Om Die Gedagte Van Geel (Afrikaans, Paperback)


Van een van die voorste digters in Afrikaans kom hierdie baie ongewone bundel. Dit is gewy aan die son, wat hier in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Dit begin met ‘n songeel landskapskildery waarop sewe telefoonpale voortstap, en waaier daarvandaan uit asof dit sewe aparte verhale uit die digter se lewe en reise op aarde vir die leser laat oopvou.

Aan die een kant skakeer die geel uit na wit – hoofsaaklik van die maan – en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami’s. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe.

Die gedigte praat, soms met ontstellende direktheid, oor die ervaring van vroue op ver plekke – in antieke Griekeland, Afganistan, Meksiko, Tibet, Rusland en Malta – maar kom elke keer weer tuis by die graanwêreld van die Overberg waar die digter, soos sy self sê “in die geelte van graan gebore is, en weer daar sal gaan lê”.

Daar is hartstogtelike liriese gedigte, maar ook heelwat vertellende verse waarin ’n oombliklike insig in ’n ander mens se lewe oorvertel word. Dit is gedigte vol karakters – die gespreksgenoot Harald uit vorige bundels, die mal-Elsie wat in Müller se kortverhale te vinde is, die ontwykende Geliefde, vriende soos David en Martin, broers en ’n suster, en dan veral die alomteenwoordige ouers, die mooi Ma en die “woeste” Pa.

‘n Mens sou kon sê dat Müller se digwerk ‘n voortganende proses is, ‘n soort onderbroke verhaal, waarin hierdie bundel ‘n mylpaal is.


R254
List Price R295
Save R41 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2540
Delivery AdviceShips in 4 - 8 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Van een van die voorste digters in Afrikaans kom hierdie baie ongewone bundel. Dit is gewy aan die son, wat hier in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Dit begin met ‘n songeel landskapskildery waarop sewe telefoonpale voortstap, en waaier daarvandaan uit asof dit sewe aparte verhale uit die digter se lewe en reise op aarde vir die leser laat oopvou.

Aan die een kant skakeer die geel uit na wit – hoofsaaklik van die maan – en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami’s. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe.

Die gedigte praat, soms met ontstellende direktheid, oor die ervaring van vroue op ver plekke – in antieke Griekeland, Afganistan, Meksiko, Tibet, Rusland en Malta – maar kom elke keer weer tuis by die graanwêreld van die Overberg waar die digter, soos sy self sê “in die geelte van graan gebore is, en weer daar sal gaan lê”.

Daar is hartstogtelike liriese gedigte, maar ook heelwat vertellende verse waarin ’n oombliklike insig in ’n ander mens se lewe oorvertel word. Dit is gedigte vol karakters – die gespreksgenoot Harald uit vorige bundels, die mal-Elsie wat in Müller se kortverhale te vinde is, die ontwykende Geliefde, vriende soos David en Martin, broers en ’n suster, en dan veral die alomteenwoordige ouers, die mooi Ma en die “woeste” Pa.

‘n Mens sou kon sê dat Müller se digwerk ‘n voortganende proses is, ‘n soort onderbroke verhaal, waarin hierdie bundel ‘n mylpaal is.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Tafelberg Publishers Ltd

Country of origin

South Africa

Release date

July 2012

Availability

Expected to ship within 4 - 8 working days

Authors

Dimensions

213 x 138 x 12mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

168

ISBN-13

978-0-624-05446-7

Barcode

9780624054467

Languages

value

Categories

LSN

0-624-05446-2



Trending On Loot