Milla het 'n plaas geerf. Sy's 'n stadsmeisie – 'n
gholfbaanontwikkelaar – maar die feit dat haar pa wat sy nooit
geken het nie nou vir haar 'n plaas nalaat ... Sy moet eenvoudig
gaan kyk. In die Karoo aangekom is sy gou oortuig dat haar plaas,
Moredou, absoluut 'n spog-gholfbaan moet word. Sy sien reeds die
sukses van die gewaagde solo-onderneming voor haar geestesoog, al
bly ou Daantjie Appels sy ganse lewe daar en al het die plaas 'n
eie bekoring wat sy mettertyd leer liefkry. Maar sy het nie gereken
op teenstand soos die wat Lukas haar bied nie. Hy doen navorsing
oor die gebied se silwervossies, en hoewel die vonke sommer dadelik
tussen hom en Milla spat, staan die silwervosse en Moredou se
toekoms tussen hulle. Om van sy opdringerige eks nie te praat nie
...
General
Imprint: |
Tafelberg Publishers Ltd
|
Country of origin: |
South Africa |
Release date: |
September 2012 |
Authors: |
Liesbet Minnaar
|
Dimensions: |
210 x 148mm (L x W) |
Format: |
Electronic book text
|
Pages: |
224 |
ISBN-13: |
978-0-624-05640-9 |
Languages: |
Afrikaans
|
Categories: |
Books
|
LSN: |
0-624-05640-6 |
Barcode: |
9780624056409 |
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!