Twee Grade Van Moord (Afrikaans, DVD)

, ,
Twee vroue en twee moorde. Die een is manslag wat n weerspie ling is van die uiterste vorm van selfgesentreerdheid; die ander een is die onselfsugtigste handeling van alle handelinge. Aleksa Cloete, n bekende Kaapstadse sielkundige, en haar pasi nt, Tanya Basson, gaan uitvind wat die verskil tussen die twee is ongeag wat die wet daaroor s .

Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo), n bekende Kaapstadse sielkundige, het n blitsverkoper met die naam Love Doesn t Hurt, geskryf, maar ten spyte van n lang en gelukkige huwelik met n toegewyde eggenoot, Ben (gespeel deur Marius Weyers), is haar begrip van die liefde volkome intellektueel. Hulle enigste kind, Christiaan (gespeel deur Roelof Storm) moes tydens sy grootword jare staatmaak op sy tweede ma , die gesin se getroue huishoudster Fy Abrahams (gespeel deur Shaleen Surtie-Richards) vir enige broodnodige versorging of vertroeteling. As gevolg hiervan tree Christiaan soms openlik antagonisties teenoor Aleksa op.

Ten spyte van Aleksa se persoonlike tekortkominge word n werklikheidstyl-dokument re rolprent gemaak oor haar deurbraak terapeutiese werk met vroue wat pyn met liefde verwar en een van haar pasi nte, Tanya Basson (Hilda Cronj ), het ingestem dat haar lewe as n gevallestudie in die dokument re prent gebruik word. Tanya is in n verhouding met n would-be gospel-musiekster, n huigelaar wat sy wedergeboorte -status gebruik om sy gedrag teenoor haar, gedrag wat aan mishandeling grens, te regverdig.

Een Vrydagaand, nadat Ben en Aleksa n heerlike aand saam deurgebring het, kry Ben onverwags n hartaanval. Hoewel hy dit oorleef , is die gevolge daarvan vir hom erger as die dood omdat hy van sy nek af ondertoe verlam is. Aleksa begin dadelik om haar verantwoordelikhede af te skaal sodat sy Ben kan versorg en sy hou haar doof vir sy pleidooie dat sy met haar lewe as openbare figuur moet voortgaan. Sy gee aan die vervaardiger van die dokument re fliek (Frankie Pietersen) toestemming om die situasie met Ben in die prent te gebruik, hoofsaaklik omdat sy hoop dat die verfilming dan vinniger afgehandel sal wees. Die feit dat Christiaan onverwags haar besluit goedkeur, oortuig Aleksa daarvan dat sy die regte ding doen.

R23
Discovery Miles230
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Studio

IDD Books

Release date

June 2019

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Actors

, ,

Dimensions

192 x 137 x 15mm (L x W x T)

Format

DVD

Region encoding

Region 2. This DVD will play in all South African DVD players. Region 2. This DVD will play in all South African DVD players.

Languages

value

Categories

LSN

X0W-MAA-NFH-2

Trending In Film