0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All departments

Wit Terroriste - Afrikaner-Saboteurs in die Ossewabrandwagjare (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Wit Terroriste - Afrikaner-Saboteurs in die Ossewabrandwagjare (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Diť deel van die Afrikaner-geskiedenis is doelbewus diep begrawe: Wit terroriste ― militante Afrikaners ― het gedurende die Ossewabrandwagjare bomme geplant, kragstasies opgeblaas en sluipmoorde uitgevoer. Diť terreurveldtog het Suid-Afrika in die 1940's bitter naby aan 'n afgrond van anargie gebring.

Daar was sabotasiedade, spioenasie-intriges, opspraakwekkende hoogverraadsake en gewaagde ontsnappingspogings.

In hierdie boek klim Albert Blake in die koppe van die Afrikaners wat aan diť terreurveldtog deelgeneem het om te verklaar wat hulle daartoe gedryf het om bomme te plant en 'n magdom ander dade van sabotasie te pleeg.

Waarvoor het diť Afrikaners baklei? Was hulle verraaiers of inderwaarheid patriotte? Kan hulle gewelddadige dade moreel geregverdig word as instrument om politieke en maatskaplike ontevredenheid op te los? Blake krap rond in hierdie ongemaklike deel van die Afrikaner-geskiedenis en vind 'n waarheid veel vreemder as fiksie.

Afrikaner Sondebok? - Die Lewe Van Hans Van Rensburg Ossewabrandwag-Leier (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Afrikaner Sondebok? - Die Lewe Van Hans Van Rensburg Ossewabrandwag-Leier (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R275 R195 Discovery Miles 1 950 Save R80 (29%) Pre-order

Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk teenkantingteen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede WÍreldoorlog het Afrikaners sů aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na sy stigting by die 300 000 lede gehad het.

In die vroeŽ 1930’s was Van Rensburg egter nog deel van die regering en het ’n blink politieke toekoms vir hom gewink. Hy was die jongste Justisiehoof voordat hy as die jongste administrateur van ’n provinsie aangestel is. Hy was ook ’n regsgeleerde, filosoof, taalkundige en taalstryder, bekwame burokaat, militaris, boer, wildjagter en hengelaar.

Sy lewensverhaal strek oor sewe dekades en hy was by al die belangrikste historiese gebeure van 20ste eeubetrokke-van die Anglo-Boereoorlog tot die apartheidsregering.Dit is ’n tydperk waartydens talle “ismes” hoogty gevier het: imperialisme, nasionalisme, nasionaal-sosialisme, kapitalisme, kommunisme en rassisme.

In die verlede is besprekings van Van Rensburg meestal beperk tot sy rol as OB-leier, terwyl hierdie boek ook gaan ondersoek instel na sy rol in die totstandkoming van die apartheidsbewind. Dit is minder bekend dat hy in die vroeŽ 1950’s as kommissaris van die Groepsgebiederade –’n ankerpunt van apartheidsbeleid –aangestel is.Sy konflik met die verantwoordelike minister, PW Botha, het tot sy bedanking gelei.

Van Rensburg worddikwels as ’n verbete Afrikaner-fascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In vele opsigte was hy dalkeerder ’n gerieflike sondebok vir die Smuts-en Nasionale Party-regerings.

Robey Leibbrandt - 'n Lewe van Fanatisme (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Robey Leibbrandt - 'n Lewe van Fanatisme (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R275 R220 Discovery Miles 2 200 Save R55 (20%) Ships in 5 - 10 working days

ín Epiese reis in ín klein seiljag van Frankryk tot aan die Namakwalandse kus gedurende die Tweede WÍreldoorlog, sabotasiepogings en planne om Eerste Minister Jan Smuts in ín sluipmoord om die lewe te bring . . . In die vroeŽ 1940ís is die Suid-Afrikaanse publiek aangegryp deur die uitdagende optrede van die Olimpiese bokser en swaargewigkampioen Robey Leibbrandt. Hy was dodelik gekant teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog.

Sy ekstremisme, opvlieŽnd-heid en onverdraagsaamheid was tipies van ín politieke fanatikus. Leibbrandt het ín aanhanger van Nasionaal-Sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika in Berlyn aan die Olimpiese Spele gaan deelneem het. Hy was besig met opleiding in Europa toe die oorlog uitbreek. Die Duitse militÍre intelligensiediens het hom kort daarna gewerf om sabotasieopleiding te ontvang. Die Duitsers het Leibbrandt teruggestuur na Suid-Afrika as deel van Operasie Weissdorn. Sy missie? Om die militante deel van die Afrikaner-opposisie te werf en met hulle hulp skeeps- en haweinstallasies, asook nywerhede, te vernietig, en om oproer in die Uniemagte te stook.

Dit was nie lank nie of die polisie was op Leibbrandt se spoor en hy is nŠ een van die grootste polisiesoektogte in hegtenis geneem. Sy hoogverraadsaak in 1943 en 1944 het hoofopskrifte gehaal. Diť biografie werp nuwe lig op hierdie enigmatiese historiese figuur en wat sy fanatisme aangevuur het.

Broedertwis (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Broedertwis (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Meer as ín honderd jaar na die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner. In Broedertwis probeer Albert Blake verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar gekom het. Wie was reg? Christiaan, wat ten alle koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat ín einde aan die smart en lyding van die oorlog wou bring?

Boerekryger - 'n Seun se hoogste offer (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Boerekryger - 'n Seun se hoogste offer (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R325 R279 Discovery Miles 2 790 Save R46 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Op 17 sluit die talentvolle maar aweregse Henning Viljoen, 'n agterkleinseun van Piet Retief, by die Boeremagte aan. Vir die volgende twee jaar beskryf hy die lewe op kommando in sy dagboeke voordat hy tragies op die slagveld in sy pa se arms sterf. Die jonge Henning se eerlike, lewendige beskrywings bied 'n unieke perspektief op die oorlog in reguit en ongekunstelde taal. Wanneer hy byvoorbeeld mooi Boeremeisies op die plase teekom, is sy reaksies tipies van 'n jong man. Hy vertel egter ook van swaarkry en verliese, asook sy skok oor fusillerings. By een geleentheid moes hy toekyk hoe twee swart mans Ė eens sy speelmaats Ė tereggestel word. Die dagboeke vertel van die noue band tussen hom en sy korrelkop pa, 'n generaal. Na sy seun se dood sukkel sy pa om tot berusting te kom en lewer 'n anti-oorlog pleidooi in 'n brief aan genl. Louis Botha. Die laaste hoofstuk ondersoek die Bittereinders se sielkundige motivering. Blake vra ook die kritiese vraag: moes hulle so lank met die stryd aangehou het?

Boereverraaier - Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Boereverraaier - Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Anglo-Boereoorlog het nie net helde opgelewer nie. In die stryd het broer teen broer ook teen mekaar te staan gekom. Duisende republikeinse burgers het as joiners by die Britse magte aangesluit, terwyl ander weer inligting oor die Boeremagte aan die vyand verskaf het. Die straf vir hul verraad? Die dood. In Boereverraaier word die teregstellings dramaties herskep met aanhalings uit dagboeke en veldverslae. Daar is tragiese verhale soos die van vier broers van Wakkerstroom wat almal op een dag gefusilleer is en kommandolede wat van hul voormalige makkers moes teregstel.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Batman v Superman - Dawn Of Justice…
Ben Affleck, Henry Cavill, … Blu-ray disc  (15)
R190 Discovery Miles 1 900
Replacement Rechargeable Lithium Battery…
R175 R125 Discovery Miles 1 250
Krusell Boden Cover for Sony Xperia E4…
R33 Discovery Miles 330
Now That's What I Call Music 81
Various Artists CD R138 Discovery Miles 1 380
Sophie Moda Kids Ice Cooling Microfibre…
R249 R129 Discovery Miles 1 290
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R325 R274 Discovery Miles 2 740
Levitate Wall Mounted Bike Rack Secure
R385 R315 Discovery Miles 3 150
Crayola Crayons (Oack of 12)(Assorted…
R50 Discovery Miles 500
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R325 R274 Discovery Miles 2 740
Knives Out
Daniel Craig, Chris Evans, … DVD R165 R98 Discovery Miles 980

 

Partners