Eggo's (Afrikaans, Paperback)


'n Deerniswekkende verhaal van twee vroue wat elkeen op hul eie manier weer hul voete vind.

Wanneer Bea Klinge as jong boervrou op Leliepan aan die soom van die Namib aankom, glo sy dat sy hier vir haar, Kurt en hul kinders 'n oase van liefde sal kan skep. Ná 'n skokontdekking meer as vier dekades later kry Bea 'n miniberoerte en beland in 'n koma in die hospitaal.

Haar herstel bring Bea voor nuwe keuses te staan. Sy besef sy het haar vier dogters elkeen op 'n manier gefaal deur by Kurt te staan al het hy hulle hoe verontreg. Moet sy oop kaarte met hulle speel oor die donker geheim wat haar vasgevang gehou het in 'n liefdelose huwelik met 'n man wat haar soos 'n onderdaan behandel? Bowenal moet Bea besluit of sy die kans op geluk waarop sy destyds haar rug gekeer het gaan aangryp en vir een keer in haar lewe gaan doen wat reg is vir haar en nie vir ander nie.

Nel, haar rebelse laatlam, gaan soek haar heil in Johannesburg. Hier word sy as sukkelende aktrise met die donker kant van die vermaaklikheidsbedryf gekonfronteer. Sy raak betrokke in 'n toksiese verhouding met 'n invloedryke filmvervaardiger Buks Bothma en word die slagoffer van date-rape. Nel ontdek ook die skokkende waarheid omtrent haar herkoms.

Lex le Roux, 'n medeakteur en donkieboer bied haar 'n kontrak aan om die gesig te wees van sy velsorgprodukte wat uit donkiemelk vervaardig word. Nel gryp die geleentheid met albei hande aan. Ná die trauma waardeur Nel is, het sy tyd nodig om heel te word. Sy besluit om haar droom na te volg en 'n dramakursus in New York te gaan volg. Mettertyd ervaar sy die vreugde om haar pad boontoe te werk en nie te slaap nie. Sy kry dit reg om aan haarself te bewys dat Nel Klinge sonder hulp sukses kan behaal. Nel besef ook dat haar genesingsproses voltooi is en dat sy reg is vir meer as 'n vriendskapsverhouding met Lex.


R258
List Price R300
Save R42 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2580
Delivery AdviceShips in 7 - 11 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

'n Deerniswekkende verhaal van twee vroue wat elkeen op hul eie manier weer hul voete vind.

Wanneer Bea Klinge as jong boervrou op Leliepan aan die soom van die Namib aankom, glo sy dat sy hier vir haar, Kurt en hul kinders 'n oase van liefde sal kan skep. Ná 'n skokontdekking meer as vier dekades later kry Bea 'n miniberoerte en beland in 'n koma in die hospitaal.

Haar herstel bring Bea voor nuwe keuses te staan. Sy besef sy het haar vier dogters elkeen op 'n manier gefaal deur by Kurt te staan al het hy hulle hoe verontreg. Moet sy oop kaarte met hulle speel oor die donker geheim wat haar vasgevang gehou het in 'n liefdelose huwelik met 'n man wat haar soos 'n onderdaan behandel? Bowenal moet Bea besluit of sy die kans op geluk waarop sy destyds haar rug gekeer het gaan aangryp en vir een keer in haar lewe gaan doen wat reg is vir haar en nie vir ander nie.

Nel, haar rebelse laatlam, gaan soek haar heil in Johannesburg. Hier word sy as sukkelende aktrise met die donker kant van die vermaaklikheidsbedryf gekonfronteer. Sy raak betrokke in 'n toksiese verhouding met 'n invloedryke filmvervaardiger Buks Bothma en word die slagoffer van date-rape. Nel ontdek ook die skokkende waarheid omtrent haar herkoms.

Lex le Roux, 'n medeakteur en donkieboer bied haar 'n kontrak aan om die gesig te wees van sy velsorgprodukte wat uit donkiemelk vervaardig word. Nel gryp die geleentheid met albei hande aan. Ná die trauma waardeur Nel is, het sy tyd nodig om heel te word. Sy besluit om haar droom na te volg en 'n dramakursus in New York te gaan volg. Mettertyd ervaar sy die vreugde om haar pad boontoe te werk en nie te slaap nie. Sy kry dit reg om aan haarself te bewys dat Nel Klinge sonder hulp sukses kan behaal. Nel besef ook dat haar genesingsproses voltooi is en dat sy reg is vir meer as 'n vriendskapsverhouding met Lex.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk

Country of origin

South Africa

Release date

March 2019

Availability

Expected to ship within 7 - 11 working days

Authors

Dimensions

190 x 130 x 30mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

304

ISBN-13

978-0-7993-9368-2

Barcode

9780799393682

Languages

value

Categories

LSN

0-7993-9368-1



Trending On Loot