Middernag (Afrikaans, Paperback)


Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags ’n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.

Wanneer die oorskot van ’n verminkte vierjarige in ’n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na ’n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.

Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie ’n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.


R275
List Price R320
Save R45 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2750
Delivery AdviceShips in 4 - 8 working days

1 more Sellers from R335

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags ’n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.

Wanneer die oorskot van ’n verminkte vierjarige in ’n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na ’n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.

Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie ’n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details




Trending On Loot