0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R250 - R500 (18)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 18 of 18 matches in All departments

Dryfhout (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Chanette Paul Dryfhout (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) In stock

Wie is Aengel Rousseau? En wie was die voormoeder by wie Aengel dagboeke, 'n skulp, 地 seewatersteen en 地 verbod om haar hare te sny, geerf het? Dis die vrae wat Aengel Kierangbaai toe lok. Want dis waar Angelique d但vignon amper twee eeue gelede haar spore gelaat het en legendes van die visvrou ruig loop. Geleidelik maak Aengel sin van die legendes oor Annie en die vloek wat sy oor die Niemands uitgespreek het. Die vier moorde wat op Kierangbaai gepleeg word, kan Aengel egter nie kleinkry nie. Ook nie haar gevoelens vir Roark of hoekom iemand dink sy kan Annie se vloek ophef nie. Gys en Fortuintjie moet weer hul speurvernuf inspan en dit ry Gys se poging om vir oulaas Gertjie se hart te wen, sleg in die wiele. Dryfhout is die vyfde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel, en sluit die Gys Niemand-reeks af. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Die ander titels in die reeks is Springgety, Fortuin, Boheem en Meetsnoer.

Springgety (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): Chanette Paul Springgety (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Toe Lily Reynecke Maja se voetspore Kruisbaai toe volg in die hoop om haar lewe weer aanmekaargelym te kry, weet sy nie dis 地 plek waar die dood tasbaar na siele vra en die geskiedenis hom herhaal nie. Kort na haar aankoms eis Springklip, die hoe krans waar reeds vier kruise staan, nog 地 lewe. Nog iemand wat gespring het. Of gestamp is. Dalk deur Lily self in een van haar vergeettye. Dalk groot, beneukte Ben? Of beskerm Ben vir Kassie, sy verstandelik gestremde broer? En wat is dit aan Kruisbaai dat dese en gene hulle so verlustig in ongeoorloofde vleeslikheid? Die visvrou, Annie Niemand, se postume wraak? Gerbrand Niemand se werkinge uit die hel? Of net die eensaamheid van 地 afgesonderde plekkie waar die maan en wind massas water hierdie kant toe stoot en dan weer daardie kant toe sleep?

Sacrificed (Paperback): Chanette Paul Sacrificed (Paperback)
Chanette Paul
bundle available
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) In stock

Sacrificed is the English translation of Offerlam. The Congo, 1961: A man is murdered in cold blood and his beloved is left for dead. Fifty-three years later, Caz Colijn receives a phone call that tears her out of her reclusive life. In Belgium, where she tries to trace her and her daughter痴 family origins, it becomes clear that that country痴 colonial past has had as much impact on her life as the apartheid years in South Africa did. The phone call Professor Luc DeReu receives is less traumatic, but he too is ripped out of his familiar orbit when the woman he blames for his father痴 premature death re-enters his bland existence. In the meantime, Erevu and his grandson must trace the nkisi taken from them more than five decades ago in order for them to fulfil their holy mission. When the paths of this group of people cross, it leads once again to murder.

Boheem (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Chanette Paul Boheem (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) In stock

Katrien Bresselaar is voor die reg vrygespreek van die moord op haar man, maar nie onskuldig bevind nie. Drie jaar later beland sy, nou bekend as Kayla Cilliers, op Bohemia, 地 kunstenaarskolonie waar Rose-Anne Lockwood 地 prutpot geskep het wat een of ander tyd moet oorkook. Onder die kreatiewe oppervlak sied dit Judy wat stemme van die Anderkant hoor; Lente opgevreet deur jaloesie; Seth en sy Gesie, wat gesigte sien; Alwyn, sy muse kwyt; Hendrik en Leen, Justin en snobistiese Bonnie ... en Mitch Lockwood, wat alles bymekaar moet hou. Dis hier waar Kayla vir die tweede keer in haar lewe op 地 lyk afkom en haar vingerafdruk is op die moordwapen. Boheem is die derde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Meetsnoer volg hierop en Dryfhout sluit die reeks af. Springgety en Fortuin is die eerste twee boeke in die reeks.

Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul 1
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspiel, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.

Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ʼn moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ʼn boogskutter op rolskaatse ʼn bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.

Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.

Vir Ayla is haar verlede ʼn verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ʼn vliende piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgerf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog ʼn handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ʼn ander tameletjie.

Raaiselspieel (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Raaiselspieel (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) In stock

Vet Frieda Ferreira het geen benul waarom die vermaarde professor Victor Ferreira agt jaar gelede met haar getrou het nie. Ook nie of die beelde wat sy van kleins af sien en die stemme wat sy hoor, beteken sy is psigies of psigoties nie. Frieda het egter ? meer onmiddellike probleem. Sy moet haar pa se moord oplos, al sit daar reeds ? man agter tralies daarvoor. Nie omdat sy wil nie, maar omdat haar pa daarop aandring. Van agter die doodsgordyn. En Nils van der Sluijs, die befoeterde Belg wat ryk en beroemd geraak het danksy sy vetvrouskilderye, laat ook in die dood nie vir hom nee se nie. Stas Stassen is die man wat Frieda moet help om haar pa se biografie te skryf. Hy is nie seker of Frieda ? skisofreen is of net ? ander soort nutcase nie, maar hy glo beslis nie sy is, soos sy beweer, heldersiende nie. Anders sou sy immers geweet het hy stel meer daarin belang om haar hovaardige man terug te betaal as in die vetvrouskilder se doen en late. Nils se lewensverhaal lewer egter ? paar verrassings op, onder meer in die vorm van ? paar spesiale skilderye, en kort voor lank is Stas meer betrokke as wat heilsaam is en Frieda is haar lewe nie meer seker nie. Frieda gebruik spieels om die dooie man te 壮ien.

Vywervrou 1: Lira (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Vywervrou 1: Lira (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R340 R265 Discovery Miles 2 650 Save R75 (22%) Shipped within 5 - 13 working days

Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.

Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.

Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansile risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.

Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.

Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.

Maar soos haar vriendin Corali s: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.

Paaiboelie (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Paaiboelie (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieel en Ewebeeld is terug. Haar opdrag is oenskynlik eenvoudig: Vind uit wat het werklik sewe jaar gelede in die skatryk Eduard Swiegelaar se studeerkamer gebeur die dag toe hy ten aanskoue van sy heelwat jonger, sexy trofeevrou doodgeskiet is. Die moord op n vooraanstaande ou bok wat met n jong blaar uit n bedenklike agtergrond getroud was, fassineer Jojo egter minder as die stories rondom Crystal Crags, die landgoed wat binne die sogenaamde Duiwelsdriehoek val. Soos die storie van n haaslipkind wat op n stormnag verdrink het, en sedertdien aan mense verskyn voor hulle sterf of verdwyn. Wat op Crystal Crags gebeur, kom Jojo egter agter, bly op Crystal Crags en so is dit al die afgelope eeu. Zaan Mentz is white trash gebore, maar nou welaf na haar man se moord, glo Zaan sy is uiteindelik veilig toe sy haar droomhuis koop. Hier kan sy die giftige dampkring van haar stiefkinders ontwyk en die sekuriteit is uitstekend. Op Crystal Crags, beteken n inkomeling egter verandering en verandering hier, het nog altyd die ongeluksvoel se ongebore kuikens aan die eiers laat pik om uit te kom. Terwyl Jojo die geheim van n enkele oggend se gebeure ontrafel, dobber die geheime wat vir langer as n honderd jaar op Crystal Crags verswyg is geleidelik boontoe en Zaan staan skielik in die brandpunt.

Meetsnoer (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Chanette Paul Meetsnoer (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Chanette Paul
R350 R298 Discovery Miles 2 980 Save R52 (15%) Shipped within 5 - 13 working days

Een en twintig uitverkorenes van die Meetsnoer Tempel sal op 20 Oktober 2010 weggeraap word. Dit sal die begin wees van die einddae van die aarde en die verskrikking wat daarmee gepaardgaan. Voor die wegraping egter kan plaasvind, moet die apokaliptiese sluier gelig word. Profeet Sias moet neerskryf wat aan hom geopenbaar word en dit kan net op die nuwe Eden gebeur. Toe Raine Quinn Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry Sias se heilige taak in die wiele nie, ook nie dat Fluisterbos die nuwe Eden is nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor die klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sal word nie. Raine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar besef kort voor lank, haar eie is dalk wel. Inspekteur Gys Niemand en Fortuintjie moet weer hulle speurvernuf inspan ondanks teenkanting in eie geledere. Meetsnoer is die vierde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Dryfhout volg hierop en sluit die reeks af. Springgety, Fortuin en Boheem is die eerste drie boeke in die reeks.

Offerande (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Offerande (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Is Caz Colijn se pa Elia, die sagsinnige man wat voor haar geboorte koelbloedig vermoor is, of dra sy Cesar, die moordenaar, se gene? Die kwellende vraag kan Caz eers probeer beantwoord as sy van die reusediamante in haar besit ontslae raak en so die Kongolese wat haar tot in Suid-Afrika gevolg het, van haar spoor af kry. Antwerpen kan die antwoord op hierdie missie wees, maar hoe kry sy die diamante daar? En as sy eers daar is, waarheen neem sy dit? Kommissaris De Brabander is 'n opsie tot Caz besef sy staan van voor af weer eerste op sy lys van verdagtes die keer vir die moord op een van haar agtervolgers. Boonop daag Caz se eksman by haar op en dring aan om sy dogter te ontmoet. Caz besluit om die keuse aan Lilah oor te laat, maar toe die uit Belgie aankom, is sy nie die lieflike kind wat Caz ken en grootgemaak het nie. Caz se probleme neem rampspoedige afmetings aan toe sy besef die offerlam sal die offerande moet word as sy Lilah van haarself en van die dood wil red.

Offerlam (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Offerlam (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Die Kongo, 1961: ’n Man word koelbloedig vermoor en sy geliefde word vir dood agtergelaat.

Drie en vyftig jaar later kry Caz Colijn ʼn oproep wat haar kluisenaarsbestaan uit mekaar ruk.

In Belgi waar sy haar en haar dogter se herkoms probeer naspoor, word dit duidelik dat di land se koloniale verlede net so ’n groot impak op haar lewe gehad het soos die apartheidsjare in Suid-Afrika.

Die oproep wat professor Luc DeReu ontvang, is minder traumaties. Ook hy word egter uit sy wentelbaan geruk toe die vrou wat hy kwalik neem oor sy pa se voortydige dood, weer sy jandooilewe betree.

Intussen moet Erevu en sy kleinseun die nksi wat hulle meer as vyf dekades gelede ontneem is, opspoor om hulle heilige taak uit te voer.

Wanneer hierdie groepie mense se paaie kruis, stuur dit nogmaals op moord af.

Siende Blind (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Siende Blind (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Op 'n Sondagoggend terwyl Cara en Paul van Dijk ontbyt maak, vra Cara haar man en sielsgenoot van twintig jaar waarom hy die afgelope tyd so stil is.

Sy antwoord is sielsverbryselend. Maar as Cara gedink het dis die einde van alles wat vir haar betekenis inhou, het sy dit mis.

Dis bloot die eerste tand van die duiwelsvurk wat die veilige kokon van haar lewe deurboor.

Eendag op 'n Maandag - Vlerke vir 'n visvrou; Krinkels in die maan (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Eendag op 'n Maandag - Vlerke vir 'n visvrou; Krinkels in die maan (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul 1
R305 R262 Discovery Miles 2 620 Save R43 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Krinkels in die maan - Toe Tish Malan vir haar en haar sigeunertante 地 stalletjie en blyplek kry by Organica, 地 eksklusiewe kunstemark langs die Krokodilrivier, is dit vir haar 地 uitkoms waarvan sy net kon droom. Berk Colijn, die formidabele eienaar van die mark, is egter die een los draadjie in die droomwip wat sy nie kon voorsien nie.

Fortuin (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Chanette Paul Fortuin (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Is Eva van Eden 地 heks, of 地 engel? Paradyskloof die voorpoorte van die hemel, of 地 Satansnes? Dis wat Xanthe Tredoux moet uitvind in opdrag van Tuisfront se redakteur. Die werklikheid waarmee Xanthe by die sogenaamde holistiese oord te doen kry, is surreeel: die kasteelagtige huis, die meer, tematuine, labirint en ondergrondse tonnels. Die rituele verwar haar net soveel soos die vreemde gaste, en nog vreemder gebeure. Wat haar egter die meeste verwar, is Math Stone se betrokkenheid. En dat Eva al hoe meer soos 地 engel begin lyk. Maar as sy nie die skuldige is nie, is iemand anders besig om die septer van die dood op Paradyskloof te swaai, want twee gaste het reeds aan die hand van 溺oeder Natuur gesterf. En dis duidelik dat Xanthe volgende in die visier is.

Maanschijnbaai 1: Jo & Sue (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Maanschijnbaai 1: Jo & Sue (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Ontmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en verlede – met 'n hoofletter V.

Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar.

As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak. Die M-baaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied.

As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan 'n verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruneer het, verwerk. Sue kan ontsnap aan al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgel is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho.

Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die Calitz-slette nie toe nie.

Ewebeeld (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Ewebeeld (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Lanie besef sy is haar wettige man se gevangene en dat sy vorige twee vroue dit voor hulle dood ook was.

Haar man se afskuwelike plan met haar en die glaskunstenaar wat opdaag, word ook duidelik.

Maanschijnbaai 2: Nan & Jeannie (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Maanschijnbaai 2: Nan & Jeannie (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Dis die tweede boek in die Maanschijnbaai-tweeluik en vertel die storie van die vier wilde Calitz-vroue of -slette, soos die locals hulle noem, wat die eksentrieke Casper Calitz: pa, oupa en oupagrootjie, se erfgename is.

Jo erf die liederlike kasarm van 'n huis, Sue erf die pienk Cadillac, Jeannie erf sy boekery en Nan erf die esoteriese winkeltjie, genaamd Hirofant. Hulle besluit om die huis te restoureer en haal daarmee die gramskap van die plaaslike gemeenskap op die hals.

Die tweeluik bevat drama, romanse, spanning, humor en sosiale kritiek. Die intrige draai om verhoudings op alle vlakke asook oor oordeel, vooroordeel, en die keuses wat mens maak.

Sacrificed (Paperback): Chanette Paul Sacrificed (Paperback)
Chanette Paul
R320 R263 Discovery Miles 2 630 Save R57 (18%) Shipped within 7 - 11 working days

Rejected by everyone except her extraordinary daughter, Caz lives a secluded life in rural South Africa. But a single phone call from her estranged sister shatters this refuge. This phone call is the first step down an ever-widening tunnel into Caz's painful past. From the Congo's sparkling diamond mines to Belgium's finest art galleries, from Africa's civil unrest to its deeply spiritual roots, Sacrificed seamlessly crosses borders and decades with a fiercely captivating story. Chanette Paul has published forty-one bestselling romance, thriller, and crime novels in her native Afrikaans in South Africa. This is her first book to be translated into English.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Not available Not available Not available
Reebok Wrist Weights - 1.5Kg
R419 R369 Discovery Miles 3 690
Saving My Sons - A Journey With Autism
Ilana Gerschlowitz, Marion Scher Paperback R320 R250 Discovery Miles 2 500
The President's Keepers - Those Keeping…
Jacques Pauw Paperback  (72)
R300 R258 Discovery Miles 2 580
Ultra Link Premium Wireless Optical…
R270 R229 Discovery Miles 2 290
Harman Kardon SoundSticks Wireless…
 (18)
R3,699 R3,384 Discovery Miles 33 840
Voyager Tripod - Silver & Black T1000
R400 R299 Discovery Miles 2 990
Microsoft Xbox One X Console…
 (33)
R8,999 R7,999 Discovery Miles 79 990

 

Partners