Katrien se geskenke uit die kombuis (Paperback)


Hierdie boek bevat getoetste en vertroude resepte vir smullekker geskenke uit jou eie kombuis - vir koeke, poffertjies, terte, snoephappies en vulsels met verskeie variasies, tesame met etlike laekoolhidraat-, hoevetresepte vir die wat spesiale diete volg (Banting, keto, paleo, glutenvry, suikervry). Baasbakker Katrien van Zyl fokus hoofsaaklik op maklike, flatervrye resepte wat vinnig gemaak kan word, sonder 'n gesoek na vreemde bestanddele. Die moeiliker tegnieke word stapsgewys met duidelike foto's geillustreer wat dit doenbaar maak vir enigiemand wat aanwysings kan volg. Katrien deel ook idees vir die verpakking van die lekkernye, en verduidelik hoe jy houers kan herwin en versier om by enige geleentheid te pas. Daar is hope praktiese wenke en inligting oor hoe lank hierdie geskenkies by kamertemperatuur vars bly, asook hulle vriestydperk. Dit is ideaal as jy reeds lank voor 'n geleentheid wil begin bak en brou. Die boek is ryklik geillustreer met pragfoto's wat demonstreer dat van die mooiste geskenke uit jou kombuis kan kom. Dit bevat werklik iets vir almal, of jy nou die een is wat die bakwerk doen, of die een aan die ontvangkant van 'n heerlike, keurig verpakte smulhappie.

R94
List Price R120
Save R26 22%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles940
Delivery AdviceShips in 5 - 10 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

Hierdie boek bevat getoetste en vertroude resepte vir smullekker geskenke uit jou eie kombuis - vir koeke, poffertjies, terte, snoephappies en vulsels met verskeie variasies, tesame met etlike laekoolhidraat-, hoevetresepte vir die wat spesiale diete volg (Banting, keto, paleo, glutenvry, suikervry). Baasbakker Katrien van Zyl fokus hoofsaaklik op maklike, flatervrye resepte wat vinnig gemaak kan word, sonder 'n gesoek na vreemde bestanddele. Die moeiliker tegnieke word stapsgewys met duidelike foto's geillustreer wat dit doenbaar maak vir enigiemand wat aanwysings kan volg. Katrien deel ook idees vir die verpakking van die lekkernye, en verduidelik hoe jy houers kan herwin en versier om by enige geleentheid te pas. Daar is hope praktiese wenke en inligting oor hoe lank hierdie geskenkies by kamertemperatuur vars bly, asook hulle vriestydperk. Dit is ideaal as jy reeds lank voor 'n geleentheid wil begin bak en brou. Die boek is ryklik geillustreer met pragfoto's wat demonstreer dat van die mooiste geskenke uit jou kombuis kan kom. Dit bevat werklik iets vir almal, of jy nou die een is wat die bakwerk doen, of die een aan die ontvangkant van 'n heerlike, keurig verpakte smulhappie.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!




Trending On Loot