0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R100 - R250 (3)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All departments

Los Gedagtes (Afrikaans, Paperback): Jeanne Goosen Los Gedagtes (Afrikaans, Paperback)
Jeanne Goosen
R115 Discovery Miles 1 150 Ships in 10 - 15 working days

Met die deurlees van Jeanne Goosen se notaboeke, dagboeke, flardes en uitknipsels verskyn 'n verrassing! Die skrywer het deurentyd los gedagtes neergepen - nie net 'n paar nie, maar honderde gedagtes, te kosbaar om verlore te gaan: sêgoed, insigte, waarnemings, aforismes, mymerings . . . alles dáár, om oplaas in boekvorm met haar lesers gedeel te word.

Die aantekeninge weerspieël die merkwaardige intellektuele aktiwiteit van 'n denker-kunstenaar. Sy bemoei haar intens met letterkundige, filosofiese, politiese, wetenskaplike, sielkundige insae en bevindings wat sy soms ernstig, soms satiries en soms ook kru verwoord. Die versameling is spesifiek nie volgens onderwerp geklassifiseer nie, maar lukraak soos die losstaande aantekeninge opeenvolgend gevind is. Daar is ook nie geredigeer om taalgebruik te verbeter nie. Jeanne Goosen praat hier in haar eie, unieke stem.

Voorbeelde:

  • Feite steur hulle nie aan sielkunde nie.
  • Ek moet probeer om nuwe foute te maak.
  • Date rape. Dit klink soos 'n nagereg.
  • Jy kan nie 'n held wees met R100 'n maand vir groceries nie.
  • 'n Jakkals is 'n wolf wat blomme stuur.
  • As julle trou, word julle een. Watter een?
  • Moenie steel nie, die regering hou nie van kompetisie nie.
  • Moet nooit 'n geskenk aanvaar wat eet nie.
Louoond (Afrikaans, Paperback): Jeanne Goosen Louoond (Afrikaans, Paperback)
Jeanne Goosen 1
R170 R143 Discovery Miles 1 430 Save R27 (16%) Ships in 10 - 15 working days

In 1987 tref Jeanne Goosen se kontroversiële en vernuwende novelle Louoond die Afrikaanse prosarakke. Die verteller probeer in haar kombuis sin maak van die chaos rondom haar. Resensente loof dit as ’n veelvlakkige verhaal waarin problematieke temas met skerpsinnigheid en humor aangebied word.

Die vrou in ’n manlik oorheerste samelewing, Suid-Afrika se politieke bestel, religie en skrywerskap kom aan die bod.

André P. Brink bestempel Louoond as ’n “indrukwekkende prestasie waarmee Jeanne Goosen opnuut getoon het watter meesterlike prosateur sy is”. Sedert Louoond se verskyning lyk die Suid-Afrikaanse samelewing heelwat anders. Juis daarom is ’n herlees en herwaardering van Louoond so interessant.

'n Pawpaw Vir My Darling (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jeanne Goosen 'n Pawpaw Vir My Darling (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jeanne Goosen
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die rand val en Damnville se honde is op No Name Brand. Solly Kramer's lewer nie meer af nie en die gholfbolposbus is vol rekenings. Mabeline Beeslaer is geretrench en soek vergetelheid in 'n Loslyf op die stoep. Mignon, die Woterkloofpoedel, word deur die noodlot in Frik du Preezstraat uitgespoeg en word deel van die bestaanstryd van betaaldag tot betaaldag. Maar dan kom Tango du Toit met sy wit suit en laat die mense weer van voor af droom en hoop.

Ons Is Nie Almal So Nie (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Jeanne Goosen Ons Is Nie Almal So Nie (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Jeanne Goosen
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Wat het 'n mooi Afrikanervrou in die 1950's gedoen as die lewe begin druk? As haar man 'n verbitterde Ben Schoeman-man is wat moet aansukkel met 'n asmapompie en haar pa 'n kommunis en Katoliek agter elke bos raaksien? As die enigste afleiding die jaarlikse ATKV-konsert op Hartenbos is? Veral as haar doodgoeie bure skielik aangese word om te trek? Deur die oe van 'n kind vertel Jeanne Goosen hoe Doris van Greunen van die wereld probeer ontsnap: in die bioskoop, met haar Cavallas, met vriende soos Ant Mavis, Uncle Tank – en met Barnie, die swank.

Het Jy Geweet Ek Kan Toor (Afrikaans, Paperback): Jeanne Goosen Het Jy Geweet Ek Kan Toor (Afrikaans, Paperback)
Jeanne Goosen
R124 Discovery Miles 1 240 View more sellers Ships in 10 - 15 working days

Die opspraakwekkende nuwe bundel met meer as 100 voorheen ongepubliseerde gedigte van Jeanne Goosen is vuurwarm op die rak. Die gedigte is deur die uitgewer en redakteur Petrovna Metelerkamp tussen Jeanne se dokumente ontdek toe sy navorsing gedoen het vir haar biografie oor Jeanne, Jeanne Goosen - 'n Lewe vol sinne.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Team Football Backpack…
R595 R525 Discovery Miles 5 250
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R325 R274 Discovery Miles 2 740
STEM Activity: Sensational Science
Steph Clarkson Paperback  (4)
R209 R150 Discovery Miles 1 500
Transcend 4GB DDR4 2666MHZ SO-DIMM
R576 R507 Discovery Miles 5 070
Similac® Isomil Soy-Protein Based Infant…
R280 Discovery Miles 2 800
Lucky Plastic Double Sided Thin-Toothed…
R19 Discovery Miles 190
Jeronimo Kaibibi Mermaid Doll (Supplied…
 (3)
R229 R89 Discovery Miles 890
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R325 R274 Discovery Miles 2 740
Vitatech Zinc Complex (30 Tablets)
R69 Discovery Miles 690
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R325 R274 Discovery Miles 2 740

 

Partners