![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 12 of 12 matches in All departments
Daniël met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde en toewyding van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige en opregte, sy wat so begeer dat haar man net moet sê hy het haar lief ... Dit is twee jaar voor die Anglo-Boereoorlog uitbreek. Daar egter ook konflik aan die oplaai in die betrokke families: tussen broer en broer, man en vrou, minnares en minnaar, kind en ouer. Soos vandag, was die mens se ergste stryd meer as ’n eeu gelede ook nie teen vlees en bloed nie maar teen die magte van geldgierigheid, geweld, wraak, magsug en eerloosheid. Versoening tussen broers en nasies – wat die mens meesal uitstel tot dit te laat is – is die grootste genade. Daarom bly die vrede en liefde hom ontwyk. Op daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, weet geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie net dit: God sal sy kinders seën, hulle wat naby Hom bly.
Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die wereld bring. Al waarop sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen dan pak die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam nie: Genesing begin by ’n weggooikind en ’n gekneusde veldblom.
Kan jy jou rug op jou verlede draai, jou foute vergeet en nuut begin? Of leef jy vir die res van jou lewe onder die wolk van verhoudings wat skeefgeloop het en verbintenisse wat jy nie kan verbreek nie? Die gevolge van verkeerde keuses is vernederend en vernietigend. Dit slaan jou tot jy omval. Maar God is ’n God van tweede kanse; Hy help jou op en stuur jou na die plek waar jy eens gelukkig was, na mense wat jou onvoorwaardelik liefhet. Die opvolg op Papierblomme.
In Alinda se lampie werk Alinda al lank in Saoedi-Arabië, en van ’n prins op ’n Arabier-perd is daar geen sprake nie. Haar lewe is vervelig . . . tot sy ’n Aladdin-lampie koop. 'In Narkose vir die hart maak die Walskoning, dr. Franz Strauss, se blou oë dr. Saranie du Plessis week. Net jammer dat die draak Glenda Olckers reeds haar kloue in hom geslaan het . . .
Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg… Janine was klein toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet. Sy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar ken. Haar kans kom toe Greg Walker die Engelsklas oorneem. Met drome in haar oë is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe maak.
In Liefde met gevoel sit laerskoolonderwyser Magriet in ’n penarie. Sy’t gedink Walter is die een, maar na ’n seevakansie by sy ouerhuis, is dit duidelik dat hulle nie vir mekaar bedoel is nie. Maar hoe raak sy van hom ontslae? Boonop moet Magriet weens ’n besering fisioterapie kry. Haar terapeut, Pierre, is die mooiste man wat sy nog ooit gesien het. Paulie Hopkins moet haar doktorsgraad afhandel in Veldpad van verlange. Daar lê vir haar drie weke se veldwerk op ’n plaas in die Vrystaat voor. Haar verloofde, Lüther, gaan saam, al is hy nie juis ’n buitelugman nie. Maar gelukkig is haar assistent die bekwame Andreas Bergh. Natika, sy modelmeisie, voltooi die span veldwerkers oor wie Paulie ernstige bedenkinge het. Soos sy verwag het, is daar van die eerste dag af haakplekke.
Want liefde maak lig is die boeiende verhaal van die 35-jarige Isabelle Karsten wat met ’n swak selfbeeld worstel weens haar gewig. Sy is die persoonlike assistent van senior advokaat Johann Steyl. Toe sy seun, Johann junior, uit Amerika terugkeer, bedank sy en kry ’n ander pos by ’n kerk. Daar ontmoet sy die jeugpredikant, Adam Wiese, wat haar begin uitneem. Sy wend ook 'n daadwerklike poging aan om gewig te verloor deur vir 'n paar maande by 'n spa in te boek. In Liefde weeg die swaarste is Isa baie verlief op die jong predikant Adam. Tog twyfel sy oor hom. Uit nood begin sy bid, maar besef dat haar geloofslewe te kort skiet. Isa ondergaan ’n metamorfose, maar moet stry met haar ou gevoelens vir Johann Steyl, wat intussen by haar begin aanlê het. In Liefde maak heel leer Isa dat sy net bevry kan word as sy God se geskenk vir die mensdom na waarde ag toe Hy besluit het om sy Seun vir haar sondes te gee. Kos was altyd haar pynstiller en vandat sy dit nie meer het nie, gryp sy na ander verdowingsmiddels soos inkopies en dobbel. In die proses lei sy ’n dubbele lewe. Gaan Isa haar diepste seer bly wegsteek of die moeilike proses aanpak om jare lange verwerping te verwerk?
Ná ’n aanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familieplaas en trek stad toe. Eers gaan dit goed, maar die een ramp na die ander tref Altus se besigheid. Hy raak toenemend gespanne en onttrek hom van haar en hul seuns. Uiteindelik speel Altus oop kaarte met Tessa. Die balju slaan toe en Tessa en die seuns staan alleen. Hulp kom van haar vriendin en die gemeente af. Tessa kry egter 'n groot skok toe sy teruggaan om vir laas deur haar huis te loop.
Aimee vlug na ’n kunstenaarsdorpie in Liefde is ’n Franse sprokie. Vlug sy omdat sy wil wegkruip of omdat sy op soek is na iets wat sy verloor het? Marissa en Theo moet ’n aantal uitdagings oorkom in Tot die dood ons skei. Sal die lewe eenvoudiger wees as hul paaie eerder skei? Adria werk in ’n manswêreld in Wilde rose, en sy gaan nie toelaat dat enigiets haar van stryk bring nie. Die liefde vat egter sy eie koers.
Toe Daniel Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Anna is van kleins af verlief op Daniel en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van ’n boervrou op ’n afgelee Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniel haar net so volkome liefhet soos sy vir hom.
Ragel Naude het naam gemaak as kunstenares, maar sy werk nie meer nie. Sy is nog lief vir haar man, sy het hom nodig, maar kan nie na hom uitreik nie. Sy is depressief en getraumatiseer na die dood van hul kleuterseuntjie. Sy stry teen God, niks maak meer saak nie, behalwe die herinnering aan sy kort lewetjie. Sy en Stephan dryf uitmekaar, Tienie, wat soos 'n moeder vir haar is, kan nie meer tot haar deurdring nie, ook nie haar beste vriendin, Anke nie. Sy lig nie meer 'n potlood of 'n kwas op nie, sy maak nie huis skoon nie, sy gaan nie meer haarkapper toe of winkels toe nie, sy versorg haarself nie meer nie. Maar sy word gedwing om tandarts toe te gaan en daar in die spreekkamer waar sy die eerste keer in maande tussen ander mense sit en luister na hulle gesprekke, besef sy dat sy iets moet doen aan haar willose bestaan. Terug by die huis vat sy hier en daar en gooi goed in tasse en bokse, laai haar kar vol en kies koers sonder om vir iemand te se dat sy weggaan. Vir haar man los sy ’n briefie dat hy haar nie moet soek nie, want sy is weg om haarself te gaan soek. Ragel beland op ’n klein dorpie waar sy met erger verdriet as haar eie te doen kry. Sy ontmoet ’n vrou wie se dogtertjie verkrag en vermoor is en wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Geleidelik leer die twee vroue wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos.
Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Sy vertolk hierdie belofte letterlik en verlaat die skool. Marta verwerf 'n diploma in haarkappery en begin 'n haarsalon in haar tuisdorp, sodat sy haar ma kan versorg. Mettertyd kring haar dienslewering wyer uit: na die ouetehuis in Lambertsbaai en werk by die kerk. Sy en haar Ma het 'n roetine van Bybellees en bid in die aand, maar dis net nog 'n plig en hul gebede steek vas by afgerammelde rympies. Sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie. Eendag word dit alles te veel vir haar - die dag toe haar blinde bewondering vir Deon Swanepoel haar in groot verleentheid bring. Dit is Marta se verhaal en hoe sy uit 'n web van pligpleging, onderdrukking, skewe waardes en onmoontlike drome bevry word. Hierdie treffende verhaal van onvervulde drome, leë werke en liefdelose pligplegings wat geen bevrediging bring nie, maar net hartseer en verwyte, wys dat alles omgedraai kan word wanneer mense tyd maak vir Jesus. Deur sy vergifnis en sy liefde te aanvaar, kan jy met dankbaarheid die toekoms tegemoet gaan.
|
![]() ![]() You may like...
|