Tussen Die Klippe (Afrikaans, Paperback)


Dis die jaar 1851 en die beeldskone Susanna Isabella Marais word aangekla van ‘sonde’. Sy word gedaag voor die Hof van Landdroste en Heemrade omdat die oudstes haar van veelmannery en bedrog beskuldig. En in die hof onder die wildeseringbome, waar die verrigtinge kort-kort onderbreek word deur die lawaai van bobbejane, voels en vlakvarke, word haar skuld getuie vir getuie duideliker. Hulle ken haar so. Dominee Johannes word deur die weledele Sinodale Kommissie uit die Kolonie gestuur om die “hoogs onwettige, onsedelike en onchristelike egverbintenis” te ondersoek. Susanna is een vroegoggend hof toe gesleep, “soos wat 'n mens 'n uitgediende velsak agter jou aansleep”. Haar lang, donker rok gekreukel, stowwerig en op die een skouer geskeur. Nogtans, soos destyds met die kerkraadsvergadering, is “haar groot, geel-bruin oe, ryp soos twee mispels, geamuseerd eerder as bang, spottend, neerbuigend selfs”. Johannes is op soek na die waarheid van die Bybelse liefde. Hoe meer verdoemend die getuienis teen haar raak, hoe meer begin hy wonder of die liefde wat hy verkondig, meer is as die liefde tussen God en mens?

R254
List Price R295
Save R41 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2540
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

Dis die jaar 1851 en die beeldskone Susanna Isabella Marais word aangekla van ‘sonde’. Sy word gedaag voor die Hof van Landdroste en Heemrade omdat die oudstes haar van veelmannery en bedrog beskuldig. En in die hof onder die wildeseringbome, waar die verrigtinge kort-kort onderbreek word deur die lawaai van bobbejane, voels en vlakvarke, word haar skuld getuie vir getuie duideliker. Hulle ken haar so. Dominee Johannes word deur die weledele Sinodale Kommissie uit die Kolonie gestuur om die “hoogs onwettige, onsedelike en onchristelike egverbintenis” te ondersoek. Susanna is een vroegoggend hof toe gesleep, “soos wat 'n mens 'n uitgediende velsak agter jou aansleep”. Haar lang, donker rok gekreukel, stowwerig en op die een skouer geskeur. Nogtans, soos destyds met die kerkraadsvergadering, is “haar groot, geel-bruin oe, ryp soos twee mispels, geamuseerd eerder as bang, spottend, neerbuigend selfs”. Johannes is op soek na die waarheid van die Bybelse liefde. Hoe meer verdoemend die getuienis teen haar raak, hoe meer begin hy wonder of die liefde wat hy verkondig, meer is as die liefde tussen God en mens?

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Lapa Publishers

Country of origin

South Africa

Release date

April 2016

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

198 x 129 x 24mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

301

ISBN-13

978-0-7993-7855-9

Barcode

9780799378559

Languages

value

Categories

LSN

0-7993-7855-0



Trending On Loot