0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R100 - R250 (42)
  • R250 - R500 (4)
  • R500 - R1,000 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 48 matches in All departments

De Jagers In Die Dorsland (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen De Jagers In Die Dorsland (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen
R465 R439 Discovery Miles 4 390 Save R26 (6%) Ships in 10 - 15 working days

In die jare 1891 tot 1893 het ongeveer 770 persone Transvaal verlaat en na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Dit staan bekend as die “sesde” Dorslandtrek.

Sowat 45 De Jagers het in verskillende groepe aan hierdie epiese trek deelgeneem. NŠ die sesde Dorslandtrek het hulle tussen Angola, Suidwes-Afrika, Suid-Afrika en selfs Kenia rondgeswerf en verdere avonture oor die hele Suider-Afrika beleef. Sommige De Jagers het in 1928 van Angola na Suidwes-Afrika getrek en hulle daar gevestig, terwyl ander eers in 1958 uit Angola gerepatrieer is.

Uit die beperkte beskikbare bronne is die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gerekonstrueer en vir die eerste keer word ’n kaart van die verskillende trekroetes gepubliseer. ’n Geslagregister van bykans 1800 afstammelinge en aangetroude familielede van die De Jagers van die sesde Dorslandtrek en byna 500 foto’s vorm ’n omvattende beeld van hierdie familiegeskiedenis.

Die Dorslandtrek - 1874-1881 (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen Die Dorslandtrek - 1874-1881 (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen 1
R750 R686 Discovery Miles 6 860 Save R64 (9%) Ships in 10 - 15 working days

Min ander gebeurtenisse in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het so ’n onuitwisbare indruk gelaat as die Dorslandtrek. Die populÍre reisverhaalskrywer Lawrence Green het dit byvoorbeeld beskryf as “the most painful chapter in the whole history of the Afrikaner race”.

Kort nŠ hulle aankoms op Humpata het die graaf van Mayo die Dorslandtrekkers soos volg beskryf: “Taking them all round, a finer set of men I have never seen; without doubt, during that terrible seven years’ journey it was a case of the survival of the fittest.”

Die Dorslandtrek: 1874–1881 vertel die aangrypende verhaal van die ongeveer 700 persone (benewens ’n onbekende getal swart arbeiders) wat Transvaal gedurende die jare 1874 tot 1877 verlaat het en hulle in 1881 nŠ ’n swerftog van sewe jaar op Humpata op die hooglande van Angola gevestig het. Gedurende hulle epiese tog het ongeveer 230 blanke trekkers gesterf en ongeveer dieselfde getal na Transvaal teruggekeer. Hoewel ongeveer 130 babas gedurende die trek gebore is, het slegs ongeveer 370 persone hulle beloofde land uiteindelik bereik.

Die Dorslandtrek: 1874–1881 is die eerste boek wat in amper veertig jaar oor diť onderwerp verskyn. Bestaande feite word grondig ontleed en nuwe feite word op ’n omvangryke wyse byeengebring. Die resultaat is die mees omvattende boek oor diť aangrypende gebeurtenis.

Die geheim van die woud (Afrikaans, Hardcover): Beatriz Martin Vidal Die geheim van die woud (Afrikaans, Hardcover)
Beatriz Martin Vidal; Illustrated by Gustavo Martin Garzo; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

In Die geheim van die woud lees ín ma vir haar kinders, Amelie en Roland, elke aand dieselfde storie. Sy vertel van die twee konyntjies, Oortjies en Tongetjie, en ín woud waar die wolwe vriende is van die konyne en hulle nooit seermaak nie. Soos in elke woud is daar in hierdie verhaal ook ín wolf. Sy is egter blind en bekommerd dat sy nie na haar welpies sal kan omsien wanneer hulle gebore word nie. Soos die ma die verhaal vertel, word die twee kinders asít ware Oortjies en Tongetjie en verander die kamer in die magiese woud. Die metafoor van die herstel van die verbond tussen mens en dier word op subtiele en verbeeldingryke manier daardeur verken. Die geheim van die woud is nie ín verhaal oor bang hasies en wrede wolwe nie, maar ín verhaal wat vertel van moederliefde, die verbeeldingswereld van ín kind en die herstel van die ewewig van die natuur.

Gaap (Afrikaans, Hardcover): Marco Viale Gaap (Afrikaans, Hardcover)
Marco Viale; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Het jy al ooit probeer om op te hou gaap? Dis onmoontlik!. Dis soos om te probeer om die reen te laat ophou val. Of soos om jou ouers te oorreed dat sjokolade jou vinniger sal laat groei as groenbone. As ín gaap kom, moet dit nie onderdruk nie, want netnou raak jy aan die slaap!. Hierdie is ín uitstekende boek vir ouers wat sukkel om kleintjies aan die slaap te maak! Niemand kan met hierdie boek ín GAAP onderdruk nie!. Ever tried to stop a yawn? Thatís impossible!. Itís like trying to stop the rain from falling. Itís like trying to convince your parents that chocolate will make you grow faster than soup. When a yawn arrives, donít hold it back. Just be careful or ... youíll fall asleep!. This book is the answer for desperate parents trying to get kids into bed early on a school night. No one can stifle this YAWN.

Die ridder Buik-op-den-Bodem (Afrikaans, Hardcover): Gilles Bachelet Die ridder Buik-op-den-Bodem (Afrikaans, Hardcover)
Gilles Bachelet; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Die groot dag van die genadelose veldslag het aangebreek! Maar voordat die ridder Buik-op-den-Bodem kan vertrek, moet hierdie slak blitsvinnig ín paar dinge afhandel. Hy moet ontbyt eet, sy Facebook-blad bywerk, sy vrou en kinders vaarwel soen, ín prinses red, ín potjie skaak met ín ou vriend speel Ö Die humor van Gilles Bachelet betower met hierdie vredeliewende fabel, wat met heerlike verwysings na die alledaagse lewe wys wat regtig belangrik is en wat eerder tot more kan wag.

Uit die wolf se bek (Afrikaans, Hardcover): Fabian Negrin Uit die wolf se bek (Afrikaans, Hardcover)
Fabian Negrin; Edited by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Rooikappie en die wolf, die ouma en die jagter. Die karakters van die beroemde fabel is aan almal bekend. Maar uit die illustrasies kan ín mens egter aanvoel hoe baie die karaktereienskappe van die karakters, die landskappe en die atmosfeer verskil. Miskien is selfs die afloop van hierdie weergawe anders. Hierdie boek is ín uitnodiging om nie na die gelui van ín enkele klok te luister nie; om altyd ander mense se beweegredes te ondersoek. Dis ín uitnodiging van ín doodgewone skrywer om oor die ooreenkomste na te dink, en om te laat nadink.

Chaos in Bronberg (Afrikaans, Hardcover): Lilli L'Arronge Chaos in Bronberg (Afrikaans, Hardcover)
Lilli L'Arronge; Edited by Nicol Stassen; Illustrated by Lilli L'Arronge
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Klein dingetjies het groot gevolge Wat kan alles gebeur as iemand 'n piesangskil onverskillig weggooi? Na 'n hele reeks gebeurtenisse is die hele Bronberg in rep en roer. Groot en klein geniet die mooiste deurmekaarspul - uiteindelik gebeur daar iets in die dorp

Halsoorkop (Afrikaans, Hardcover): Miriam Koch Halsoorkop (Afrikaans, Hardcover)
Miriam Koch; Edited by Nicol Stassen; Illustrated by Miriam Koch
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Halsoorkop die seemeeu is altyd haastig, en alewig op pad. En hoewel hy altyd sy goue sakhorlosie by hom het, is hy laat vir sy belangrikste afspraak. 'n Besonderse verhaaltjie oor die kuns om onverwagse geluk te vind.

Martie En Haar Ouma (Afrikaans, Hardcover): Tine  Mortier Martie En Haar Ouma (Afrikaans, Hardcover)
Tine Mortier; Illustrated by Kaatje Vermeire; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

ín Wondermooi prenteboek net 'n ontroerende storie oor 'n dogtertjie se besonderse verhouding met haar ouma. Martie is ín ongeduldige, woelige kind. Alles moet sommer dadelik gebeur. Nou! Dadelik! Haar ouma is net soos sy en die twee verstaan mekaar goed. Op ín dag word Ouma siek en sy kan haar woorde nie meer vind nie. Die grootmense behandel die siek vrou asof sy ín kind is, maar vir Martie is sy steeds die kragtige, pragtige ouma wat net sy verstaan.

Een Miljoen Vlinders (Afrikaans, Hardcover): Edward Van De Vendel Een Miljoen Vlinders (Afrikaans, Hardcover)
Edward Van De Vendel; Illustrated by Carl Cneut; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Een miljoen vlinders is ín verhaal oor grootword, weggaan, verlief word en weer huis toe kom. In die middel van die nag sien Martiens hulle vir die eerste keer: die vlinders wat om sy kop fladder. Ten minste ín miljoen van hulle! Martiens weet nie waar die vlinders vandaan kom nie, maar sy ouers weet duidelik iets wat hy nie weet nie. "Dis tyd om te gaan," se hulle, en stuur hom die woud in. Oppad ontmoet Martiens verskeie diere, maar niemand anders sien sy vlinders nie. Die ouer diere het egter ín vermoede waarheen die vlinders hom wil lei Ö en gee vir hom alles wat hy nodig het vir sy reis.

Leonard (Afrikaans, Hardcover): Wolf Erlbruch Leonard (Afrikaans, Hardcover)
Wolf Erlbruch; Illustrated by Wolf Erlbruch; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Leonard hou van honde. Hy weet alles oor hulle. Hy ken al die soorte en weet of hulle spits ore of slap ore het. Wanneer Leonard se: ďDis nie ín worshond nie!Ē, dan is dit ook nie een nie. Natuurlik weet Leonard ook dat hulle almal skerp tande het. En dit is ín probleem. Maar wat sal gebeur as Leonard op ín dag wakker word en self ín hond is?

Die Geheim Van Die Keel Van Die Nagtegaal (Afrikaans, Hardcover): Peter Verhelst Die Geheim Van Die Keel Van Die Nagtegaal (Afrikaans, Hardcover)
Peter Verhelst; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by Carll Cneut
R182 Discovery Miles 1 820 Ships in 10 - 15 working days

Die Keiser van China droom van 'n nuwe Keiserlike Tuin van Tuine. Een man kry dit reg om die Keiser se droom waar te maak en 'n asemrowende tuin te ontwerp. Maar selfs die drome van keisers skiet soms te kort. Toe die Keiser 'n nagtegaal hoor sing, weet hy dat sy tuin nie volmaak is nie. Die nagtegaal is gewillig, maar nie willoos nie. Sy musiek is uniek, maar kan nie vasgevang word nie.

Die Goue Kring (Afrikaans, Hardcover): Koos Meinderts, Harrie Jekkers Die Goue Kring (Afrikaans, Hardcover)
Koos Meinderts, Harrie Jekkers; Illustrated by Piet Grobler; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

'n Humoristiese rymvertaling oor 'n onderwerp waarvan maklik weggeskram word. 'n Koning wat bang is om dood te gaan, beraam saam met sy geleerdes ín plan om ontslae te raak van die Dood. Vir jare aaneen word nuwe babas gebore, maar geen siel gaan verlore nie. Wat sal gebeur as die diere uitgekuier is op aarde?

Mamma Lucinda (Afrikaans, Hardcover): Koen  van Biesen Mamma Lucinda (Afrikaans, Hardcover)
Koen van Biesen; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Mamma Lucinda is ín skreeusnaakse verhaal oor ín mamma met kloue in plaas van hande, vlymskerp oogtande en 'n wasbleek vel ... 'n mamma wat allermins as "gewoon" beskryf kan word. 'n Vlymskerp, gril-en-giggelboek!

Die Ongelooflike Liefdesverhaal Van Meneer Morf (Afrikaans, Hardcover): Carll Cneut Die Ongelooflike Liefdesverhaal Van Meneer Morf (Afrikaans, Hardcover)
Carll Cneut; Translated by Nicol Stassen
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 10 - 15 working days

Meneer Morf is ’n sirkushond met ’n groot hart. Elke dag dans hy op die koorde in die nok van die sirkustent en kry ’n dawerende applous.

Maar roem is nie alles nie, en Meneer Morf voel baie eensaam.

Op ’n dag verlaat hy die sirkus en gaan soek na ware liefde …

Nie eens 'n bietjie vuil nie (Afrikaans, Hardcover): Wanja Olten Nie eens 'n bietjie vuil nie (Afrikaans, Hardcover)
Wanja Olten; Illustrated by Wanja Olten; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Leeu kan nie skryf nie. Maar dit pla hom nie, want hy kan brul en sy tande wys. En meer het hy nie nodig nie. Maar op ín dag kom hy ín leeuwyfie tee. En nou? Hoe kan hy vir die wyfie se dat hy van haar hou as hy nie kan skryf nie? Hy vra die ander diere om te skryf, natuurlik. Maar is dit werklik so ín goeie idee?

Die storie van die leeu wat nie kon skryf nie (Afrikaans, Hardcover): Martin Baltscheit Die storie van die leeu wat nie kon skryf nie (Afrikaans, Hardcover)
Martin Baltscheit; Illustrated by Martin Baltscheit; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

'n Mens behoort tog net hande te was wanneer hulle regtig vuil is. En dit is maar selde! So glo die jonge dame, totdat haar ma vir haar vertel van die kieme op 'n mens se hande ... O, gonna! Kieme! Kyk, g'n natuurlike kind hou van hande was nie, maar kieme! Jig! Sies! Mammas sal baie bly wees as hulle kinders ook so oor kieme kan dink.

Kerneels Die Geel Kat (Afrikaans, Hardcover): Gry Kappel Jensen Kerneels Die Geel Kat (Afrikaans, Hardcover)
Gry Kappel Jensen; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by Sissan Richardt
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Op baie maniere is Kerneels net soos ander katte. Hy hou daarvan om in die son te le en slaap. Hy hou daarvan om die rusbank met sy skerp kloue te krap (hoewel hy dit nie mag doen nie) en hy hou daarvan as Martjie hom agter sy oor krap. Kerneels spin, strek homself uit en lek sy pels net soos ander katte. Maar daar is iets van Kerneels wat anders is. Kerneels die geel kat is ín lieflike storie oor anders wees. Kerneels word deur die ander katte geterg en hy wens hy was soos hulle. Uiteindelik leer Kerneels om homself te aanvaar presies soos wat hy is.

Ruwe Berg - Die (Afrikaans, Hardcover): Einar Turkowski Ruwe Berg - Die (Afrikaans, Hardcover)
Einar Turkowski; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by Einar Turkowski
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 10 - 15 working days

Daar was eendag... lank gelede, of miskien gister eers ... 'n legendariese berg. Niemand wat teen die berg uitgeklim het, was ooit weer soos voorheen nie. Gevolglik is almal in die land te bang om teen die berg uit te klim. Mense vermy dit selfs om naby die berg te kom. Ten spyte daarvan wil iemand opklim. Maar reeds aan die voet van die berg verwelkom 'n bordjie hom waarop geskryf staan: ďSien, as jy kan.Ē Ė Die man steek vas, maar gaan dan tog verder en begin om tree vir tree na die pad onder sy voete te kyk. Wat kan hy te wagte wees? Die Ruwe Berg is die gelykenis van ín boekkunstenaar.

The Land of the Big Word Factory (Hardcover): Agnes De Lestrade The Land of the Big Word Factory (Hardcover)
Agnes De Lestrade; Illustrated by Valeria Docampo; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

There is a country where people almost never speak. In this strange country you have to buy words and swallow them before you can pronounce them. Little Daniel needs words to tell a girl whatís going on in his heart. But how must he do it? To say everything he wants to say to Hanli, will cost a fortune... Die land van die groot woordfabriek has appeared in several different languages, including Chinese, German, English, French, Catalan, Korean, Dutch, Slovenian and Spanish. The Dutch version won the Vlag en Wimpel from the Griffeljury in 2010.

O Monster, Moenie My Opeet Nie! (Afrikaans, Hardcover): Carl Norac O Monster, Moenie My Opeet Nie! (Afrikaans, Hardcover)
Carl Norac; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by Carll Cneut
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Alex is ’n vreetvarkie. Vandag sluip Alex weg na die tuin en eet ongeveer ’n stuk of tien aartappels. Maar Mamma is skielik daar.

“Waar is jy, ek soek na jou,” roep sy, “en is jy nou al weer besig om te peusel? Moenie eet as dit nie etenstyd is nie, dit het ek al so baie vir jou gesÍ!”

Alex dink dat sy ma te streng is. Hy hou baie van allerhande lekkers. Maar hy is nie die enigste vraat in hierdie verhaal nie.

Die voeltjie wat nie kon fluit nie (Afrikaans, Hardcover): Gry Kappel Jensen Die voeltjie wat nie kon fluit nie (Afrikaans, Hardcover)
Gry Kappel Jensen; Illustrated by Sissan Richardt; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

In 'n woud noord van Bosrand woon 'n swerm voels soos... wel, soos hierdie geveerde diere gewoond is om te lewe. Hulle vlieg rond, bou hulle neste... en hulle almal fluit. Net die klein grys spreeutjie kan nie fluit nie. Selfs die lyster kan hom nie leer om te fluit nie. Wanneer sy boeties en sussies die nes verlaat, bly die arme klein spreeutjie agter. Wat op aarde gaan met hom gebeur? Maar op 'n koue winternag neem die klein spreeutjie die saak in sy eie vlerke. Hy gaan leer om te fluit...

The Circle of Life (Hardcover): Koos Meinderts, Harrie Jekkers The Circle of Life (Hardcover)
Koos Meinderts, Harrie Jekkers; Illustrated by Piet Grobler; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days
Toe Meneer Venter Deurskynend Geword Het (Afrikaans, Hardcover): Paul Maar Toe Meneer Venter Deurskynend Geword Het (Afrikaans, Hardcover)
Paul Maar; Edited by Nicol Stassen; Illustrated by Katharina Grossmann Hensel
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Op 'n dag stel meneer Venter vas dat hy stadig maar seker besig is om deurskynend te word! Geen dokter kan hom help nie en dit word elke dag erger! Meneer Venter se hond Snorrie het geen probleem daarmee dat sy baas al hoe minder sigbaar word nie, en mevrou Eloff, wat twee keer per week sy huis kom skoonmaak, nog minder. Want terwyl sy skoonmaak, gaan sit sy dikwels op 'n kombuisstoel. Net om ín bietjie te rus. Maar dit kan ook gebeur dat meneer Venter reeds daar sit...

Oupa Se Engel (Afrikaans, Paperback): Jutta Bauer Oupa Se Engel (Afrikaans, Paperback)
Jutta Bauer; Translated by Nicol Stassen
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Oupa vertel graag stories wanneer ek vir hom kom kuier. Oupa vertel van die oorlog, van die hongersnood en van die los werkies wat hy moes doen. Hy vertel hoe hy verlief geraak het en toe pa en oupa geword het. Hy vertel van die engelestandbeeld waarby hy as kind elke dag verbygehardloop het skool toe. Maar is dit die engel wat deur al die jare ín wakende hand oor Oupa gehou het? Moet wees.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Maisto Diecast Model - Shelby Cobra 427…
 (1)
R219 R188 Discovery Miles 1 880
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R325 R274 Discovery Miles 2 740
Bepanthen Protective Baby Ointment…
R28 Discovery Miles 280
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R325 R274 Discovery Miles 2 740
Coleman Tent 10x7 Dome Instant 5
R3,099 R2,299 Discovery Miles 22 990
HP 305 Black Original Ink Cartridge
R183 Discovery Miles 1 830
Harry Potter Wizard Wand - In…
 (3)
R625 Discovery Miles 6 250
Lucky Lubricating Clipper Oil (100ml)
R49 Discovery Miles 490
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R325 R274 Discovery Miles 2 740
Amos Red Glue Stick (8g)
R9 Discovery Miles 90

 

Partners