0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (14)
  • R100 - R250 (67)
  • R250 - R500 (12)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 98 matches in All departments

Eerste Bloed - Wereld Van Wolwe: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Eerste Bloed - Wereld Van Wolwe: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R145 Discovery Miles 1 450 Save R45 (24%) In stock

Alle kinders is bang vir iets. As hulle sę hulle is nie, lieg hulle.”

Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ...

“Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio.

Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lę nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele węreld op sy kop keer.

Die weerwolwe wag vir hom ...

Offers Vir Die Vlieë (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Offers Vir Die Vlieë (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R225 R169 Discovery Miles 1 690 Save R56 (25%) In stock

Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lę, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie.

Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat.

Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.

Een van hulle vermoor hul seksieleier.

Almal ontken hulle is skuldig.

Wie van hulle lieg?

Donker Web - Onderwęreld Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Donker Web - Onderwęreld Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Greg Owen, voormalige hoofseun van Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is 'n eerstejaar-Matie na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val. Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme en is agter tralies. Maar wie en waar is die Butcher? Greg sal nie kan rus tot die derde lid van die gewetenlose driemanskap aan die pen ry nie. As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . .

Brand (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Brand (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R195 R168 Discovery Miles 1 680 Save R27 (14%) Ships in 7 - 11 working days

'n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy, onwetend, sy diepste geheime aan haar.

Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.

Die Dag toe die Draak Kom - 'n Boek vir Meisies (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Dag toe die Draak Kom - 'n Boek vir Meisies (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Tumi K. Steyn
R115 R99 Discovery Miles 990 Save R16 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die boek takel die kwessie van kindermolestering en dien om kinders in te lig en te bemagtig. Die gevaartekens van molestering word uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree. Kyla is gek oor stories van dapper prinses Arabia wat selfs teen drake veg. Maar haar ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sę daar is ’n draak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees? Gelukkig leer Kyla net wat om te doen om haarself te beskerm. 

Die Dag toe die Draak Kom - 'n Boek vir Seuns (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Dag toe die Draak Kom - 'n Boek vir Seuns (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Tumi K. Steyn
R115 R99 Discovery Miles 990 Save R16 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die boek takel die kwessie van kindermolestering en dien om kinders in te lig en te bemagtig. Die gevaartekens van molestering word uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree. Kevin is gek oor stories van die dapper prins van Arabia wat teen drake veg. Maar sy ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sę daar is ’n draak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees? Gelukkig leer Kevin net wat om te doen om homself te beskerm. 

Veldiep (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Veldiep (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesę vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting tussen Tim en Amber lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hę om haar spoke te konfronteer? En sal Tim haar ware skoonheid raaksien?

Breinbliksem (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Breinbliksem (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R163 R140 Discovery Miles 1 400 Save R23 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Sanlamprys vir jeuglektuur: goud (2005)

MER-prys vir jeuglektuur (2005)

"Ek maak vir jou die hel oop," lees die SMS wat Chris Burns een reënerige aand in Bloemfontein aan sy pęl Kerbs stuur. Net 'n vingerfout, maar in die loop van die volgende paar dae word dit ’n afgryslike werklikheid.

Burns help vir Kerbs om by sy ma se motor in te breek. Die goed wat hulle steel, gaan verkwansel Kerbs by 'n pandjieswinkel - hulle het die geld nodig vir die BreinBliksem-rockfees wat by die Allemanskraaldam gehou gaan word.

Jou Romeo (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Jou Romeo (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Gegrond op Jou Romeo, die tienerrolprentsensasie van die jaar. Yvette droom al van graad agt af om Shakespeare se Romeo en Juliet in haar matriekjaar op die planke te bring. Maar die hoof het ander planne - die skool se kuns- en kultuurbegroting word gesny en al die geld word vir die T20-kriekettoernooi aangewend. In 'n poging om te verseker dat die produksie steeds plaasvind, vra Yvette die gewildste ou in die skool, die krieketheld Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk.

Best Books Studiewerkgids: Onderwęreld Gr 12 Huistaal (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen, Riens Vosloo Best Books Studiewerkgids: Onderwęreld Gr 12 Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen, Riens Vosloo
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie gids is saamgestel volgens die voorskrifte van die KABV vir Graad 12 Huistaal. Die Studiewerkgids sal leerders help om die jeugverhaal se inhoud en struktuur te verstaan en om sinvol vir die eksamen voor te berei.

Die Studiewerkgids bevat die volgende: ·

- In-diepte bespreking en toepassing van struktuur, styl, intrige, verteller en vertellersperspektief, karakter en karakterisering, konflik, milieu, tyd, verteller, tema en motiewe.

- Kontekstualisering van die verhaal.

- Pre-lees, tydens lees en post-lees wat toeligting, ontleding en vrae insluit.

- ʼn Kort opsomming van elke hoofstuk en kontekstuele vrae (met spasie vir leerderantwoorde) wat fokus op begrip van die inhoud van die verhaal.

- Volledige woordverklarings.

- Toetse vir formele assessering/assesseringstake.

Alles-in-een: Die nare verhaal van die vraatsige seuntjie: Grootboek 11: Graad 11 - Eerste addisionele taal (Afrikaans,... Alles-in-een: Die nare verhaal van die vraatsige seuntjie: Grootboek 11: Graad 11 - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers; Illustrated by Fanie Viljoen
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Grootboeke pas by die leerder se ontwikkelingstadium, ervaringswereld en belangstellingsveld; sluit aan by en verryk die temas wat vir Huistaal gekies is; bevat 'n wye verskeidenheid tipes teks, bv. Stories, feiteteks, rympies, raaisels; is so geillustreer dat dit visuele geletterdheid bevorder; bevat uithaalbladsye met hulpbronne vir die onderwyser.

Alles-in-een: Dis lekker om maats te he: Grootboek 1: Graad 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Alles-in-een: Dis lekker om maats te he: Grootboek 1: Graad 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers; Illustrated by Fanie Viljoen
R268 R231 Discovery Miles 2 310 Save R37 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Grootboeke pas by die leerder se ontwikkelingstadium, ervaringswereld en belangstellingsveld; sluit aan by en verryk die temas wat vir Huistaal gekies is; bevat 'n wye verskeidenheid tipes teks, bv. Stories, feiteteks, rympies, raaisels; is so geillustreer dat dit visuele geletterdheid bevorder; bevat uithaalbladsye met hulpbronne vir die onderwyser.

Alles-in-een: Lisa wil help: Grootboek 7: Graad 7 - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de... Alles-in-een: Lisa wil help: Grootboek 7: Graad 7 - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers; Illustrated by Fanie Viljoen
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Grootboeke pas by die leerder se ontwikkelingstadium, ervaringswereld en belangstellingsveld; sluit aan by en verryk die temas wat vir Huistaal gekies is; bevat 'n wye verskeidenheid tipes teks, bv. Stories, feiteteks, rympies, raaisels; is so geillustreer dat dit visuele geletterdheid bevorder; bevat uithaalbladsye met hulpbronne vir die onderwyser.

Alles-in-een: Die ruimtemanne se soektog: Grootboek 20: Graad R (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Alles-in-een: Die ruimtemanne se soektog: Grootboek 20: Graad R (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers; Illustrated by Fanie Viljoen
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Grootboeke pas by die leerder se ontwikkelingstadium, ervaringswereld en belangstellingsveld; sluit aan by en verryk die temas wat vir Huistaal gekies is; bevat 'n wye verskeidenheid tipes teks, bv. Stories, feiteteks, rympies, raaisels; is so geillustreer dat dit visuele geletterdheid bevorder; bevat uithaalbladsye met hulpbronne vir die onderwyser.

Alles-in-een: Ons gaan kuier by Oom Shahid: Grootboek 11: Graad R (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Alles-in-een: Ons gaan kuier by Oom Shahid: Grootboek 11: Graad R (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers; Illustrated by Fanie Viljoen
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Grootboeke pas by die leerder se ontwikkelingstadium, ervaringswereld en belangstellingsveld; sluit aan by en verryk die temas wat vir Huistaal gekies is; bevat 'n wye verskeidenheid tipes teks, bv. Stories, feiteteks, rympies, raaisels; is so geillustreer dat dit visuele geletterdheid bevorder; bevat uithaalbladsye met hulpbronne vir die onderwyser.

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo,... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Janisch Lucas, Scholtz Ros, Hettie Scholtz
R313 R269 Discovery Miles 2 690 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 11 se Onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring Graad 11–12 wat die leerder se leerbehoeftes eerste stel en die onderwyser se onderrigtaak ondersteun: fokus op die kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; bied inhoud en kontekste aan volgens eietydse temas en 'n wye verskeidenheid tekssoorte; ondersteun die onderwyser in die beplanning van onderrigplanne, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk; bevat 'n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures vir elke aktiwiteit; bevat 'n CD waarop gratis materiaal (soos volkleur plakkate en idiome) ingesluit is.

Die Kroon Van Die Hemel (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Kroon Van Die Hemel (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – moet kopkrap wanneer vreemde goed in Kroongolf gebeur. Juffrou Floors se vinger verander in 'n boorpunt. Vernon se buurman vind ’n nuwe manier om sy gras te sny. En Anila raak weg. Die wrede Walg se finale aanslag teen Kroongolf het begin! Die slag gebruik hy die Mensekroon om Kroongolf te vernietig. Nee wag, Walg se planne het verander. En nou sal dit beslis werk ... Sal die Dapper Drie staande bly teen die gevaar wat nou dreig? Sal hulle die Mensekroon in die hande kan kry? En sal hulle vir Walg finaal kan oorwin? Die kroon van die mense is een van die titels in die KABV-goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Boek 1 is 'n vervolgverhaal en sluit die volgende leesboeke in: Die kaart van lank gelede – Vlak 1 (Graad 4); Die geheim van die kroonsteen – Vlak 2 (Graad 4); Die kroon van die aarde – Vlak 3 (Graad 5); Die kroon van die hemel – Vlak 4 (Graad 5); Die kroon van die water – Vlak 5 (Graad 6); Die kroon van die mense – Vlak 6 (Graad 6).

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen,... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Piekfyn Afrikaans Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk; volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In 'n neutedop; te fokus op kommunikatiewe en teks- en temagebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; 'n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; volledige onderrigplanne vir elke tweeweeklikse module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser in te sluit deur op die kieslys van die DVD op “Lees” te kliek en die dokumente uit te speel vir die onderwysersleer. Ook volkleur plakkate! Ons weet die Piekfyn-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.

Liplekker leesdinge: Leesboek 3 Vlak 1: Gr 4 - 6 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Liplekker leesdinge: Leesboek 3 Vlak 1: Gr 4 - 6 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Liplekker leesdinge (Vlak 1) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Liplekker leesdinge bevat verskeie soorte niefiksie tekste soos koerantberigte, e-posse, boodskappe, boek resensies, pamflette, uitnodigings, advertensies, plakkate, tongknopers, raaisels, grappies, ensovoorts, wat leerders gaande oor lees gaan maak. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir Afrikaans kan ontwikkel en hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 3-reeks bevat ses bundels: Liplekker leesdinge – Vlak 1 (Graad 4); Liplekker leesdinge – Vlak 2 (Graad 4); Liplekker leesdinge – Vlak 3 (Graad 5); Liplekker leesdinge – Vlak 4 (Graad 5); Liplekker leesdinge – Vlak 5 (Graad 6); Liplekker leesdinge – Vlak 6 (Graad 6).

Stories vir lekker lees: Leesboek 2 Vlak 1: Gr 4 - 6 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Stories vir lekker lees: Leesboek 2 Vlak 1: Gr 4 - 6 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R199 R171 Discovery Miles 1 710 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Stories vir lekker lees (Vlak 1) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, fotoverhale, ensovoorts. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 2-reeks bevat ses bundels: Stories vir lekker lees – Vlak 1 (Graad 4); Stories vir lekker lees – Vlak 2 (Graad 4); Stories vir lekker lees – Vlak 3 (Graad 5); Stories vir lekker lees – Vlak 4 (Graad 5); Stories vir lekker lees – Vlak 5 (Graad 6); Stories vir lekker lees – Vlak 6 (Graad 6).

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Eeerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo,... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Eeerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Janisch Lucas, Scholtz Ros, Hettie Scholtz
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Geintegreerde Taalteks Graad Afrikaans Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat hedendaagse leer- en onderrigmateriaal vir die van julle wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal aanleer. Boonop word taalleerstof op 'n boeiende en dikwels prettige manier met die van verskeie ander vakke geintegreer om julle ervaringswereld te verryk en uit te brei. Wanneer assessering ter sprake kom, val die klem op die inhoud en vaardighede van Afrikaans as vak en word jy deel van 'n proses wat jou in staat stel om op hoogte van jou eie vordering en prestasie te bly. Die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede in Piekfyn Afrikaans word deeglik vervat in 'n wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite. Jy word deurlopend blootgestel aan luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, terwyl jy terselfdertyd die vermoe ontwikkel om Afrikaans funksioneel, kreatief en speels te gebruik en te skep. Vir eksamenvoorbereiding is daar 'n piekfyn Taalgids en Letterkundegids agter in jou boek. Geniet hierdie piekfyn leerervaring!

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporere leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met die van verskeie ander vakke geintegreer wat jou ervaringswereld sal verryk en jou deeglik vir Graad 12 sal voorberei. Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids gaan jou voorbereiding vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: vir begrip en pure genot interessante tekste lees; in verskillende sosiale situasies kommunikeer; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik; heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf volgens die stappe van prosesskryf. Maar dis nie al nie . . . Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy weer na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! “Mandelarylaan se stories” is ’n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure. Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!

Onderwęreld (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Onderwęreld (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R189 R163 Discovery Miles 1 630 Save R26 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Sanlamprys vir jeuglektuur 2008: silwer ’n Spannende jeugspeurverhaal wat in die onderwęreld van kuberkrakers afspeel, deur ’n veelbekroonde skrywer. Greg Owen is die hoofseun by Lawson Kollege, waar Eckardt in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen hulle. Eckardt is ’n bedrewe rekenaarkraker en lei Greg in die geheime van dié onderwęreld in. Onwillekeurig word hy in ’n gevaarlike avontuur ingetrek. Wanneer Ekhardt skielik verdwyn, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

Die Wonderwereld Van 9 Book Pack: Jaco Jacobs & Fanie Viljoen Die Wonderwereld Van 9 Book Pack
Jaco Jacobs & Fanie Viljoen
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R810 R736 Discovery Miles 7 360 Save R74 (9%) Ships in 7 - 10 working days

Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike węreld te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Maak van naderby kennis met die indrukwekkendste diere in Afrika – en ontmoet die Klein Vyf, wat net so indrukwekkend en interessant is

Laaste Lewe (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Laaste Lewe (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Daniel Hugo
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Een van die eerste grafiese romans vir tieners in Afrikaans.

Hierdie epiese grafiese roman is gebaseer op Fanie Viljoen se roman The Last Time I Died wat in 2016 deur Ransom Publishing gepubliseer is. Die Swart Kraai het Sam se pa doodgemaak, en nou het hy Sam doodgemaak. Sam is egter nie dood nie. Die dood was die sesde van sy sewe lewens, en nou het hy nog een oorblywende lewe - om terug te kom en Die Swart Kraai dood te maak.

Die meesterlik kreatiewe Daniël Hugo het hierdie boek geďllustreer en lesers met 'n voorliefde vir die kuns van grafiese romans en strokiesprente sal weggeblaas word deur die besondere details van die illustrasies op elke bladsy.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R336 R269 Discovery Miles 2 690
Gucci Guilty After Shave Lotion Pour…
R1,238 R1,020 Discovery Miles 10 200
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R336 R269 Discovery Miles 2 690
Bantex PP Economy Folder (A4)(Orange)
R6 Discovery Miles 60
Underwater
Kristen Stewart, Vincent Cassel, … DVD R160 R30 Discovery Miles 300
Western Digital Green 2.5" Solid State…
R899 R656 Discovery Miles 6 560
Oral-B® Vitality Precision Clean…
R549 Discovery Miles 5 490
Swiss Mobile Gear Gellihug Switch Shell…
R199 Discovery Miles 1 990
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R336 R269 Discovery Miles 2 690
Funko Mystery Mini Box - Incredibles 2…
R149 R92 Discovery Miles 920

 

Partners