Vier meisies word onwaarskynlike vriende om saam te staan teen boelies en hulle omgewing te verfraai.
Morgan, Amy, Carlie en Emily is vier meisies wat dalk nooit vriende sou gewees het nie as hulle nie deur omstandighede bymekaargebring is nie. Die groot geheim bestaan uit twee stories oor hierdie meisies se wedervaringe.
In die eerste storie besluit die meisies om saam te staan teen die boelies wat hulle lewe versuur. Hulle kom so goed oor die weg dat hulle sommer ook besluit om hulle omgewing te verfraai.
In die tweede storie gee die opsigter vir die meisies ’n ou skoolbus as beloning vir hulle harde werk om die woonwapark mooi te maak. Dit lyk na ’n maklike taak om die bus vir hulle in te rig as klubhuis, tot die meisies op ou plate, stowwerige boeke en ’n dagboek vol geheime afkom wat hulle laat wonder: Aan wie het die bus behoort? En hoekom het die opsigter dit gehad?
Ook beskikbaar in Engels onder titel Girl Power.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!