Die Laaste Afrikaner-leiers (Afrikaans, Paperback)


Die gevierde historikus Hermann Giliomee beskou die val van wit regering in Suid-Afrika uit ’n prikkelende nuwe hoek: Pleks van onpersoonlike magte, of die vindingrykheid van ’n onstuitbare weerstandsbeweging, beklemtoon hy die rol van die Nasionale leiers en hul uitgesproke kritikus, Van Zyl Slabbert. Wat het die laaste Afrikanerleiers, van Verwoerd tot De Klerk, aangevuur? Hoe het hulle sekuriteit, ekonomiese groei en wit bevoorregting probeer versoen met die eise van ’n immer meer uitgesproke swart leierskap – en met foutiewe volkskattings?

In sy verkenning van elke leier se agtergrond, denke en persoonlikheid, neem Giliomee stelling in teenoor die idee dat Suid-Afrika in 1994 onafwendbaar op ’n ANC-oorwinning afgestuur het. Hoewel hy die belang van strukturele magte erken, argumenteer hy dat historiese toevallighede en die gehalte van leierskap die landspolitiek radikaal beïnvloed het.

Openhartige gesprekke met ’n magdom betrokkenes en talle primêre bronne werp dramatiese nuwe lig op sleutelmomente: Verwoerd se aanbod in 1950 aan stedelike swart leiers, die inval in Angola in 1975, die onverwagte deurbraak wat die arbeidshervormings moontlik gemaak het, Botha se geheime poging in 1984 om ’n ooreenkoms met die Sowjetunie aan te gaan, die agtergrond tot die rampspoedige Rubikon-toespraak, tronkgesprekke met Mandela, bosberade waar die kabinet taktiek beplan het – en hoe die Nasionale Party in die onderhandelinge nie sy beloftes kon nakom nie.

Giliomee bied ’n prikkelende politieke geskiedenis. Eerder as om te veroordeel, probeer hy verstaan waarom die laaste Afrikanerleiers opgetree het soos hulle het, en hoekom hul eie beleid hulle uiteindelik in die steek gelaat het.


R980

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles9800
Mobicred@R92pm x 12* Mobicred Info
Free Delivery
Delivery AdviceShips in 10 - 15 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

Die gevierde historikus Hermann Giliomee beskou die val van wit regering in Suid-Afrika uit ’n prikkelende nuwe hoek: Pleks van onpersoonlike magte, of die vindingrykheid van ’n onstuitbare weerstandsbeweging, beklemtoon hy die rol van die Nasionale leiers en hul uitgesproke kritikus, Van Zyl Slabbert. Wat het die laaste Afrikanerleiers, van Verwoerd tot De Klerk, aangevuur? Hoe het hulle sekuriteit, ekonomiese groei en wit bevoorregting probeer versoen met die eise van ’n immer meer uitgesproke swart leierskap – en met foutiewe volkskattings?

In sy verkenning van elke leier se agtergrond, denke en persoonlikheid, neem Giliomee stelling in teenoor die idee dat Suid-Afrika in 1994 onafwendbaar op ’n ANC-oorwinning afgestuur het. Hoewel hy die belang van strukturele magte erken, argumenteer hy dat historiese toevallighede en die gehalte van leierskap die landspolitiek radikaal beïnvloed het.

Openhartige gesprekke met ’n magdom betrokkenes en talle primêre bronne werp dramatiese nuwe lig op sleutelmomente: Verwoerd se aanbod in 1950 aan stedelike swart leiers, die inval in Angola in 1975, die onverwagte deurbraak wat die arbeidshervormings moontlik gemaak het, Botha se geheime poging in 1984 om ’n ooreenkoms met die Sowjetunie aan te gaan, die agtergrond tot die rampspoedige Rubikon-toespraak, tronkgesprekke met Mandela, bosberade waar die kabinet taktiek beplan het – en hoe die Nasionale Party in die onderhandelinge nie sy beloftes kon nakom nie.

Giliomee bied ’n prikkelende politieke geskiedenis. Eerder as om te veroordeel, probeer hy verstaan waarom die laaste Afrikanerleiers opgetree het soos hulle het, en hoekom hul eie beleid hulle uiteindelik in die steek gelaat het.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!




Trending On Loot