0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (12)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 15 of 15 matches in All departments

Wanneer is eendag? (Afrikaans, Hardcover): Elsa Winckler Wanneer is eendag? (Afrikaans, Hardcover)
Elsa Winckler; Illustrated by Marleen Visser
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days

Abella is n klein feetjie en haar hare is rooi en deurmekaar. Haar klere bly vuil, want sy speel so lekker saam met haar maatjies tussen die fynbos. Sy wil baie graag so mooi soos die ouer feetjies lyk en ook soos hulle teen die maan se strale afgly, maar hoe lank moet n feetjie wag voor dit kan gebeur?. Wanneer is eendag? is n feetjieboek vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.

Vreugde Vir Larissa (Paperback): Elsa Winckler Vreugde Vir Larissa (Paperback)
Elsa Winckler
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Larissa is die prokureur op die saak waarin Ricardo Jantjies onskuldig bevind word na hy 'n jong dogter aanrand en besteel het. Larissa vlug dan Nederland toe. Sy kom egter terug toe sy uitvind dat die jong dogter vermoor is. Larissa weet dit was Ricardo Jantjies.Terug in Suid-Afrika word sy gedurig met Gideon gekonfronteer wat 'n baie swaar verlede het wat hy moet verwerk. Larissa probeer geregtigheid vir die kind se dood te kry. En sal Gideon dit regkry om sy verlede te verwerk?

'n Belofte vir Bippie (Paperback): Elsa Winckler 'n Belofte vir Bippie (Paperback)
Elsa Winckler
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Bippie se pad word onderbreek met haar onbeplande swangerskap, dus moet sy nou ’n nuwe een soek. Sy maak 'n belofte teenoor die Here - sy sal nie weer ’n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Maar die man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux. Hy het lankal besluit hy wil nooit trou nie. Toe hy en sy broer klein seuntjies was het sy ma hulle net so gelos en by die voordeur uitgestap. So hy het allerhande issues. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen en Riekert wel wil trou?

Ultrasatyn 3 (Afrikaans, Paperback): Lucille du Toit, Elsa Winckler Ultrasatyn 3 (Afrikaans, Paperback)
Lucille du Toit, Elsa Winckler
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

In Syne vir altyd moet Gideon en Bianca mekaar weer in die o kyk n hul kaskenades tydens Tess en Jan-Daniel se verlowingspartytjie. Nie een van die twee soek ’n langtermynverhouding nie, maar dit maak wel sin om die tydjie in die Bosveld ten volle te benut. Dis immers net ’n week en niemand sal tog s vinnig gevoelens ontwikkel nie . . .

In Die drieweek-reling weet Ella en Quinn nie hulle het ses maande gelede na ’n groot misverstand amper mekaar se harte gebreek nie. Nou kan die twee nie hul o en beslis nie hul hande van mekaar afhou nie. Ella oorweeg dit om ’n werksaanbod in Londen te aanvaar. Maar by Quinn het haar hande, haar lyf, haar mond ’n wil van hulle eie. Sal sy binne drie weke kan besluit of sy eerder op Stellenbosch moet bly?

Omdat Jy My Liefhet (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Omdat Jy My Liefhet (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R100 R86 Discovery Miles 860 Save R14 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dis Livie Mulder se beurt om vir ’n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton te gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling in die testament nie, maar Livie benodig die erfporsie om uiteindelik ’n belangrike droom te verwesenlik.

Sy moet egter noodgedwonge op mense aangewese wees wanneer alles nie volgens plan verloop nie. Bart Coetzee red haar telkemale uit ’n penarie. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Die feit dat hy dodelik aantreklik is, maak haar rug net nog stywer.

Bart het Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies – veral vroue – in sy lewe.

Sal hy kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe?

Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir ’n toekoms saam met Bart.

'n Brief vir Reina (Paperback): Elsa Winckler 'n Brief vir Reina (Paperback)
Elsa Winckler
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer Reina Sauer se ouma sterf, hoor sy dat sy haar huis op McGregor erf. Maar ’n ontwikkelaar, die ontnugterde en siniese Derek Retief, wil graag die huis deel van ’n sekuriteitskompleks maak. Al wat Derek kort is Reina se handtekening. Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak Reina met haar ouma se vriende wat afhanklik was van haar ouma? En wanneer Reina die huis begin opruim, kom sy op ’n boks vol briewe in die solder af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reggekry het om ’n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het. Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.

Elsa Winckler Eerste Keur (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Elsa Winckler Eerste Keur (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R275 R236 Discovery Miles 2 360 Save R39 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Cilla kan van kleins af met diere kommunikeer in ​ Van altyd af. Reynecke Retief vertrou egter nie haar intutiewe benadering nie; hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor. Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om.

Aileen se ptisserie sal vir Stellenbossers wys hoe fyngebak moet lyk in ​Te eenders, te anders. Ongelukkig is die eienaar van die perseel heeltemal onmoontlik. Na ’n lesing oor persoonlikheidstipes, weet sy: Sy en Allen Muir sal nooit om dieselfde vuur kan sit nie. Hoekom laat sy nabyheid haar dan so verskriklik opgewonde voel?

Kalinda worstel met verskeie uitdagings in Tydlose liefde​. Soos die spook wat in haar kar geklim het n haar kantsakdoekie agtergelaat het. Sy ontmoet ook die wildewragtag van ’n Zach met sy arrogante drie-date-rel. Daar is dadelik ’n onverklaarbare drif wat tussen hulle posvat, terwyl sy die geskiedenis en haar spook se spore volg.

Toe Soen Jy My (Paperback): Elsa Winckler Toe Soen Jy My (Paperback)
Elsa Winckler
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Moenie vriende soen nie, dit lei net tot moeilikheid! Toe Gabriella Tredoux een aand in 'n kuierplek op Mosselbaai vir Eben Joubert soen, verander alles. Die soen was veronderstel om haar te help om van 'n ander klewerige vent ontslae te raak. Eben is mos net 'n pel. Maar toe sy hom soen, terwyl 'n lied oor soenery in die agtergrond speel kan sy nie langer aan hom dink as net 'n pel nie. Miskien is almal tog reg toe hulle ges het dat Jody nog lank nie klaar is met haar matchmaking nie. As tandarts op Mosselbaai, is Eben se lewe soos hy daarvan hou - ongekompliseerd. Wat hy van die huwelik weet, het hom vir altyd genees van gedagtes aan vir ewig en altyd, maar toe soen Gabriella hom en dis skielik onmoontlik om aan enigiets anders as aan haar te dink.

Ware Noord (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Ware Noord (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot daardie dag toe sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is ’n intense skuldgevoel en woede.

Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede.

Tog: Drie jaar later speel hy vir die Springbokke.

Wanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering, vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelho hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is n haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. Evan weet ook: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie.

Die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes het die skrywer genspireer om hierdie verhaal te skryf, die boek ondersoek Christenskap en liefde tussen jong mense.

Vir Ewig My Altyd (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vir Ewig My Altyd (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Liefde … uit die laaste oord waar jy dit vandaan wil h Lien Morkel trap ’n slegte stel af met ’n baas in die hospitaal waar sy werksaam is. Sy gaan help uit op Hati vir Dokters Sonder Grense en by haar terugkoms trek sy Kaap toe waar sy by ’n mediese praktyk in Melkbos aansluit. Om in Nicol le Roux, haar nuwe skoonsuster se broer vas te loop, is ’n skok – hy was een van die redes hoekom sy weg is uit Johannesburg. Nicol le Roux verhuis Kaap toe waar hy mede-direkteur word van ’n fondsbestuurmaatskappy. Die laaste mens wat hy verwag om in die Kaap raak te loop, is Lien, sy nuwe swaer se suster. Sy is een van daardie ‘moderne’ vroue wat alles self wil doen en geen hulp van ’n man wil h nie. Maar nou is al twee in die Kaap en beide van hulle kom agter soms het jy tog hulp nodig, al is dit uit die laaste oord waar jy dit vandaan wil h.

Romanza Nostalgie: Elsa Winckler (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Romanza Nostalgie: Elsa Winckler (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R135 R102 Discovery Miles 1 020 Save R33 (24%) Ships in 13 - 17 working days

Tussen jazz en rock Hy laat haar sweet, swaar asemhaal. En dit oor sy kaal bolyf, sy blouselblou o, sy bitter sexy boudjies ... Sanet is juis voos vir mans. Maar Jak de Beer maak haar mal. Sy ken haarself sowaar nie. Sonder bagasie Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie hy is. Tot haar skande! Maar wat van sy hond en sy deurmekaar huis? Sy te blou o en gespierde lyf is egter 'n groter probleem ... Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.

Om Weer Te Droom (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Weer Te Droom (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op di lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met di van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou o wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.

Bewustelik joune (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Bewustelik joune (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Vyf jaar n die aanval op Kris, wat byna haar lewe gekos en haar met ’n letsel op die gesig gelaat het, is sy weer op koers. Wel, as mens nou die nagmerries wat haar soms ry, uitskakel. Haar aanvallers is agter tralies, haar verbreekte verlowing is iets van die verlede. Wanneer sy die kans kry in haar fisioterapiepraktyk, breek sy ook weg om kursusse aan te bied in bewustelikheid – oftewel mindfulness: Sy help mense ontdek hulle kan maar net wees, hulle hoef nie heeltyd te doen nie. Dit is wat haar met heelwording gehelp het.

Dit is tydens so ’n kursus dat haar en Luca se paaie kruis, ’n ultra-atleet in wie se wreld daar nie plek is vir enigiets anders nie, laat staan ’n vrou, veral nie een met “issues” nie. Daarvan het hy genoeg gehad. Maar dit is nogal ’n moeilike situasie as jy in dieselfde huis saam met een woon. Haar nagmerries help ook nie juis nie. En hy moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.

Omdat Ons Saam Is (Paperback): Elsa Winckler Omdat Ons Saam Is (Paperback)
Elsa Winckler
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Hy kyk altyd af teen sy neus na haar, maar hy mag dalk net vind dat hy nie sonder haar kan leef nie ...

Bella is die jongste van drie susters. Haar susters, Leen en Livie is onderskeidelik in die vorige twee boeke in die reeks getroud. Tannie Peet se testament bepaal dat die drie susters elkeen afsonderlik vir ’n maand in haar huis op Greyton moet woon ten einde hul erfporsie te kan ontvang. Die hond Skim speel ’n noemenswaardige rol in die verhaal en slaag daarin om telkens die held en heldin by mekaar uit te bring.

Wian is die apteker op die dorp en worstel met sy eie probleme. Hy moes as jong man omsien na sy drie jonger broers toe sy ouers onverwags gesterf het in ’n motorongeluk. Hy sien nie kans om weer so ’n groot verantwoordelikheid na te kom nie, en daarom wil hy nie trou en kinders h nie.

Bella is in hart en siel ’n kunstenaar maar is deur haar vorige vriend, Leo erg onderdruk en kon later nie meer skilder nie. Wian se jongste broer is Conrad Visser, die beeldhouer, en hy sien dadelik Bella se talent raak en help haar om weer haar skilderwerk op te neem. Intussen groei Wian en Bella se verhouding, maar dan verskyn Leo weer op die toneel en vernietig byna alles.

The Whisperer (Paperback, Digital original): Elsa Winckler The Whisperer (Paperback, Digital original)
Elsa Winckler 1
R211 Discovery Miles 2 110 Ships in 7 - 11 working days

Loving him could destroy her... High school teacher Cilla Stevens has always been different, especially in how she connects with animals. When she calms a stray dog during an incident at school, she's asked to help a nearby farm with a difficult horse. Cameron Rahl has had a very different relationship with animals since his mother died in a horse riding accident. But now he's inherited his family's farm, he's determined to never let anyone affect him that way again. Until he meets Cilla. He tries to stay away from the gorgeous horse whisperer with the potential to tame him, but something keeps pulling him close. And as much as Cilla tells herself she can keep it casual, she knows they're too connected to be 'just a fling.' Will Cilla's heart win out? Or will it take history repeating itself for Cameron to realise just how much he needs her?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
RocBros 10135 Optically Photochromic…
R1,499 R999 Discovery Miles 9 990
Cry Pretty
Carrie Underwood CD R330 R299 Discovery Miles 2 990
Amos Face Deco Face Paint in Blister…
R54 Discovery Miles 540
Simply Child Hot Air Balloon Mobile…
R390 Discovery Miles 3 900
Playing With Fire
John Cena, John Leguizamo, … DVD R160 R30 Discovery Miles 300
Venom
Tom Hardy, Michelle Williams, … Blu-ray disc R199 R156 Discovery Miles 1 560
Cable Guys Controller and Smartphone…
R399 R356 Discovery Miles 3 560
SWISS XPEL Self-healing Screenguard for…
 (3)
R299 Discovery Miles 2 990
Slazenger Wimbledon Tennis Balls SL (3…
R120 R109 Discovery Miles 1 090
Thank U, Next
Ariana Grande CD R101 Discovery Miles 1 010

 

Partners