0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R0 - R50 (20)
  • R50 - R100 (19)
  • R100 - R250 (97)
  • R250 - R500 (4)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 141 matches in All departments

Oupa Zombie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Oupa Zombie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R225 R186 Discovery Miles 1 860 Save R39 (17%) View more sellers In stock

Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reisprogramme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor …

BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hÍ. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om die Zambia en Egipte te siene kry!

Met Jacobs se sonderlinge kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van gesins- en ander verhoudinge, is dit nie moeilik om te verstaan waarom hy die topverkoperkinderboekskrywer in Suid-Afrika is nie.

Minki Se Pajamapartytjie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Tumi K. Steyn Minki Se Pajamapartytjie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Tumi K. Steyn
R120 R99 Discovery Miles 990 Save R21 (18%) Ships in 5 - 10 working days

Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piŮata wat Natalie self gemaak het.

Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piŮata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop! Gelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …

Minki In Die Middel (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Minki In Die Middel (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Tumi K. Steyn
R120 R99 Discovery Miles 990 Save R21 (18%) Ships in 5 - 10 working days

Minki het twee beste maats - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek. Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in.

Minki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar dis is net een probleem … die perdrykompetisie en die danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van ’n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?

Waldo En Die Draak Met Die Groen Tong (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Gwendolene Van Der Merwe Waldo En Die Draak Met Die Groen Tong (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Gwendolene Van Der Merwe
R140 R105 Discovery Miles 1 050 Save R35 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur?

Waldo en Connie is warm op die spoor van ’n inbreker. ’n Kosbare voorwerp word uit ’n antiekwinkel gesteel. Kan Waldo sy geheimsinnige nuwe talent gebruik om dit te probeer terugkry? Kort voor lank is hy en Connie deel van ’n holderstebolder-avontuur – en hulle ontdek ’n eeue oue geheim wat ten alle koste bewaar moet word …

Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie En Ander Skaterlagrympies (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie En Ander Skaterlagrympies (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Robert Dersley
R170 R141 Discovery Miles 1 410 Save R29 (17%) Ships in 5 - 10 working days

Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
Kan jy die alfabet van A tot Z burp?
Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?
Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?
Wat is die moeilikste vraag op aarde?

Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee. Briljant vir eisteddfods!

Moenie Die Melk Vergeet Nie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Moenie Die Melk Vergeet Nie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Yoyo Prins
R140 R100 Discovery Miles 1 000 Save R40 (29%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Mamma stuur vir Mila en Pappa winkel toe om melk te gaan koop. Wat gewoonlik ’n vervelige en voorspelbare uitstappie is, word ’n onvergeetlike avontuur. Hulle ry op ’n eenhoring, vlieg in ’n ruimtetuig, koop kos vir Mila se troeteldraak koop en kom soos wafferse superhelde tot die redding toe ’n reuse-toring blikkieskos amper omval. Daar is net een probleem – hulle het sowaar die melk vergeet!

Ons Is Een (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli Ons Is Een (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli; Illustrated by Zinelda McDonald; Translated by Jaco Jacobs
R140 R100 Discovery Miles 1 000 Save R40 (29%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Ek en jy lyk dalk verskillend,
ons klink verskillend,
ons bly op verskillende plekke
en ons eet verskillende kos,
maar wanneer ek in jou oŽ kyk,
sien ek myself.
 
’n Warm, vertroostende boek oor vriendskap en ubuntu wat beide ons ooreenkomste en verskille vier.

Die boek is ook beskikbaar in Isizulu en Engels.

Waldo En Die Weerwolf Met Die Rooi Tekkies (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Waldo En Die Weerwolf Met Die Rooi Tekkies (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Gwendolene Van Der Merwe
R140 R105 Discovery Miles 1 050 Save R35 (25%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Wat sluip daar in die maanlig rond?

Waldo en Connie bly in dieselfde woonstelblok – en hulle krap behoorlik kop. Oral in hulle buurt verskyn plakkate en pamflette oor vermiste troeteldiere. En boonop is daar iets vreemds met Waldo aan die gang … hy sien helder oordag dinge wat nie bestaan nie! ’n Nat, slymerige bol hare lei Waldo en Connie op die spoor van ’n onvergeetlike (en gevaarlike) avontuur – een wat jou sal laat tjank van lekkerkry!

Zack Is Back! Omnibus (3-In-1) (Paperback): Jaco Jacobs Zack Is Back! Omnibus (3-In-1) (Paperback)
Jaco Jacobs
R185 R153 Discovery Miles 1 530 Save R32 (17%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Zucchini Street is a street just like any other street. Okay, maybe not quite. After all, it's the street where Zack Berry lives.

And whether he's hunting ghosts, making plans to become his neighbourhood's superhero or playing rugby- wherever Zack is, there's always loads of fun adventure and mischief!

Three fantastic funny stories in one book !

This book includes the following stories:

  • The Masked Green Mamba
  • The Spooky Story
  • The Miserable Match
Die Knorrige Kwevoel (Afrikaans, Hardcover): Julia Donaldson Die Knorrige Kwevoel (Afrikaans, Hardcover)
Julia Donaldson; Illustrated by Catherine Rayner; Translated by Jaco Jacobs
R143 Discovery Miles 1 430 View more sellers Ships in 10 - 15 working days
Grandpa Zombie (Paperback): Jaco Jacobs Grandpa Zombie (Paperback)
Jaco Jacobs
R225 R186 Discovery Miles 1 860 Save R39 (17%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Alex’s grandpa has grey hair and false teeth and he loves watching travel shows on television. But then he suddenly develops an interest in … BRAIIINNNSSS!

Grandpa is turning into a zombie and if Alex wants to rescue him before the Zombie Squad shows up, he’ll need to come up with a plan (and heaps of broccoli). Their travels to find a cure takes them across Africa – from Zambia to Egypt – and along the way they meet a range of interesting and wonderful characters.

Top selling children’s books author Jacobs uses his characteristic combination of humour and the compassionate portrayal of relationships between family and friends to create yet another bestseller in the making.

Nimmermeer (Afrikaans, Paperback): Jessica Townsend Nimmermeer (Afrikaans, Paperback)
Jessica Townsend; Translated by Jaco Jacobs
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

'n Asemrowende en bekoorlike nuwe reeks oor 'n vervloekte meisie wat die dood vryspring en haarself in 'n toweragtige nuwe wÍreld bevind, maar dan meer beproef word as wat sy in haar wildste drome sou kon glo . . .

Morrigan Crow is vervloek. Bestem om op haar elfde verjaardag te sterf. Maar toe die klok middernag slaan, word sy deur ’n merkwaardige man genaamd Jupiter Noord weggevoer na die geheime stad Nimmermeer. Daar word sy genooi om by die Wondergenootskap aan te sluit. ’n Lewe vol misterie en towerkrag wag op haar – mits sy vier onmoontlike proewe kan baasraak, met behulp van ’n uitsonderlike talent. ’n Talent waaroor sy nie beskik nie . . .

Hierdie wonderlike vertaling deur die meesterlike Jaco Jacobs, bring hierdie sensasionele internasionale treffer nou ook na 'n Afrikaanse gehoor!

Zack Attack! Omnibus (3-In-1) (Paperback): Jaco Jacobs Zack Attack! Omnibus (3-In-1) (Paperback)
Jaco Jacobs
R185 R153 Discovery Miles 1 530 Save R32 (17%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Zucchini Street is a street just like any other street. Okay, maybe not quite. After all, it’s the street where Zack Berry lives.

And whether he’s doing marvelous magic tricks, starting his own newspaper or making desperate plans to get out of the school play – wherever Zack is, there’s always loads of fun, adventure and mischief!

Three fantastic, funny stories in one book!

This book includes the following stories:

  • The Magnificent Magic Trick
  • The (Almost) Incredibly Awesome Idea
  • The Dreadfully Disgusting Kiss
Die Wonderwereld Van 9 Book Pack: Jaco Jacobs & Fanie Viljoen Die Wonderwereld Van 9 Book Pack
Jaco Jacobs & Fanie Viljoen
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R810 R736 Discovery Miles 7 360 Save R74 (9%) Ships in 7 - 10 working days

Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wÍreld te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Maak van naderby kennis met die indrukwekkendste diere in Afrika – en ontmoet die Klein Vyf, wat net so indrukwekkend en interessant is

Kan 'n Walvis Winde Los? - En Ander Gruwelike En Grillerige Vrae oor Diere (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Kan 'n Walvis Winde Los? - En Ander Gruwelike En Grillerige Vrae oor Diere (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Zinelda McDonald
R135 R116 Discovery Miles 1 160 Save R19 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Feite wat jou sal laat RIL en GRIL ... Eeuw! Jig! Sies! Bleg! Dis WALGLIK - maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU - hierdie boek is propvol dierefeite wat jou kan NAAR MAAK! Watter oulike dierebabas eet hul ma se poef? Kan 'n gorilla puisies kry? Wat laat miere in zombies verander? Wat is 'n snotvis? Watter voŽltjie los winde om sy prooi te vang? Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!

Sokkerdrome 1: Afskop (Afrikaans, Paperback): John Hickman Sokkerdrome 1: Afskop (Afrikaans, Paperback)
John Hickman; Translated by Jaco Jacobs
R125 R108 Discovery Miles 1 080 Save R17 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Mik vir die doelhok ...

Jason is ’n goeie sokkerspeler ... ’n baie goeie sokkerspeler.

Wanneer ’n talentsoeker van Orlando Pirates hom in die park sien speel blyk dit asof hy dalk net die kans gegun sal word om dit uit sy woonstelblok tot in die premierliga te maak.

Maar die ander seuns speel al van kleins af saam en Jason is nie seker of hy ooit sal kan inpas nie – en of hy sy vurige humeur sal kan beheer nie.

Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het.

Die ouderdoms-gepaste storie staan lesers by in leesoefeninge en om hul taal te verbeter.

101 Nagmerries (Afrikaans, Hardcover): Jaco Jacobs 101 Nagmerries (Afrikaans, Hardcover)
Jaco Jacobs; Illustrated by Imile Wepener
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Kom ontmoet die monsters onder jou bed ... Spoke. Vampiere. Weerwolwe. Monsters. Wesens uit die buitenste ruimte. Hierdie briljante bibberboek bevat 101 stories, rympies en strokiesverhale wat jou hare sal laat regop staan, jou yskoue rillings sal gee – en jou tone sal laat omkrul van lekkerkry

Sasha Word Stil (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Sasha Word Stil (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Angela Banks
R145 R125 Discovery Miles 1 250 Save R20 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Waarom is Sasha vandag so stil? Sy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En ’n wonderlike plan begin in haar kop broei.

Prettige Feite: Weer en die Seisoene (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Prettige Feite: Weer en die Seisoene (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R130 R112 Discovery Miles 1 120 Save R18 (14%) View more sellers Ships in 13 - 17 working days

Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters! Ontdek wat alles in die lug aangaan in Prettige feite: Weer en die seisoene. Hierdie boek is propvol feite en aktiwiteite wat dit die perfekte boek vir alle weerstoestande maak! Lesers kan uitvind hoe sneeuvlokkies vorm, waarom dit reŽn en waarom daar soms 'n reŽnboog in die lug verskyn. Daar is selfs prettige aktiwiteite om te voltooi: soos hoe om 'n reŽnwolk in 'n bottel te maak en hoe om 'n windwyser te maak wat sal wys watter kant toe die wind waai. Hierdie boek is deel van die hoogs versamelbare Prettige Feite-reeks, wat spesiaal ontwikkel is vir kinders 5 jaar en ouer. Die reeks is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite. Jong lesers leer meer oor 'n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer! Hierdie boek is die nuutste titel in die Prettige Feite reeks. Vorige titels sluit in Plaasdiere, Wonders van die woud, Goggas, Haaie en Van my kop tot my tone.

Wo(o)rdslim 2 - Nog Prettige Woordspeletjies Vir Kinders! (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Wo(o)rdslim 2 - Nog Prettige Woordspeletjies Vir Kinders! (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R90 R78 Discovery Miles 780 Save R12 (13%) Ships in 13 - 17 working days

Nog meer prettige woordspeletjies vir kinders!

Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek!

Na die sukses van Wo(o)rdslim bevat hierdie tweede boek 56 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak.

Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!

Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:

  • Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid temas.
  • Woordsoekblokke
  • Spelspeletjies
  • Letterblokke
  • Kriptogramme en ander briljante breinboelies

Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp.

Volledige oplossings agter in die boek.
101 Gogga Grappe (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs 101 Gogga Grappe (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Compiled by Jaco Jacobs
R40 R35 Discovery Miles 350 Save R5 (13%) View more sellers Ships in 13 - 17 working days

Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lÍ van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en 'n klomp lekker spokerige grappe! Hoekom wou die hond nie tennis speel nie? Hy was 'n bokser. Het jy gehoor van die hokkiespan wat so opgewonde was omdat hulle vyfuur die oggend moes oefen? Toemaar, ek ook nie. Watter soort kryt maak 'n mens pimpel en pers? 'n Stoeikryt. Waar boer spoke? In begraafplase. Wat eet vegetariese vampiere?

Nek-tariens en bloedlemoene Daar is nou vier splinternuwe lekkerlag-titels in die reeks:

- 101 Sportgrappe

- 101 Vakansiegrappe

- 101 Spookgrappe

101 Goggagrappe Vorige titels in die reeks:

- 101 Dieregrappe

- 101 Klop-klop-grappe

- 101 Lawwe grappe

- 101 Grappe vir pousetyd

Oupa Se Medalje (Afrikaans, Paperback): Phil Earle Oupa Se Medalje (Afrikaans, Paperback)
Phil Earle; Illustrated by Sarah Horne; Translated by Jaco Jacobs
R120 R103 Discovery Miles 1 030 Save R17 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Marko se oupa is die dapperste mens wat hy ken – hy het selfs ’n medalje om dit te bewys! Saam gaan hulle op allerhande avonture soos ruimtereise en wilde jagtogte – sonder om eers die huis te verlaat! Maar toe Oupa alleen op sy laaste avontuur moet gaan is dit Marko se beurt om dapper te wees. Maar Oupa het vir hom ’n baie spesiale verrassing agtergelaat … Hierdie boek vir beginnerlesers is ’n aangrypende verhaal oor liefde en verlies.

Groot TreŽ: Ons gaan Dokter toe (Afrikaans, Board book): Jaco Jacobs Groot TreŽ: Ons gaan Dokter toe (Afrikaans, Board book)
Jaco Jacobs
R145 R125 Discovery Miles 1 250 Save R20 (14%) View more sellers Ships in 13 - 17 working days

Neem groot treŽ met alledaagse dinge in hierdie prettige reeks vir kleuters!

Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op 'n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes! Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met 'n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is.

Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:

Ek wil nie slaap nie

Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bÍre saam sy speelgoed, bad, lees 'n storie en sing 'n liedjie!

Klaar met doeke

Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle.

Ek gaan kleuterskool toe

Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai - maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oŽ kan uitvee is Pappa al terug.

Ons kry 'n baba

Nancy kry 'n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie!

Ons gaan dokter toe

Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen 'n inspuiting kry!

Kan jy asseblief sÍ?

Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hÍ.

Die Koning Se Paddaboudjies En Ander Sprokies (Afrikaans, Paperback): Janneke Schoveld Die Koning Se Paddaboudjies En Ander Sprokies (Afrikaans, Paperback)
Janneke Schoveld; Translated by Jaco Jacobs
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) View more sellers Ships in 13 - 17 working days

Hierdie moderne sprokiesboek bevat 15 moderne sprokies deur topskrywer Janneke Schotveld. Hierdie verhale handel onder andere oor die kleine Oek, wat dapper genoeg is om die bos binne te gaan waar 'n gevaarlike reus woon. Oor die ridder wat besluit om die prins van haar drome uit die kasteel van sy ouers te bevry. Oor die heks, Hettie, wat 'n besem kry vir haar verjaardag, maar nie durf vlieg nie. Oor prinses Lupine wat haar bruidegom uit sewehonderd prins moet kies, maar geen skoenlappers in haar maag voel met een van hulle nie. En oor die koning wat daarvan hou om paddaboudjies te eet - totdat hy self skielik in 'n padda verander.

Die koning se paddaboudjies is 'n bundel geestige en roerende sprokies wat net effens van die tradisionele sprokiesresep afwyk. Met elke verhaal is daar pragtige tekeninge van 'n ander top-illustreerder, waaronder Martijn van der Linden, Thť Tjong-Khing, Linde Faas, Milja Praagman en Annet Schaap.

Groot TreŽ: Ons kry 'n Baba (Afrikaans, Board book): Jaco Jacobs Groot TreŽ: Ons kry 'n Baba (Afrikaans, Board book)
Jaco Jacobs
R145 R125 Discovery Miles 1 250 Save R20 (14%) View more sellers Ships in 13 - 17 working days

Neem groot treŽ met alledaagse dinge in hierdie prettige reeks vir kleuters!

Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op 'n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes! Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met 'n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is.

Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:

Ek wil nie slaap nie

Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bÍre saam sy speelgoed, bad, lees 'n storie en sing 'n liedjie!

Klaar met doeke

Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle.

Ek gaan kleuterskool toe

Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai - maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oŽ kan uitvee is Pappa al terug.

Ons kry 'n baba

Nancy kry 'n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie!

Ons gaan dokter toe

Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen 'n inspuiting kry!

Kan jy asseblief sÍ?

Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hÍ.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Sony NEW Playstation Dualshock 4 v2…
 (3)
R1,299 R889 Discovery Miles 8 890
STEM Activity: Sensational Science
Steph Clarkson Paperback  (2)
R216 R140 Discovery Miles 1 400
Sweetener
Ariana Grande CD  (2)
R132 Discovery Miles 1 320
415 Action-Packed Neighbourhood…
Basil O'Hagan Paperback R209 Discovery Miles 2 090
Fine Living Booster Car Seat - Black
 (11)
R399 R299 Discovery Miles 2 990
Wonky Donkey Bag of Books
Craig Smith Paperback  (4)
R399 R249 Discovery Miles 2 490
Angelcare On-the-Go Dispenser
 (2)
R141 R113 Discovery Miles 1 130
FIFA 21
 (2)
R1,299 R989 Discovery Miles 9 890
Xiaomi Mi TV Stick - Portable Streaming…
 (9)
R899 R699 Discovery Miles 6 990
Resistance Is Futile
Manic Street Preachers CD  (2)
R76 Discovery Miles 760

 

Partners