Plaasmoorde het nooit juis vastrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie -maar dan word die drie en dertigjarige opkomende skilder Freddie Swarts en haar aangenome dogter aaklig vermoor.
Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om 'n nuwe veediefstal-eenheid op die been te bring, moet die hoeprofiel-plaasmoord oplos. Maar sy grootste stryd is waarskynlik teen homself - hy's net nie meer die gatskop-polisieman van vroee'r nie.
Kort voor lank word Beeslaar en die vermoorde vrou se suster, Saar, ingetrek by bisarre gebeure soos die moord op 'n bobbejaan, 'n veediefstal-sindikaat wat sangoma's inspan, 'n groep boere-vigilantes wat oorlog verklaar teen die geweld in die land . . .
En uiteindelik nog 'n moord.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!