Om Tot Verhaal Te Kom - Verwerk Trauma en Verlies deur Skryfterapie (Afrikaans, Paperback)


Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom

Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind.

Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie.

Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie.

Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke.

Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.


R275
List Price R320
Save R45 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2750
Delivery AdviceShips in 7 - 11 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Read Reviews | Review this Item



Product Description

Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom

Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind.

Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie.

Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie.

Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke.

Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.

Customer Reviews

Average Rating  (1 Customer)

Reviews

Hierdie boek is 'n skatkis vol idees en praktiese wenke oor hoe om seer in jou lewe te verwerk. Ek beoefen skryf terapie al vir meer as twee jaar en het die boek gekoop omdat skryf alreeds vir my so 'n groot uitlaat klep gegee het. Die boek het vir my vars, nuwe idees gegee oor hoe ek my seer kan heel skryf. Ek beveel Om tot verhaal te kom aan vir almal wat nie weet wat om met hulle pyn te maak nie. Almal kan skryf al is dit hoe skeef en krom en om te skryf is goeie terapie. Jy sal verbaas wees oor hoeveel beter jy voel wanneer jy die pyn in woorde op papier skryf. (Ek skryf fisies met 'n pen in 'n boek) Dankie Lizette vir 'n puik boek




Trending On Loot