Wetswysigings na aanleiding van veranderde omstandighede binne die onderwys, lei tot die behoefte om voortdurend op die hoogte van die implikasies en toepassing daarvan te wees. Hierdie dringende behoefte geld nie alleen vir skoolhoofde nie, maar vir elkeen betrokke by onderwys. Aan die een kant berus die korrekte toepassing en implementering by die beheerliggaam en die hoof van ’n inrigting, maar aan die ander kant raak dit die mense wat daar werksaam is. Die skrywers van hierdie boek het nie alleen ’n deeglike besef van hierdie noodsaaklike behoefte nie, hulle spreek dit ook baie effektief aan deur middel van hulle uiters waardevolle ervaring. Hierdie ervaring spruit voort uit praktiese betrokkenheid by die onderwys asook deeglike navorsing op die terrein van onderwysreg.
Kennis van al die aspekte wat in hierdie boek aangespreek word, verbeter ongetwyfeld die kwaliteit van die onderrig– en leerproses in die klaskamer – ’n broodnodige doelwit om na te streef. Dit skep ook ’n veiliger omgewing waarbinne elkeen funksioneer. Persoonlik is ek baie dankbaar vir die bydrae wat deur middel van hierdie handige handleiding gemaak word tot die uiteindelike kwaliteit van onderwys in Suid Afrika.
Pay from as little as R121.75Learn more

Non-Returnable
Ships in 5 - 10 working days

Imprint | Van Schaik Publishers |
Country of origin | South Africa |
Release date | November 2018 |
Availability | Expected to ship within 5 - 10 working days |
Authors | I.J. Oosthuizen, J.P. Rossouw, A. de Wet |
Dimensions | 245 x 170 x 18mm (L x W x T) |
Format | Paperback |
Pages | 244 |
Edition | 3de Uitgawe |
ISBN-13 | 978-0-627-03657-6 |
Barcode | 9780627036576 |
Languages | value |
Categories | |
LSN | 0-627-03657-0 |
COPYRIGHT © 2025 AFRICA ONLINE RETAIL (PTY)LTD. ALL RIGHTS RESERVED. Khutaza Park, 27 Bell Crescent, Westlake Business Park. PO Box 30836, Tokai, 7966, South Africa. info@loot.co.za
All prices displayed are subject to fluctuations and stock availability as outlined in our Terms & Conditions