Send or share

Van Man Tot Man (Afrikaans, Paperback)

Die Engelse roman From Man to Man word wyd en syd beskou as Olive Schreiner se beste roman. Sy het langer as veertig jaar daaraan gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee en sedertdien was daar ook ander uitgawes, onder meer een deur Dorothy Driver, met 'n voorwoord, uittreksels uit Schreiner se briewe en moontlike alternatiewe eindes vir die roman.

Die Nobelpryswenner JM Coetzee het onlangs dié meesterstuk van Schreiner versorg en verwerk, en self 'n gepaste slothoofstuk geskryf.

Van Man Tot Man is 'n besonder leesbare roman, en 'n belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse letterkunde. Schreiner se intelligensie en belesenheid skep die indruk van 'n kontemporêre roman, en nie van een wat sy aanvang reeds in 1873 gehad het nie. Dit speel af in die 1860's en handel oor twee susters wat groot word op 'n plaas in die Groot-Karoo.

Die roman is uit Engels vertaal deur die bekroonde digter Antjie Krog.

R279
List Price R380
Save R101 27%

Pay from as little as R69.75Learn more

payflex-widget-image
Discovery Miles2790

Non-Returnable

Delivery Advice

Out of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Die Engelse roman From Man to Man word wyd en syd beskou as Olive Schreiner se beste roman. Sy het langer as veertig jaar daaraan gewerk, maar dit is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee en sedertdien was daar ook ander uitgawes, onder meer een deur Dorothy Driver, met 'n voorwoord, uittreksels uit Schreiner se briewe en moontlike alternatiewe eindes vir die roman.

Die Nobelpryswenner JM Coetzee het onlangs dié meesterstuk van Schreiner versorg en verwerk, en self 'n gepaste slothoofstuk geskryf.

Van Man Tot Man is 'n besonder leesbare roman, en 'n belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse letterkunde. Schreiner se intelligensie en belesenheid skep die indruk van 'n kontemporêre roman, en nie van een wat sy aanvang reeds in 1873 gehad het nie. Dit speel af in die 1860's en handel oor twee susters wat groot word op 'n plaas in die Groot-Karoo.

Die roman is uit Engels vertaal deur die bekroonde digter Antjie Krog.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!


Feast On Fiction

COPYRIGHT © 2026 AFRICA ONLINE RETAIL (PTY)LTD. ALL RIGHTS RESERVED. Khutaza Park, 27 Bell Crescent, Westlake Business Park. PO Box 30836, Tokai, 7966, South Africa. info@loot.co.za

All prices displayed are subject to fluctuations and stock availability as outlined in our Terms & Conditions