0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (63)
  • R50 - R100 (267)
  • R100 - R250 (786)
  • R250 - R500 (67)
  • R500+ (13)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Showing 1 - 25 of 1196 matches in Kinder en Tiener Fiksie

Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback): Stefan Enslin Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback)
Stefan Enslin 1
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Ships in 5 - 10 working days

Jong Joe en Anna (albei 13) raak hartstogtelik verlief op mekaar. Maar dan tree die lewe tussenbeide en word hulle teen hul sin van mekaar geskei. Amper tien jaar later loop hulle mekaar weer onverwags raak, maar hul sterk band vanuit hul kinderdae is verlore. Sal hulle die lewe se baie hindernisse kan oorkom, en sal hulle ooit weer saam kan wees?

Dit is ’n storie oor lewe, grootword, regte en verkeerde keuses maak, vashou aan dit waarin jy glo, ouerskap en hantering van die dood. Wat egter die sterkste uitstaan, is die liefde.

Hierdie storie verken die moeilikhede wat tieners en studente daagliks in die gesig staar en leer ook jonk en oud om in liefde te glo ten spyte van hartseer.

Puntemasjien (Afrikaans, Paperback): Christo Meyer Puntemasjien (Afrikaans, Paperback)
Christo Meyer
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) Ships in 5 - 10 working days

Puntemasjien is ‘n jeugroman met rugby as sentrale tema. Dit speel op ‘n fiktiewe Bolandse dorpie af. Die hoofkarakter, Clint, word na die Boland se proewe genooi, met die oog op ‘n plek in die Cravenweekspan.

Daar kom struikelblokke op sy pad, soos die aanranding van sy vriendin, Yolandi, asook die verdwyning van haar ma en sy pa se drankprobleem.

By sy eie huis wag daar nog ‘n yslike skok op hom. Hy bes om hom aan die proewe te onttrek. Maar sy liefde vir rugby is so diep gewortel dat hy nie sommer sy rug op die spel kan draai nie. Sy afrigter oorreed hom om sy besluit te heroorweeg en met sy aanmoediging, begin lewenslesse uit die sport Clint se lewe verander.

Asterix in Korsika (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny Asterix in Korsika (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny; Illustrated by A. Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days

Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leŽr op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar …

Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Die Selfsugtige Songololo (Afrikaans, Paperback): Vanessa Tedder Die Selfsugtige Songololo (Afrikaans, Paperback)
Vanessa Tedder; Illustrated by Shan Fischer
R80 R64 Discovery Miles 640 Save R16 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Songololo is ín gulsige wurmpie wat gelukkig is in sy tuin maar weier om dit met enigiemand te deel. Om die waarheid te se, hy is trots daarop dat hy geen vriende het nie. Dan, op ín rampspoedige dag, besluit ín honger arend hy sal ín smaaklike happie uitmaak! Sal die ander tuinwesens Songololo na al sy gemeenheid wil red? Jong lesers sal ingetrek word in die drama van hierdie verhaal van selfsug, goedhartigheid en deernis, aangevul deur verbeeldingryke en kleurryke illustrasies.

ReŽnboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman ReŽnboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die ReŽnboogrant-jare!

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die ReŽnboogrant-jare! In die ReŽnboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens ’n skooluitstappie maak, tot ’n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop.

Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit diť gewilde reeks:

- ’n Nag van angs

- Die hanswors

- Teddie se geheim

Monsterrugby (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Monsterrugby (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by David Theron
R145 R125 Discovery Miles 1 250 Save R20 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ín regte boelie. Kort voor lank vind Ampie uit dat Max ín nare geheim het ... Hoe gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe ster-speler in werklikheid ín Monster is? Het jy murg of melkskommel in jou pype? Maak reg vir ín rugbywedstryd soos jy nog nooit gesien het nie Ė en die verloorders gaan geeet word! ín Heerlike aksiebelaaide storie wat jong lesers sal laat skaterlag en hulle hoendervleis sal gee!

Citygirl En Die Swart Hings (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Citygirl En Die Swart Hings (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Nicole was min lus om die vakansie saam met haar ma Weskus toe te kom. Sy wou liewer by die huis bly om Golden Acres, diť ryskool in Pretoria, se perdespringkursus by te woon.

Hoe sleg gaan haar vakansiefoto’s nie afsteek teen Chanť se Mauritius-foto’s nie? En wat gaan sy heeldag doen tussen ’n klomp mariene bioloŽ wat net oor hulle navorsing kan praat?

Maar die Weskus is ’n verrassende plek . . .

Huppelkind (Afrikaans, Paperback): W.O. Kuhne Huppelkind (Afrikaans, Paperback)
W.O. Kuhne
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die klassieke Huppel-stories is weer beskikbaar in een pragtige bundel. Wie onthou die Slaapkouse en die Nuuskierige Agies wat moet help dat Storieman sy storie vertel in Wip-Huppel-Wip? In Vrolike Huppelkind besoek hy saam met Fiefman die Land van Wol en Hare, en wanneer Huppel verjaar, kry hy 'n regte koekoek in 'n klok! Die kleurvolle, komiese karakters en die vrolike Huppel, tesame met Dorothy Hill se bekoorlike illustrasies, steel kinders se harte sommer gou weer in 2018.

Dagboek van 'n Wimpy Kid 6: Kamerkoors (Afrikaans, Paperback, New Edition): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 6: Kamerkoors (Afrikaans, Paperback, New Edition)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Greg Heffley is in groot moeilikheid. Skool- eiendom is beskadig en hy is die hoofverdagte in die saak. Maar hy is redelik onskuldig. Al hou ‘n frats sneeustorm die Heffley-familie binnenshuis, weet Greg dat hy die saak moet hanteer wanneer die storm bedaar het. Maar kan enige straf erger wees as om met jou familie ingehok te wees vir die vakansie?

Die Storie Van Die Molletjie Wat Wou Weet Wie Op Sy Kop Gedinges Het (Afrikaans, Paperback, 30ste Verjaarsdag Uitgawe): Werner... Die Storie Van Die Molletjie Wat Wou Weet Wie Op Sy Kop Gedinges Het (Afrikaans, Paperback, 30ste Verjaarsdag Uitgawe)
Werner Holzwarth, Wolf Erlbruch
R130 R112 Discovery Miles 1 120 Save R18 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Op ’n helder, sonnige mŰre tref ’n katastrofe die molletjie. Iets wat soos ’n wors lyk, val reg bo-op sy kop! Hoogs ontstoke ondervra hy dier na dier om uit te vind wie op sy kop gedinges het. Die molletjie se soektog is ’n prettige en tegelyk informatiewe ontdekking van ’n soms afgeskeepte maar baie belangrike en natuurlike aspek van die dierelewe. Met hierdie 30ste verjaarsdaguitgawe kan kinders op’n opwindende†speurtog gaan!

Dagboek van 'n Wimpy Kid 10: Goeie Ou Dae (Afrikaans, Hardcover): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 10: Goeie Ou Dae (Afrikaans, Hardcover)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Die lewe was beter in die ou dae. Of nie?

Dis die vraag wat Greg Heffley in Dagboek van ’n Wimpy Kid #10: Goeie Ou Dae homself afvra terwyl sy dorp alle elektroniese toerusting afskakel. Maar die hedendaagse lewe het sy geriewe, en Greg is nie vir ’n ouderwetse wÍreld uitgeknip nie.

Gaan Greg ’n manier vind om te oorleef terwyl spanning binne en buite die Heffley-huishouding opbou?

Dagboek van 'n Wimpy Kid 11: Kluitjies Bak (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 11: Kluitjies Bak (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hÍ hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken.

En asof dŪt nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai.

Sy lewe is ’n riller!

Dan ontdek hy ’n pakkie suurwurms, en dit gee hom ’n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?

Dagboek van 'n Wimpy Kid 9: Hardepad (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 9: Hardepad (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

’n Lang reis per motor saam met jou gesin behoort groot pret te wees ... tensy julle die Heffley’s is.

Dit begin vol belofte, maar slaan spoedig die verkeerde koers in. Badkamers by vulstasies, seemeeue wat kop verloor, ’n harde stamp en ’n vark wat op die vlug slaan – nie juis Greg Heffley se idee van plesier nie. Maar selfs die goorste reis kan ’n avontuur word – en hierdie is een wat die Heffley’s nie gou gaan vergeet nie.

Claude in die Kollig (Afrikaans, Paperback): Alex T. Smith Claude in die Kollig (Afrikaans, Paperback)
Alex T. Smith
R130 R104 Discovery Miles 1 040 Save R26 (20%) In stock

’n Stappie deur die dorp se strate lei tot ’n opskop en ’n stertswaai-avontuur toe Claude sy pad tot in die teater oopdans – tot reg in die kollig!

Dagboek van 'n Wimpy Kid 1: 'n Tekenprent Roman (Afrikaans, Paperback, New Edition): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 1: 'n Tekenprent Roman (Afrikaans, Paperback, New Edition)
Jeff Kinney; Translated by Carina Diedericks-Hugo
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Eers wil ek iets net baie duidelik maak: Hierdie is 'n Joernaal en nie 'n dagboek nie. Ek weet wat dit op die omslag se, maar toe Ma hierdie ding gaan koop het, het ek spesifiek gevra om een te kry waarop daar nie "dagboek" staan nie. Die enigste rede hoekom ek enigsins ja gese het vir die ding, is sodat ek dit eendag kan gebruik as ek ryk en beroemd is. Maar nou is ek eers vasgekeer tussen 'n klomp morone.

Vandag is die eerste dag van skool. Toe dink ek ek kan maar netsowel in hierdie boek skryf om die tyd vinniger te laat verbygaan.

Dagboek van 'n Wimpy Kid 5: Die Nare Waarheid (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 5: Die Nare Waarheid (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

’n Nuwe skooljaar begin, en Greg weet gou hy sal by baie nuwe goed moet aanpas. Hy is sy beste vriend kwyt en sy ma het besluit sy gaan verder studeer.

Daar is ’n groot familiesaamtrek in die toekoms waarvoor hy regtig nie lus het nie – veral omdat dit met die Partytjie van die Jaar bots. Maar die dinge wat NIE verander het nie, is dalk erger: Daar is nog steeds nie sprake van ’n meisie in sy lewe nie. Daar is ook nie sprake van ’n puisie nie, en dit beteken dalk hy gaan nooit grootword nie!

Claude in die Stad (Afrikaans, Paperback): Alex T. Smith Claude in die Stad (Afrikaans, Paperback)
Alex T. Smith
R130 R104 Discovery Miles 1 040 Save R26 (20%) In stock

Claude gaan kuier in die stad waar hy by ’n museum inloer, ’n skelm help vastrek en almal se held word!

Claude Gaan vir Goud (Afrikaans, Paperback): Alex T. Smith Claude Gaan vir Goud (Afrikaans, Paperback)
Alex T. Smith
R130 R104 Discovery Miles 1 040 Save R26 (20%) In stock

Claude het rooimiere! Hy kan nie wag om deel te neem aan die Hengse Groot Sportdag nie. Hy wil die goue beker wen, maar dan beland dit in die kloue van twee skelm skurke. Kan Claude die toernooi red en die beker wen?

Dagboek van 'n Wimpy Kid 2: Rodrick Regeer (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 2: Rodrick Regeer (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Jeff Kinney; Translated by Carina Diedericks-Hugo 1
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Met die aanbreek van die nuwe skooljaar, is Greg ywerig om die afgelope drie maande agter hom te sit ... veral een insident. Wat jy ook al doen, moenie vir Greg Heffley vra hoe hy sy vakansie spandeer het nie, want hy wil definitief nie daaroor praat nie. Ongelukkig weet Greg se ouer broer, Rodrick, van die geheim wat Greg graag wil wegsteek. Maar geheime het īn manier om uit te lek ... veral asīn dagboek ter sprake is.

Dagboek van 'n Wimpy Kid 3: Die Laaste Strooi (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 3: Die Laaste Strooi (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Jeff Kinney; Translated by Carina Diedericks-Hugo
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Kom ons wees eerlik: Greg Heffley gaan nooit van sy wimpgewoontes ontslae raak nie. Iemand moet dit nog net aan Greg se pa verduidelik.

Jy sien, Frank Heffley dink hy kan sy seun so ver kry om sy spiere te bult en hy laat Greg deelneem aan georganiseerde sport en ander “manlike” aktiwiteite.

Natuurlik kan Greg maklik koes vir sy pa se pogings om hom te verander. Maar as Greg se pa dreig om hom na ’n militÍre akademie te stuur, besef Greg hy sal hom moet regruk voordat hy weggeruk word.

Dagboek Van 'n Wimpy Kid 13: Koue Voete (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek Van 'n Wimpy Kid 13: Koue Voete (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

’n Sneeustorm veroorsaak dat Greg Heffl ey se skool moet sluit, en sy buurt verander in ’n ysige slagveld. Vyandige groepe baklei om grondgebied, bou enorme sneeuforte en voer epiese sneeubalgevegte. En Greg en sy getroue beste vriend, Rowley Jefferson, beland in die spervuur.

Greg en Rowley moet bondgenootskappe, verraad en oorlogbendes in ’n stryd om oorlewing trotseer terwyl die buurt in chaos verval. Sal Greg en Rowley as helde uit die stryd tree wanneer die sneeu smelt? Gaan hulle hierdie dag oorleef?

Dagboek van 'n Wimpy Kid 8: OngeluksvoŽl (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 8: OngeluksvoŽl (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Dit gaan oes met Greg Heffley. Sy beste vriend, Rowley Jefferson, het hom verlaat, en om op sy ouderdom nuwe vriende te maak, is glad nie maklik nie.

In sy soektog na voorspoed besluit Greg om te waag en sy lot aan die toeval oor te laat. Sal die dobbelsteentjies in sy guns val, of is Greg bestem om ’n ongeluksvoŽl te bly?

Claude Hou Vakansie (Afrikaans, Paperback): Alex T. Smith Claude Hou Vakansie (Afrikaans, Paperback)
Alex T. Smith
R130 R104 Discovery Miles 1 040 Save R26 (20%) In stock

’n Vakansie by die see word ’n asemrowende avontuur toe Claude seerowers ontmoet, op ’n skip rondvaar, en ’n skat ontdek!

Dagboek van 'n Wimpy Kid 4: In die Hondehok (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 4: In die Hondehok (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Translated by Carina Diedericks-Hugo
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Dit is vakansietyd: die weer is heerlik en almal geniet hulle gate uit buite. So, waar is Greg Heffley? Binne-in die huis besig om videospeletjies te speel met die gordyne toe.

Greg, 'n selferkende "binneshuise persoon", ervaar sy heerlikste vakansiefantasie: geen verantwoordelikhede en geen reŽls. Maar Greg se ma se idee van 'n perfekte vakansie is nie dieselfde nie. Sy glo aan buitemuurse pret en "gesinstyd".

Wie se idee gaan wen? Of sal 'n nuwe toevoeging tot die Heffley-gesin alles verander?

Dagboek van 'n Wimpy Kid 7: Drie is Een te Veel (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 7: Drie is Een te Veel (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Daar is liefde in die lug – maar wat beteken dit vir Greg Heffley?

’n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om ’n dansmaat te vind, begin hy wonder of hy droŽbek gaan bly op die groot aand. Sy beste vriend, Rowley, sit met dieselfde problem, maar dis ’n skrale troos.

Dan kry Greg ’n dansmaat danksy ’n onverwagte kinkel en Rowley bly alleen agter. Maar op een aand kan daar baie dinge gebeur, en ’n mens weet nooit watter koers die liefde gaan kies nie…

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 12: Wegkomkans
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280
My gunsteling Storie-Bybel bundle
Ewald Rensburg Paperback R199 R165 Discovery Miles 1 650
Moenie Met 'n Prinses Mors Nie!
Rachel Valentine, Rebecca Bagley Paperback R145 R125 Discovery Miles 1 250
Haas Das se Nuuskas: Episode 6
Louise Smit Paperback R155 R133 Discovery Miles 1 330
Liewe Heksie en die Pampoene
Verna Vels Paperback R150 R129 Discovery Miles 1 290
Rowley Jefferson Se Vreeslike…
Jeff Kinney, Greg Heffley Paperback R160 R119 Discovery Miles 1 190
Ouma Hester En Die Getaway-Kar
Janie Oosthuysen Paperback R135 R105 Discovery Miles 1 050
Asterix: Caesar Se Geskenk
Rene Goscinny Paperback R143 Discovery Miles 1 430
Asterix En Die Groot Oorvaart
Rene Goscinny Paperback R143 Discovery Miles 1 430
Nicole & Appelliefie 1: Die Nuwe Maat
Wendy Maartens Paperback R110 R80 Discovery Miles 800

 

Partners