Die Groot Gebedeboek (Afrikaans, Hardcover)


As ons in gebed praat met die God wat ons liefhet, ontbreek die woorde dikwels om ons gedagtes, gewaarwordinge, vrese, verlangens voor God uit te druk. Soms is ons gebede skraps, leeg, herhalend, omdat ons vergeet hoe hoog en wyd en diep 'n gesprek met God kan wees. Dit is dan dat ons opgetekende gebede van ander bidders kan gebruik. Hier is 'n bundel met meer as 500 van die wêreld se mooiste en mees inspirerende gebede - uit verskillende tale, tye en kulture versamel, vertaal en verwerk vir Afrikaanse lesers. Die groot gebedeboek kan langs jou Bybel lê en jou - as dagboek - deur die 366 dae van die jaar dra. Daarom bied die bundel 'n dag-tema, 'n Skrifgedeelte om te lees, een of meer gebede, en 'n treffende aanhaling oor gebed vir elke kalenderdag. Die wye versameling gebed kan egter ook volgens tema gebruik word - die omvattende indekse agter in die boek help lesers om 'n gebed te vind wat presies voldoen aan hulle spesifieke behoefte of vir 'n besondere geleentheid. Hier is gebedswoorde van bidders sedert die 1ste tot die 21ste eeu - van die pragtig gedrae bedes van die ou kerkvaders, tot die kontemporêre gebede van vandag se bidders; van martelaars se gebede op die brandstapel, tot hedendaagse mense se gebedsreaksies op die gebeure van 11 September 2001. Die inleiding tot die boek, en tot elke maand se gebede - geskryf deur prof Piet Naudé - sluit aan by die bekendste gebed van alle tye: Jesus se 'Ons Vader ...' Die woorde van die meer as 300 bidders opgeteken in hierdie bundel is nie bedoel om lesers se eie gebede te vervang nie - dit wil net gedagtes en onderwerpe vir persoonlike en openbare gebede stimuleer. Die groot gebedeboek wil 'n bydrae lewer om Chirstene se gebedslewe te verryk.

R169
List Price R175

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1690
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

As ons in gebed praat met die God wat ons liefhet, ontbreek die woorde dikwels om ons gedagtes, gewaarwordinge, vrese, verlangens voor God uit te druk. Soms is ons gebede skraps, leeg, herhalend, omdat ons vergeet hoe hoog en wyd en diep 'n gesprek met God kan wees. Dit is dan dat ons opgetekende gebede van ander bidders kan gebruik. Hier is 'n bundel met meer as 500 van die wêreld se mooiste en mees inspirerende gebede - uit verskillende tale, tye en kulture versamel, vertaal en verwerk vir Afrikaanse lesers. Die groot gebedeboek kan langs jou Bybel lê en jou - as dagboek - deur die 366 dae van die jaar dra. Daarom bied die bundel 'n dag-tema, 'n Skrifgedeelte om te lees, een of meer gebede, en 'n treffende aanhaling oor gebed vir elke kalenderdag. Die wye versameling gebed kan egter ook volgens tema gebruik word - die omvattende indekse agter in die boek help lesers om 'n gebed te vind wat presies voldoen aan hulle spesifieke behoefte of vir 'n besondere geleentheid. Hier is gebedswoorde van bidders sedert die 1ste tot die 21ste eeu - van die pragtig gedrae bedes van die ou kerkvaders, tot die kontemporêre gebede van vandag se bidders; van martelaars se gebede op die brandstapel, tot hedendaagse mense se gebedsreaksies op die gebeure van 11 September 2001. Die inleiding tot die boek, en tot elke maand se gebede - geskryf deur prof Piet Naudé - sluit aan by die bekendste gebed van alle tye: Jesus se 'Ons Vader ...' Die woorde van die meer as 300 bidders opgeteken in hierdie bundel is nie bedoel om lesers se eie gebede te vervang nie - dit wil net gedagtes en onderwerpe vir persoonlike en openbare gebede stimuleer. Die groot gebedeboek wil 'n bydrae lewer om Chirstene se gebedslewe te verryk.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Lux Verbi

Country of origin

South Africa

Release date

2008

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

246 x 157 x 25mm (L x W x T)

Format

Hardcover

Pages

446

ISBN-13

978-0-7963-0092-8

Barcode

9780796300928

Languages

value

Categories

LSN

0-7963-0092-5



Trending On Loot