Lang Pad Onnetoe (Afrikaans, Paperback)


Een van die mees bekroonde internasionale jeugromans wat die afgelope tyd verskyn het, is nou in Afrikaans beskikbaar (Oorspronklike titel: Long way down).

Jy het net sestig naelbyt-sekondes om die belangrikste besluit van jou lewe te neem.

Will is vyftien jaar oud. Hy het 'n pistool. Sy broer Shawn is pas vermoor. En Will ken die reëls. Jy huil nie. Jy dra nie stories aan nie. Jy neem wraak. Dit is waarheen Will op pad is, met die pistool agter by sy jean ingedruk, die pistool wat sy broer s'n was. Hy klim in die hysbak, sewende vloer, vasbeslote. Hy weet wie se bloed hy soek.

Of weet hy regtig?

Die hele pad ondertoe, terwyl die hysbak op elke vloer stilhou, klim verskillende mense wat iets met die geweld in sy buurt te doen het op die hysbak. Elkeen van hulle vertel vir Will dele van 'n groter storie as die een wat hy dink hy ken …

Hierdie woedende, verbluffend briljante jeugroman word in kort, vurige staccato versvorm vertel om 'n rou, eerlike blik op vuurwapengeweld te bied, soos net Jason Reynolds dit kan doen - en dit is nou boonop fantasties in Afrikaans vertaal deur die bekroonde skrywer en digter Nathan Trantraal, wat dit vir Suid-Afrikaanse lesers so aktueel en herkenbaar soos vanoggend se koerantopskrifte maak.


R155
List Price R180
Save R25 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1550
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Een van die mees bekroonde internasionale jeugromans wat die afgelope tyd verskyn het, is nou in Afrikaans beskikbaar (Oorspronklike titel: Long way down).

Jy het net sestig naelbyt-sekondes om die belangrikste besluit van jou lewe te neem.

Will is vyftien jaar oud. Hy het 'n pistool. Sy broer Shawn is pas vermoor. En Will ken die reëls. Jy huil nie. Jy dra nie stories aan nie. Jy neem wraak. Dit is waarheen Will op pad is, met die pistool agter by sy jean ingedruk, die pistool wat sy broer s'n was. Hy klim in die hysbak, sewende vloer, vasbeslote. Hy weet wie se bloed hy soek.

Of weet hy regtig?

Die hele pad ondertoe, terwyl die hysbak op elke vloer stilhou, klim verskillende mense wat iets met die geweld in sy buurt te doen het op die hysbak. Elkeen van hulle vertel vir Will dele van 'n groter storie as die een wat hy dink hy ken …

Hierdie woedende, verbluffend briljante jeugroman word in kort, vurige staccato versvorm vertel om 'n rou, eerlike blik op vuurwapengeweld te bied, soos net Jason Reynolds dit kan doen - en dit is nou boonop fantasties in Afrikaans vertaal deur die bekroonde skrywer en digter Nathan Trantraal, wat dit vir Suid-Afrikaanse lesers so aktueel en herkenbaar soos vanoggend se koerantopskrifte maak.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk

Country of origin

South Africa

Release date

October 2018

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

212 x 137 x 20mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

304

ISBN-13

978-0-7993-8880-0

Barcode

9780799388800

Languages

value

Categories

LSN

0-7993-8880-7



Trending On Loot