Send or share

Twee Halwes Maak 'n Hele (Afrikaans, Paperback)

Lira word na ‘n Griekse eiland gestuur om by haar ouer halfsuster Cass te gaan bly nadat ‘n skandaal haar gesinslewe uitmekaar ruk. Cass is jare gelede, toe Lira nog baie klein was, van hulle ma, Eugenie, vervreem, en na allerhande omswerwinge in Europa het sy haar op die Griekse eiland Lesbos gevestig, waar haar pa, Eugenie se eksman Nikos, ook woon.

Op die eiland leer Cass en Lira mekaar stelselmatig beter ken, en die verskrikte Lira ontdooi ‘n bietjie in die Griekse son. Lira het kinderpornografie op haar pa se skootrekenaar ontdek, haar ma daarvan vertel en nou word haar pa krimineel vervolg. Mettertyd vind die leser uit dat die ontmaskering van Lira en Cass se pa as pedofiel ook oorvleuel met die skeur tussen Eugenie en Cass. Op die eiland ontmoet Lira vir Erik, ‘n Nederlandse kelner by een van die plaaslike restaurante, en deur die loop van die storie ontwikkel daar ‘n vakansie-romanse tussen Lira en Erik.

Eugenie besluit om vir Lira en Cass op die eiland te kom kuier voordat Lira moet terugkeer Kaapstad toe, en die tyd saam gee vir Eugenie en Cass kans om hulle verhouding te begin herbou. Die tyd op die eiland verander almal: Lira kruip uit haar dop en leer om in die oomblik te leef, Cass begin moontlikhede sien om haar ma te vergewe, Eugenie leer ontspan en om haar skanse laat sak.

Eugenie, Cass en Lira kan vir die eerste maal in jare almal Cass se verjaarsdag saam vier en die vrouens maak planne om Kersfees saam te spandeer in Kaapstad.

R215
List Price R280
Save R65 23%

Pay from as little as R53.75Learn more

payflex-widget-image
Discovery Miles2150

Non-Returnable

Delivery Advice

Ships in 5 - 10 working days

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Lira word na ‘n Griekse eiland gestuur om by haar ouer halfsuster Cass te gaan bly nadat ‘n skandaal haar gesinslewe uitmekaar ruk. Cass is jare gelede, toe Lira nog baie klein was, van hulle ma, Eugenie, vervreem, en na allerhande omswerwinge in Europa het sy haar op die Griekse eiland Lesbos gevestig, waar haar pa, Eugenie se eksman Nikos, ook woon.

Op die eiland leer Cass en Lira mekaar stelselmatig beter ken, en die verskrikte Lira ontdooi ‘n bietjie in die Griekse son. Lira het kinderpornografie op haar pa se skootrekenaar ontdek, haar ma daarvan vertel en nou word haar pa krimineel vervolg. Mettertyd vind die leser uit dat die ontmaskering van Lira en Cass se pa as pedofiel ook oorvleuel met die skeur tussen Eugenie en Cass. Op die eiland ontmoet Lira vir Erik, ‘n Nederlandse kelner by een van die plaaslike restaurante, en deur die loop van die storie ontwikkel daar ‘n vakansie-romanse tussen Lira en Erik.

Eugenie besluit om vir Lira en Cass op die eiland te kom kuier voordat Lira moet terugkeer Kaapstad toe, en die tyd saam gee vir Eugenie en Cass kans om hulle verhouding te begin herbou. Die tyd op die eiland verander almal: Lira kruip uit haar dop en leer om in die oomblik te leef, Cass begin moontlikhede sien om haar ma te vergewe, Eugenie leer ontspan en om haar skanse laat sak.

Eugenie, Cass en Lira kan vir die eerste maal in jare almal Cass se verjaarsdag saam vier en die vrouens maak planne om Kersfees saam te spandeer in Kaapstad.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!


Feast On Fiction

COPYRIGHT © 2026 AFRICA ONLINE RETAIL (PTY)LTD. ALL RIGHTS RESERVED. Khutaza Park, 27 Bell Crescent, Westlake Business Park. PO Box 30836, Tokai, 7966, South Africa. info@loot.co.za

All prices displayed are subject to fluctuations and stock availability as outlined in our Terms & Conditions