0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R100 - R250 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 3 of 3 matches in All departments

Loui Fish: Onsinkbaar (Afrikaans, Paperback): Alita Steenkamp Loui Fish: Onsinkbaar (Afrikaans, Paperback)
Alita Steenkamp 1
R220 R182 Discovery Miles 1 820 Save R38 (17%) In stock

Die tonge was al baie los oor die kletskoningin Loui Fish, en die lys van dinge wat sy genoem word, is lank: sosiale vlinder, partytjiepop, sekskatjie, flerrie, cougar. Maar voeg ook daarby: beeldskoon, suksesvol en gevat. Loui is inderdaad ’n katjie wat jy nie sonder sagte handskoentjies moet aanpak nie – en boonop enig in haar soort. Dis immers nie elkeen van ons wat sosiaal verkeer met Victoria en David Beckham of wat kan spog met Jimmy Choo as ’n persoonlike vriend of George Michael as ’n voormalige buurman nie.

In haar allesonthullende outobiografie, Onsinkbaar, vertel Loui van haar kleintyddrome om eendag met ’n rock-ster te trou. Steve Hofmeyr maak ’n vlietende draai in haar lewe. James Small vat haar uit die Boland weg, maar sy loop erg deur onder sy vuiste. Uiteindelik trou sy met die liefde van haar lewe, Mark Fish, en word sy deel van ’n sosiale groep wat bekend staan as Footballers’ Wives – vroue vir wie selfs die etiket op hul onderklere belangrik is. Dis ’n verhaal van passie, geweld en liefde. Van ontwerpersklere en die gejaag na sukses. Maar dit vertel ook van ’n weerlose Loui, wanneer sy gestroop van al hierdie dinge besef dat geld en glorie nie geluk bring nie, en dat wat ander van jou sÍ nie regtig saak maak nie.

“Hoekom skryf ek my storie? Wel, ek is nie ’n slagoffer nie. Ook nie sleg nie, ek is net ’n meisie wat verlief geraak het op ’n jong man, en dalk steeds verlief is op hom. Die enigste ding is ek is nie meer 24 jaar oud nie. Ek was getroud vir byna elf jaar. En hoekom is ons nie meer getroud nie? Wel, nes my icon eenmaal in ’n bekende Martin Bashir onderhoud gesÍ het: “It was getting a little crowded.” Sy, nes ek, het na haar huwelik verwys, en sy was prinses Diana.”

Wynie - My Bloed Is Blou (Afrikaans, Paperback): Wynie Strydom, Alita Steenkamp Wynie - My Bloed Is Blou (Afrikaans, Paperback)
Wynie Strydom, Alita Steenkamp 1
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) View more sellers In stock

Wynie Strydom was jare lank ’n onmiddellik herkenbare figuur op die kantlyn van elke Blou Bullewedstryd, plaaslik en in die buiteland.

As die Blou Bulle se spanbestuurder het hy oor 17 veelbewoŽ jare heen die hoogte- en laagtepunte en die suksesse en mislukkings van sy gunstelingspan beleef. In hierdie boek vat Wynie Strydom en sy medeskrywer, Alita Steenkamp, die leser op sy lewenspad wat maar altyd met rugby vervleg was.

Dit is onontbeerlik vir alle rugbyliefhebbers, ongeag watter span hulle ondersteun.

Wit Wolf - Die Worcester-Bomplanter se Storie van Bevryding (Afrikaans, Paperback): Stefaans Coetzee, Alita Steenkamp Wit Wolf - Die Worcester-Bomplanter se Storie van Bevryding (Afrikaans, Paperback)
Stefaans Coetzee, Alita Steenkamp
R275 R236 Discovery Miles 2 360 Save R39 (14%) In stock

Stefaans Coetzee was net 19 jaar oud toe hy op Oukersdag ’n bom in die Shoprite in Worcester geplant het. Vier mense – waarvan drie kinders – het diť dag gesterf en Stefaans se lewe het onherroeplik verander.

Hy is tot moordenaar veroordeel en vir 40 jaar tronk toe gestuur, maar in die tronk verander sy lewe dramaties en hy begin anders kyk na homself en die mense rondom hom.

Hy ontmoet vir “Oom Gene” (Eugene de Kock) wat hom begin bearbei om met sy slagoffers te versoen.

NŠ 18 jaar word Stefaans op parool vrygelaat. Kort daarna vervul hy sy lewensdroom om die Comrades-marathon te voltooi. Hy doen dit ter ere aan die Worcester-slagoffers en oorhandig sy medalje aan een van diť mense as teken van berou en versoening.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Philips AVENT Magic Straw Cup…
R239 R201 Discovery Miles 2 010
The Incredibles 2
Blu-ray disc  (1)
R195 Discovery Miles 1 950
The SABC 8
Foeta Krige Paperback R280 R220 Discovery Miles 2 200
Johnson's Baby Bedtime Bath (300ml)
R41 Discovery Miles 410
Spider-Man: Into The Spider-Verse - 2D…
Blu-ray disc R260 R195 Discovery Miles 1 950
Wonky Donkey Bag of Books
Craig Smith Paperback R399 R249 Discovery Miles 2 490
Ultra Link Fabric Optical Wireless Mouse…
R170 R99 Discovery Miles 990
Avantree TC417 Bluetooth Receiver and…
R1,399 R899 Discovery Miles 8 990
Glass
M. Night Shyamalan Blu-ray disc R195 Discovery Miles 1 950
Bantex Optima 7 Board Lever Arch File…
 (2)
R38 Discovery Miles 380

 

Partners