0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (7)
  • R250 - R500 (1)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 10 of 10 matches in All Departments

Die Pro (Paperback, Film-Uitgawe): Leon De Villiers Die Pro (Paperback, Film-Uitgawe)
Leon De Villiers
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Ships in 7 - 11 work days

Sanlambeginnersprys (1997)

Scheepersprys vir jeuglektuur (1998)

M.E.R.-prys (1998)

’n Aangrypende verhaal oor vriendskap, verlies en die demone wat tieners moet takel in die proses van grootword, geskryf in die taal van vandag se tiener. Die hoofkarakter is ’n 16-jarige seun wat versot is op branderplankry, ’n karakter met wie tieners, en veral seuns, maklik sal kan identifiseer. Nou ook 'n rolprent met Ballade vir 'n Enkeling se gewilde Edwin van der Walt in die leidende rol in die rolverdeling van jong akteurs.

Vat 5! (5-In-1) - 'n Versameling Van Vyf Van Die Coolste Prenteboeke Vol Mossieneste, Krullebolle En Parmantige Haasmoles... Vat 5! (5-In-1) - 'n Versameling Van Vyf Van Die Coolste Prenteboeke Vol Mossieneste, Krullebolle En Parmantige Haasmoles (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Maja Sereda, Leon De Villiers, Alzette Prins, Marita Van Der Vyver, …
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 work days

Hierdie 5-in-1 versamelbundel bestaan uit vyf geillustreerde stories van vyf baie bekende skrywers. Die bundel sluit die volgende bekende en geliefde stories in:

Haasmoles - Jaco Jacobs & Maja Sereda
Simon is verveeld. Dit reŽn al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed … en nog twee … en nog twee … Dis weer HAASMOLES!

Parmant - Leon de Villiers & Alzette Prins
Parmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy keel kielie, Vlakvark wil sy magie krap en Jakkals wil oor sy skubbe streel. “Nee!” sÍ Parmant elke keer: “Dit is my lyfie en ek sÍ: nee, nee, nee!” Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die diere so op hulle plek sit.

Die coolste ouma op aarde - Marita van der Vyver & Zinelda McDonald
Is jou ouma so cool soos myne? Ontmoet ’n paar fantastiese oumas… Party oumas hou van rockmusiek of kan jou leer boomblim. Ander oumas laat jou die lepel aflek as hulle koek bak of kan seerplekke beter soen. Maar een ding is seker: ’n Regte, egte ouma is altyd hope pret!

Karla Krullebol - Theresa van Baalen & Chris Venter
Karla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haarbos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks …

Prinses Mossienes - Wendy Maartens & Alida Bothma
Vandat die mossies onder die stoepdak nesmaak, sit Dina elke dag vir hulle en kyk. Sy het die mossies nog nooit sien stry nie. Maar Mamma en Pappa stry deesdae aanmekaar. Daarom steek Dina vere in haar hare en sit ’n kroon op haar kop. Dan is sy nie meer Dina nie. Sy is Prinses Mossienes. En sy vlieg na ’n plek waar alles beter is … ’n Sensitiewe, verbeeldingryke verhaal oor wat gebeur wanneer ouers skei. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers om die trauma van ’n egskeiding te hanteer.

Maroelaboomstories (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Maroelaboomstories (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Lutz
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 work days

Herleef ou gunstelinge uit die maroelaboom

Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunsteling slaapboom. Almal klim en klouter op soek na die gemaklikste slaapplek.

Die klein bobbejaantjies wil eers gou nog gryp-en-knyp speel, maar die groot bobbejane raas kwaai.

Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het?

Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou!

Hierdie heruitgawe van Leon de Villiers se oorsponklike diereverhale is deur die talentvolle kunstenaar Linki Lutz geÔllustreer.

Wetenskap Vyte (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Wetenskap Vyte (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Brand
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 work days

’n Vyte-boek vir almal.

Wat is ‘n wetenskaap? ‘n Mens wat hou van vyte, word ‘n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bÍre dit onder hulle beddens.

Wat is ’n vyt? Wanneer ʼn mens goeters uitmekaar haal en dit weer bymekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte.

Het jy geweet dat idees die mis van breinwurms is as hulle mense se ongedinkte gedagtes eet? Of dat kannibale skole uitgedink het? Of dat skape so slim is dat hulle van groen gras wol kan maak en sommer daarmee saam die seisoene veroorsaak? Dit is als vyte!

Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse vyte oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. ’n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.

Die Groot Koelte (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Die Groot Koelte (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by David Griessel
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Ships in 7 - 11 work days

Dit is tyd om jou binne-leeu te ontdek.

Die wÍreld het verander. Dit is warm en dit het jare laas gereŽn. Die bome is weg. Al die ys het gesmelt.

Sedert Feliks se mense sonder hom weggetrek het, bly hy alleen op 'n strand, met net 'n lafhartige leeu, 'n veglustige seemeeu en 'n trop lastige bobbejane as geselskap.

Maar op 'n dag is daar seilskepe op die horison. Aan boord is die bevelvoerder, kaptein Blou, en haar vreesaanjaende bemanning. Hulle is ysbere wat die wÍreld vol swerf op soek na die laaste oorblywende ys. Toe die bere voet aan wal sit, is hulle eers vasbeslote om Feliks op te vreet. Maar die ysbeer-kaptein is seker sy ruik iets geheimsinnigs in sy bloed. Sy glo Feliks kan hulle gaan wys waar die laaste ys is!

Wat volg is 'n swerftog die onbekende in, om ys iewers in die berge te gaan soek. En terwyl Feliks die ysbere aanvanklik op 'n dwaalspoor lei, begin hy stadig maar seker besef hul reis kan dalk die wÍreld verander … as hy die bere kan oortuig van sy droom oor die Groot Koelte.

Hierdie meesleurende fantasieverhaal is meesterverteller Leon de Villiers op sy allerbeste. Dit is 'n aksiebelaaide storie wat knetter met vonke van humor, kraakvars taal, kreatiwiteit, deernis, hoop - en 'n onblusbare liefde vir die natuur.

Erik En Die Kido-dinges (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition): Leon De Villiers Erik En Die Kido-dinges (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition)
Leon De Villiers
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Ships in 1 work day

Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. En dis presies wat Erik se pa-hulle met hom doen. Hy beland by Meneer en Mevrou de Kommer wat hulle oor als bekommer - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk Erik se gesin vir hom glad nie meer so sleg nie en verlang hy selfs so 'n bietjie na hulle! Gelukkig ontdek Erik dat daar ook 'n oudoteek is waar ouers omgeruil kan word. En wie tref hy by die oudoteek aan toe hy die De Kommers gaan omruil? Niemand anders as sy eie ouers nie - en hulle smeek vir Erik om hulle terug te neem!

Droomoog Diepgrawer (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): Leon De Villiers Droomoog Diepgrawer (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
Leon De Villiers; Illustrated by Berco Wilsenach
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 work days

Lank, lank gelede was die Diepgrawers ’n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor: Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande onerdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond!

Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit.

Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die wrede Vreet se kloue? Gelukkig is Droomoog ’n ware Diepgrawer, ’n erd wat nie opgee nie, ’n erd met ‘n plan.

Tales From The Marula Tree (Paperback): Leon De Villiers Tales From The Marula Tree (Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Lutz
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 work days

Relive old favourites from the Marula tree.

Every evening at sunset the troop of baboons climb to the top of the big Marula tree. It is their favourite tree to sleep in.

They clamber around looking for a comfortable spot. It takes a while for everyone to settle down, but eventually even Aunt Mangy has found the perfect branch for her tired body. All is quiet.

The baboons are waiting for the evening star to appear. Who will be the first to see the star tonight? "There it is!" cries one of the little ones.

As soon as the star has appeared, a little voice begs: "Please tell us a story!" "Yes, a story, a story!" it echoes in the branches.

An omnibus with fifteen highly original and entertaining animal stories.

This re-release of Leon de Villiers' original animal stories was illustrated by talented artist Linki Lutz.

Tablettes D'un Mobile - Journal Historique Et Anecdotique Du Siege De Paris (du 18 Sep. 1870 Au 28 Jan. 1871)... (French,... Tablettes D'un Mobile - Journal Historique Et Anecdotique Du Siege De Paris (du 18 Sep. 1870 Au 28 Jan. 1871)... (French, Paperback)
Leon De Villiers; Created by Georges De Targes
R719 R597 Discovery Miles 5 970 Save R122 (17%) Ships in 7 - 11 work days

This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book. ++++ The below data was compiled from various identification fields in the bibliographic record of this title. This data is provided as an additional tool in helping to ensure edition identification: ++++ Tablettes D'un Mobile: Journal Historique Et Anecdotique Du Siege De Paris (du 18 Sep. 1870 Au 28 Jan. 1871) 2 Leon de Villiers, Georges de Targes M.J. Mollie, 1871 History; Europe; France; History / Europe / France; Travel / Europe / France

Paris Sauve ! ! ! Ou La Debacle de la Commune (French, Paperback): Leon De Villiers, Georges De Targes Paris Sauve ! ! ! Ou La Debacle de la Commune (French, Paperback)
Leon De Villiers, Georges De Targes
R306 Discovery Miles 3 060 Ships in 7 - 11 work days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bostik Tri Stick Glue Stick (25g)
R26 R18 Discovery Miles 180
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R180 R144 Discovery Miles 1 440
Bleeding Steel
Jackie Chan DVD R91 Discovery Miles 910
The Last Samurai
Tom Cruise, Ken Watanabe, … Blu-ray disc R194 Discovery Miles 1 940
Joseph Joseph Index Mini (Graphite)
R618 Discovery Miles 6 180
Krusell Boden Cover for Sony Xperia E4…
 (1)
R48 Discovery Miles 480
High Expectations
Mabel CD R258 Discovery Miles 2 580
Mellerware Vortex - Plastic Upright…
 (7)
R1,899 R1,041 Discovery Miles 10 410
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R180 R144 Discovery Miles 1 440
Bostik Clear Gel Non - Drip Adhesive…
R23 R19 Discovery Miles 190

 

Partners