Noah en Emily Carter was bestem om saam te wees – van hul eerste ontmoeting, hul opwindende verlowing
en pragtige troue, tot by hul gelukkig-vir-ewig-en-altyd-lewe. Hul liefdesverhaal is spesiaal en hulle wil dit met
die hele wêreld deel. Meer as ’n miljoen aanhangers volg hul lewe op Instagram, Facebook en Twitter sedert
die dag dat Noah ten aanskoue van ’n skare mense en die nuuskameras vir Emily gevra het om te trou. Maar
agter die perfek gestileerde foto’s en bemoedigende boodskappies op sosiale media, is hul lewe allesbehalwe
’n sprokie, en dis Noah se obsessie met sosiale media wat alles geruïneer het. ’n Hartgebroke Emily reik uit
na haar vriendin Kari Baxter Taylor en vertel haar die waarheid: sy en Noah het besluit om uitmekaar te gaan.
Hy trek die volgende oggend uit. Maar wanneer Noah die volgende oggend wakker word, is alles anders.
Emily is weg en die kinders is jare ouer. Soos Scrooge in A Christmas Carol , gebeur daar vreemde dinge en
sy lewe neem ’n bisarre wending deur die aand. Later is Noah oortuig daarvan dat hy twintig jaar ouer is. En
hy is desperaat vir ’n tweede kans.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!