Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir twee seisoene vasgenael gehou, en ’n derde een is op pad. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, vervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het.
Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderne¬ming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou.
Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grond¬beginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!