Dit is amper Lana se verjaardag, en sy beplan ’n pajamapartytjie.
Maar sy is ’n bietjie bekommerd. Wat as niemand na haar partytjie
wil kom nie? Dan erken Lana se nuwe maat, Lisa, dat sy bang is vir
honde. En in Lana-hulle se huis is daar geen wegkomkans van die
spelerige Rakker nie. Kan Lana en Rakker dit die beste
verjaardag-pajamapartytjie ooit maak? Die pajamapartytjie is die
vierde boek in ’n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong
diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se
avonture. ’n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige
illustrasies.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!