-Returnable

Delivery Advice

Out of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Briza Publications

Country of origin

South Africa

Release date

December 2014

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

,

Dimensions

246 x 175 x 22mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

352

Edition

New ed

ISBN-13

978-1-920217-01-3

Barcode

9781920217013

Languages

value

Categories

LSN

1-920217-01-0

Books In Stock

COPYRIGHT © 2026 AFRICA ONLINE RETAIL (PTY)LTD. ALL RIGHTS RESERVED. Khutaza Park, 27 Bell Crescent, Westlake Business Park. PO Box 30836, Tokai, 7966, South Africa. info@loot.co.za

All prices displayed are subject to fluctuations and stock availability as outlined in our Terms & Conditions