![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 25 of 36 matches in All departments
Die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler skep
prettige rympies en illustrasies geïnspireer deur die komponis
Camille Saint-Saëns se Le carnaval des animaux (1886). Saint-Saëns
se werk is geïnspireer deur leeus, hoenders, muile, skilpaaie,
olifante, kangaroes en ander diere. Die werk bestaan uit 14
bewegings wat vir twee klaviere en ’n kamerorkes geskryf is.
Bettie van Riet en ou Stokkies van Graan het reg langs mekaar in die weiland gestaan. Hul was lief vir mekaar en wou graag trou, maar hy moes haar eers red van ’n ander ou! Terwyl Stokkies van Graan alles vir die bruilof in orde probeer kry, neem Albertus van Hooy sy intrek op die weiland … Albertus probeer Bettie se hart wen met sy sierlike maniertjies en sy Kubaanse sigare, maar strooi en sigare is nie ’n goeie kombinasie nie! Sal Stokkies van Graan betyds terug wees om sy liewe Bettie te red?
Elmer, die kleurvolle olifant, is ’n kleutergunsteling sedert sy skepping in 1989. Die reeks is bekend aan miljoene, en het al meer as 4 miljoen kopiee verkoop regoor die wereld, in meer as 40 tale. Die subtiele boodskap, dat dit aanvaarbaar is om anders te wees, word gekombineer met die lewendige kleur en astrante humor van die hoofkarakter. Dit is twee dae voor die Elmer Dag-optog – die dag wanneer olifante hulleself met helder patrone versier. Maar Elmer, die veelkleurige olifant, is verveeld en besluit om vir die grys olifante ’n yslike poets te bak.
Moeps die mopshond wil altyd wen. Maak nie saak wat die uitdaging is nie, hy móét eenvoudig net die wenner wees. En hy wen gewoonlik ... al kul hy so 'n bietjie. Op 'n dag daag hy Worsie die worshond om te kyk wie die vinnigste sy hondebak kan leeg eet. Hy val weg en eet so gulsig en gierig moontlik ... maar kom skielik agter hy het iets anders ook ingesluk! Moeps die wenner is 'n rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps 'n slegte verloorder, kruip hy gou jou hart.
Die reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan more en knor die grompot: Hierdie boek geskryf deur Elli Woollard en pragtig geillustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat op soek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorle – dus, wie sal dan nou beter smaak op ’n reusebord as die klein karnallie.
Moeps is ’n mopshond met grille en giere. Moeps was selfsugtig met nare maniere. Moeps is ’n mopshond met baie slegte maniere en hy is glad nie ’n deelmaatjie nie. Hy hou al sy speelgoed vir homself en as sy vriendelike mede-woonstelbewoner, die worshond Worsie, vra of hy met iets kan speel, antwoord Moeps: “Dis myne! Myne! Myne!” en verloor dit heeltemal. Uiteindelik kry Worsie tóg wat hy wil hê. Dis ’n heerlike rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps ’n hond met goor maniere, kruip hy vinnig in jou hart.
Nadat Moessorgski na ’n uitstalling van skilderye van sy gestorwe vriend Viktor Hartmann gegaan het, het hy in 1874 ’n klavierwerk geskryf wat in 1922 deur Ravel georkestreer is en as gevolg van die orkesweergawe beroemd geword het. Philip de Vos het met sy verse die werk gemoderniseer om dit meer toegangklik vir moderne lesers te maak, terwyl dit steeds die gevoel van hierdie klassieke meesterwerk behou. Die prettige en slim Prente by ’n uitstalling beeld die besoeker uit soos hy van die een skildery na die volgende beweeg.
De Vos ken die kunste, en die mense agter die kunste, so hy kan heerlik spot met die hogere dinge in die lewe. Die bundel bevat ’n hele vertellings oor bekende figure uit die kunstewereld, soos die Karel Schoeman. Kop op 'n blok is vlymskerp geskryf en die humor (wat dikwels selfspot insluit) is werklik snaaks. Inderwaarheid vorm die teks 'n soort outobiografie van een van die mees geliefde skrywers in Afrikaans.
Met die 10de verjaarsdaguitgawe van hierdie topverkoper potjieboek met flappies kan kinders ’n positiewe les leer oor potjiedissipline. Muisie is ’n nuuskierige agie wat oral wil inloer. Hy wil selfs in al sy maatjies se doeke loer! Maar wanneer sy maats in sy doek loer, kry hulle ’n groot verrassing. Die grappige vertaling deur Philip de Vos sal kinders van 2 tot 4 jaar hope plesier verskaf!
En wat gebeur as grootmuise verlief is? Wel. Hulle trou en kry muisies! Philip de Vos se immergroen rympies laat jonk en oud skater terwyl hulle die mooi prentjies aanskou.
In die oertyd in ’n oerwoud waar dit wemel van die gras was daar platbek-dinosourusse wat swem in die moeras. Hul roep: “Hoera vir water en vir riete en vir gras. Hoera vir waterblommetjies, want dis lekker om te plas!” Wie het al ooit gehoor van ’n vegetariese tirannosourus? Hierdie klein dinosourus land in die verkeerde nes … Hy mag dalk klein wees, nie mooi weet waar hy hoort nie en net plante eet, maar Tirannosourus Sot is slim!.
Moeps die mopshond is ’n regte skelm. Om sy sin te kry, jok hy gereeld en plaas altyd die blaam vir sy stoutighede op arme Worsie, die worshond. Maar op ’n dag draai die wiel ... of sal ons sê, val die bal ... en Moeps besef dat skelmstreke en leuens nie altyd so goed uitdraai nie. Hierdie is ’n rymboek met skreeusnaakse illustrasies. En al is Moeps ’n regte skelm, steel hy gou jou hart.
Philip de Vos se immergroen rympies laat jonk en oud skater terwyl hulle die mooi prentjies aanskou.
Kris de Kat was 'n straatsangers-kat, 'n straatsangers-kat was hy. En by die Leeu in Lelielaan was Klaas en Kris te kry waar mense luister in 'n kring na Kris wat miaau en Klaas wat sing: 'Hier gaan alles gaaf en goed. Gooi tog ietsie in ons hoed. Dis ek en hy en 'n ou kitaar, en hier sing ons ons liedjies klaar.' 'n Pragtige prenteboek oor vriendskap, lojaliteit en klein katjies!
Ontmoet die vlieende dokters wat kwale reg kan maak: ’n ridder en ’n prinses en Zok – die dapper draak. Prinses Mynie se oom sluit haar in ’n toring toe omdat hy nie dink prinsesse kan dokters wees nie – tot hy die dag self siek word! Die arme koning se gesig word oranje van ’n seldsame siekte – sal die drietal dokters hom te hulp snel?
Op die 15de Mei in die oerwoud van Noel terwyl Herrie Olifant swem
in sy poel sou hy laat op een middag ’n ietsietjie hoor, ’n klein
krieselklankie wat krap in sy oor … Toe Herrie ’n klein stemmetjie
om hulp hoor skree, los hy alles om sy nuwe vriend te red, want of
jy groot is of klein is, jy mag van jou laat hoor!
Zok is ’n ywerige drakie. Maar hy is ook ’n ongeluksvoël wat in bome vasvlieg en sy eie vlerk aan die brand steek … Gelukkig is daar altyd ’n gawe meisie wat hom help. Maar kan sy hom ook help om ’n prinses gevange te neem?
In 1838 het die komponis Robert Schumann ’n klavierwerk van 13 nommers genaamd Kinderszenen (Kindertonele) geskryf, waarvoor hy later aparte titels gegee het nadat sy vrou, Clara, vir hom gese het dat hy self soms soos ’n kind is. Hierdie musiekstukke is dan ook oor die gebeurlikhede en daaglikse ervaringe van ’n kind en ook sy verhouding met sy ouers. Philip de Vos is deur beide Robert Schumann se musiek en die titels geinspireer om versies van sy eie te maak.
|
![]() ![]() You may like...
|