0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (10)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books

Showing 1 - 12 of 12 matches in Books

Dryfhout (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Chanette Paul Dryfhout (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Chanette Paul
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Wie is Aengel Rousseau? En wie was die voormoeder by wie Aengel dagboeke, 'n skulp, ín seewatersteen en ín verbod om haar hare te sny, geerf het? Dis die vrae wat Aengel Kierangbaai toe lok. Want dis waar Angelique díAvignon amper twee eeue gelede haar spore gelaat het en legendes van die visvrou ruig loop. Geleidelik maak Aengel sin van die legendes oor Annie en die vloek wat sy oor die Niemands uitgespreek het. Die vier moorde wat op Kierangbaai gepleeg word, kan Aengel egter nie kleinkry nie. Ook nie haar gevoelens vir Roark of hoekom iemand dink sy kan Annie se vloek ophef nie. Gys en Fortuintjie moet weer hul speurvernuf inspan en dit ry Gys se poging om vir oulaas Gertjie se hart te wen, sleg in die wiele. Dryfhout is die vyfde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel, en sluit die Gys Niemand-reeks af. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Die ander titels in die reeks is Springgety, Fortuin, Boheem en Meetsnoer.

Mirre (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Mirre (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Hoe onmasker ’n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?

“Hy sal vir jou sÍ dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”

Mirre weet Marilyn is reg, maar ʼn Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dŪt sal hy haar nooit vergewe nie.

Buitendien, sy verstaan waar die ‘beast’ in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ʼn aanranding sal oorleef nie.

Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudť met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.

Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Opsoek Na 'n Held (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Opsoek Na 'n Held (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Kiara, ’n suksesvolle skrywer van liefdesromans, se bankbalans lyk beroerd, haar ryding is onbetroubaar, haar persiese kat, Skat, stel haar gedurig in die verleentheid, en sy kry nie ’n held vir haar vurige heldin geskryf nie. Tot sy hom ontmoet ...

Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul 1
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Jojo Richter van Siende blind, RaaiselspieŽl, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.

Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ʼn moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ʼn boogskutter op rolskaatse ʼn bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.

Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.

Vir Ayla is haar verlede ʼn verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ʼn vlieŽnde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeŽrf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog ʼn handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ʼn ander tameletjie.

Droomvanger (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Droomvanger (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R320 R239 Discovery Miles 2 390 Save R81 (25%) Ships in 13 - 17 working days

Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ... Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti's is daar ʼn moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef.

Sacrificed (Paperback): Chanette Paul Sacrificed (Paperback)
Chanette Paul
R413 R340 Discovery Miles 3 400 Save R73 (18%) Ships in 7 - 11 working days

Sacrificed is Chanette Paul's English language debut and North American debut. Paul is the author of 41 best-selling Afrikaans-language titles in South Africa. Sacrificed is a suspenseful international crime thriller that also includes strong elements of family relationships, romance, and history, so it will attract readers of many different interests. A multi-generational story that will appeal to all adult age groups. The story features strong female characters. Strong historical relevance. The novel jumps between the past and modern Democratic Republic of the Congo, past and present South Africa, and past and present Belgium, dealing with the trade in illicit diamonds, colonialism, racism, and violence of the past carried over into the modern day with severe consequences not only for the two continents but for individual people. Delves deep into issues related to nurture vs. nature. Do our genetics determine the kind of people we become? While Sacrificed stands alone, its sequel is pending.

Corali (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Corali (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?

As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hÍ hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.

Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. NŠ jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.

Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.

Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Paaiboelie (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Paaiboelie (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieel en Ewebeeld is terug. Haar opdrag is oenskynlik eenvoudig: Vind uit wat het werklik sewe jaar gelede in die skatryk Eduard Swiegelaar se studeerkamer gebeur Ė die dag toe hy ten aanskoue van sy heelwat jonger, sexy trofeevrou doodgeskiet is. Die moord op n vooraanstaande ou bok wat met n jong blaar uit n bedenklike agtergrond getroud was, fassineer Jojo egter minder as die stories rondom Crystal Crags, die landgoed wat binne die sogenaamde Duiwelsdriehoek val. Soos die storie van n haaslipkind wat op n stormnag verdrink het, en sedertdien aan mense verskyn voor hulle sterf of verdwyn. Wat op Crystal Crags gebeur, kom Jojo egter agter, bly op Crystal Crags en so is dit al die afgelope eeu. Zaan Mentz is white trash gebore, maar nou welaf na haar man se moord, glo Zaan sy is uiteindelik veilig toe sy haar droomhuis koop. Hier kan sy die giftige dampkring van haar stiefkinders ontwyk en die sekuriteit is uitstekend. Op Crystal Crags, beteken n inkomeling egter verandering en verandering hier, het nog altyd die ongeluksvoel se ongebore kuikens aan die eiers laat pik om uit te kom. Terwyl Jojo die geheim van n enkele oggend se gebeure ontrafel, dobber die geheime wat vir langer as n honderd jaar op Crystal Crags verswyg is geleidelik boontoe en Zaan staan skielik in die brandpunt.

Lira (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Lira (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.

Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.

Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiŽle risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.

Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.

Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.

Maar soos haar vriendin Corali sÍ: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.

Sacrificed (Paperback): Chanette Paul Sacrificed (Paperback)
Chanette Paul
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Sacrificed is the English translation of Offerlam. The Congo, 1961: A man is murdered in cold blood and his beloved is left for dead. Fifty-three years later, Caz Colijn receives a phone call that tears her out of her reclusive life. In Belgium, where she tries to trace her and her daughterís family origins, it becomes clear that that countryís colonial past has had as much impact on her life as the apartheid years in South Africa did. The phone call Professor Luc DeReu receives is less traumatic, but he too is ripped out of his familiar orbit when the woman he blames for his fatherís premature death re-enters his bland existence. In the meantime, Erevu and his grandson must trace the nkisi taken from them more than five decades ago in order for them to fulfil their holy mission. When the paths of this group of people cross, it leads once again to murder.

Meetsnoer (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Chanette Paul Meetsnoer (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Chanette Paul
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Een en twintig uitverkorenes van die Meetsnoer Tempel sal op 20 Oktober 2010 weggeraap word. Dit sal die begin wees van die einddae van die aarde en die verskrikking wat daarmee gepaardgaan. Voor die wegraping egter kan plaasvind, moet die apokaliptiese sluier gelig word. Profeet Sias moet neerskryf wat aan hom geopenbaar word en dit kan net op die nuwe Eden gebeur. Toe Raine Quinn Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry Sias se heilige taak in die wiele nie, ook nie dat Fluisterbos die nuwe Eden is nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor die klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sal word nie. Raine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar besef kort voor lank, haar eie is dalk wel. Inspekteur Gys Niemand en Fortuintjie moet weer hulle speurvernuf inspan ondanks teenkanting in eie geledere. Meetsnoer is die vierde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Dryfhout volg hierop en sluit die reeks af. Springgety, Fortuin en Boheem is die eerste drie boeke in die reeks.

Offerlam (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Offerlam (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Die Kongo, 1961: ’n Man word koelbloedig vermoor en sy geliefde word vir dood agtergelaat.

Drie en vyftig jaar later kry Caz Colijn ʼn oproep wat haar kluisenaarsbestaan uit mekaar ruk.

In BelgiŽ waar sy haar en haar dogter se herkoms probeer naspoor, word dit duidelik dat diť land se koloniale verlede net so ’n groot impak op haar lewe gehad het soos die apartheidsjare in Suid-Afrika.

Die oproep wat professor Luc DeReu ontvang, is minder traumaties. Ook hy word egter uit sy wentelbaan geruk toe die vrou wat hy kwalik neem oor sy pa se voortydige dood, weer sy jandooilewe betree.

Intussen moet Erevu en sy kleinseun die nkŪsi wat hulle meer as vyf dekades gelede ontneem is, opspoor om hulle heilige taak uit te voer.

Wanneer hierdie groepie mense se paaie kruis, stuur dit nogmaals op moord af.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Wonky Donkey Bag of Books
Craig Smith Paperback  (4)
R399 R249 Discovery Miles 2 490
Recession, Recovery & Reform - South…
Raymond Parsons Paperback R240 R179 Discovery Miles 1 790
Living Coloured (Because Black & White…
Yusuf Daniels Paperback  (2)
R140 R116 Discovery Miles 1 160
Seven Votes - How WWII Changed South…
Richard Steyn Paperback R280 R190 Discovery Miles 1 900
Gangster State - Unravelling Ace…
Pieter-Louis Myburgh Paperback  (2)
R290 R209 Discovery Miles 2 090
World Class Customer Service For South…
Basil O'Hagan Paperback R219 R179 Discovery Miles 1 790
Unf*ck Yourself, Unf*ck The World…
Kagiso Msimango Paperback R260 R195 Discovery Miles 1 950
The Land Wars - The Dispossession Of The…
John Laband Paperback  (1)
R290 R199 Discovery Miles 1 990
BANTING 7 Day Meal Plans - 100 Favourite…
Rita Venter, Natalie Lawson, … Paperback  (10)
R350 R250 Discovery Miles 2 500
Yes You Can Win The Battle Over…
Brennan Dauberman Paperback  (1)
R120 Discovery Miles 1 200

 

Partners