50 Syserpe - Druk- en kleurtegnieke stap-vir-stap aangebied (Paperback)


'n Syserp het 'n besondere aantrekkingskrag danksy die lieflike glans, skitterende kleure en die sagte, sygladde gevoel daarvan teen jou vel. Al is dit veerlig, is dit heerlik warm in die winter, maar bied tog uitstekende beskerming teen die son in die somer. Met hierdie boek kan jy leer om jou eie syserpe te kleur en te druk en so fantastiese afwerkings te skep. Met 50 verskillende patrone en kleursamestellings om uit te kies, kan jy seker maak dat jy altyd die perfekte bykomstigheid vir enige uitrusting of geleentheid het, en wanneer mense jou daaroor komplimenteer, hulle trots vertel dat jy dit self gemaak het. Die tegnieke in die boek is eenvoudig genoeg vir groentjies om baas te raak, maar bied genoeg kreatiewe alternatiewe vir ervare kleurkunstenaars. Daar is by elke serp 'n aanduiding van die gevorderd-heidsvlak en tyd wat dit sal neem, sodat jy met eenvoudiger projekte kan oefen voor jy meer gevorderde afwerkings aanpak. Elke projek word met duidelike stap-vir-stap aanwysings en foto's gedemonstreer en leer jou om 'n verskeidenheid lieflike kleurafwerkings te verkry. Drukwerk met gebruiksvoorwerpe maak 'n groot deel van die boek uit, en jy sal verstom wees om te sien watter fantastiese voorkomste jy met alledaagse goed kan skep. Die boek wys jou ook hoe om linoblokke vir drukwerk te maak en te gebruik, treffende ontwerpe daarmee te skep en stralende kleurkombinasies te beplan wat almal sal bekoor, en dek al die nodige tegniese aspekte van kleur- en drukwerk. Die manjifieke foto's van die voltooide syserpe sal jou inspireer om sommer dadelik aan die werk te spring en jou ware kleure te toon!

R75
List Price R95
Save R20 21%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles750
Delivery AdviceShips in 5 - 10 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

'n Syserp het 'n besondere aantrekkingskrag danksy die lieflike glans, skitterende kleure en die sagte, sygladde gevoel daarvan teen jou vel. Al is dit veerlig, is dit heerlik warm in die winter, maar bied tog uitstekende beskerming teen die son in die somer. Met hierdie boek kan jy leer om jou eie syserpe te kleur en te druk en so fantastiese afwerkings te skep. Met 50 verskillende patrone en kleursamestellings om uit te kies, kan jy seker maak dat jy altyd die perfekte bykomstigheid vir enige uitrusting of geleentheid het, en wanneer mense jou daaroor komplimenteer, hulle trots vertel dat jy dit self gemaak het. Die tegnieke in die boek is eenvoudig genoeg vir groentjies om baas te raak, maar bied genoeg kreatiewe alternatiewe vir ervare kleurkunstenaars. Daar is by elke serp 'n aanduiding van die gevorderd-heidsvlak en tyd wat dit sal neem, sodat jy met eenvoudiger projekte kan oefen voor jy meer gevorderde afwerkings aanpak. Elke projek word met duidelike stap-vir-stap aanwysings en foto's gedemonstreer en leer jou om 'n verskeidenheid lieflike kleurafwerkings te verkry. Drukwerk met gebruiksvoorwerpe maak 'n groot deel van die boek uit, en jy sal verstom wees om te sien watter fantastiese voorkomste jy met alledaagse goed kan skep. Die boek wys jou ook hoe om linoblokke vir drukwerk te maak en te gebruik, treffende ontwerpe daarmee te skep en stralende kleurkombinasies te beplan wat almal sal bekoor, en dek al die nodige tegniese aspekte van kleur- en drukwerk. Die manjifieke foto's van die voltooide syserpe sal jou inspireer om sommer dadelik aan die werk te spring en jou ware kleure te toon!

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Metz Press

Country of origin

South Africa

Release date

September 2013

Availability

Expected to ship within 5 - 10 working days

Authors

Dimensions

260 x 193mm (L x W)

Format

Paperback - With flaps

Pages

144

ISBN-13

978-1-920479-85-5

Barcode

9781920479855

Categories

LSN

1-920479-85-6



Trending On Loot