Loui Fish: Onsinkbaar (Afrikaans, Paperback)

Die tonge was al baie los oor die kletskoningin Loui Fish, en die lys van dinge wat sy genoem word, is lank: sosiale vlinder, partytjiepop, sekskatjie, flerrie, cougar. Maar voeg ook daarby: beeldskoon, suksesvol en gevat. Loui is inderdaad ’n katjie wat jy nie sonder sagte handskoentjies moet aanpak nie – en boonop enig in haar soort. Dis immers nie elkeen van ons wat sosiaal verkeer met Victoria en David Beckham of wat kan spog met Jimmy Choo as ’n persoonlike vriend of George Michael as ’n voormalige buurman nie.

In haar allesonthullende outobiografie, Onsinkbaar, vertel Loui van haar kleintyddrome om eendag met ’n rock-ster te trou. Steve Hofmeyr maak ’n vlietende draai in haar lewe. James Small vat haar uit die Boland weg, maar sy loop erg deur onder sy vuiste. Uiteindelik trou sy met die liefde van haar lewe, Mark Fish, en word sy deel van ’n sosiale groep wat bekend staan as Footballers’ Wives – vroue vir wie selfs die etiket op hul onderklere belangrik is. Dis ’n verhaal van passie, geweld en liefde. Van ontwerpersklere en die gejaag na sukses. Maar dit vertel ook van ’n weerlose Loui, wanneer sy gestroop van al hierdie dinge besef dat geld en glorie nie geluk bring nie, en dat wat ander van jou sê nie regtig saak maak nie.

“Hoekom skryf ek my storie? Wel, ek is nie ’n slagoffer nie. Ook nie sleg nie, ek is net ’n meisie wat verlief geraak het op ’n jong man, en dalk steeds verlief is op hom. Die enigste ding is ek is nie meer 24 jaar oud nie. Ek was getroud vir byna elf jaar. En hoekom is ons nie meer getroud nie? Wel, nes my icon eenmaal in ’n bekende Martin Bashir onderhoud gesê het: “It was getting a little crowded.” Sy, nes ek, het na haar huwelik verwys, en sy was prinses Diana.”

R25
List Price R182
Save R157 86%
Discovery Miles250
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Customer Reviews

Average Rating  (1 Customer)

Product Details

General

Imprint

LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms)

Country of origin

South Africa

Release date

October 2012

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

213 x 152 x 15mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

186

ISBN-13

978-0-7993-5200-9

Barcode

9780799352009

Languages

value

Categories

LSN

0-7993-5200-4

Trending On Loot