Die Rooikop en die Redakteur - Die Beste Kortverhale 1953-1959 (Afrikaans, Paperback)


Jan Wentzel, verhaleredakteur van Die voorpunt, kry te make met Marié Hurter, ’n aspirant-skrywer wat maar net nie wíl aanvaar dat haar liefdesverhaal afgekeur is nie. Jan het hoë ideale en neem sy werk ernstig op, maar ’n probleem ontstaan. Hoe gemaak as hy nou ook ’n ogie op Marié het? Of voer dié ondeunde rooikop iets in die mou?

In Die rooikop en die redakteur en ander stories bring H&R vroeë verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die Sestiger-beweging, etlike literêre pryse en internasionale aansien het André Brink sy loopbaan begin as skrywer van humoristiese stories en spannings- en liefdesverhale in gesinstydskrifte. Die vermaaklike stories in dié bundel het gedurende die 50's in die tydskrifte Die huisgenoot en Die brandwag verskyn. Dié bundel kombineer Brink se eiesoortige sin vir humor met ’n tikkie nostalgie – perfek vir ’n ouer én nuwe geslag lesers. Saamgestel deur Cecilia van Zyl, voormalige verhaleredakteur van Die huisgenoot.


R435

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles4350
Delivery AdviceShips in 12 - 17 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Jan Wentzel, verhaleredakteur van Die voorpunt, kry te make met Marié Hurter, ’n aspirant-skrywer wat maar net nie wíl aanvaar dat haar liefdesverhaal afgekeur is nie. Jan het hoë ideale en neem sy werk ernstig op, maar ’n probleem ontstaan. Hoe gemaak as hy nou ook ’n ogie op Marié het? Of voer dié ondeunde rooikop iets in die mou?

In Die rooikop en die redakteur en ander stories bring H&R vroeë verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die Sestiger-beweging, etlike literêre pryse en internasionale aansien het André Brink sy loopbaan begin as skrywer van humoristiese stories en spannings- en liefdesverhale in gesinstydskrifte. Die vermaaklike stories in dié bundel het gedurende die 50's in die tydskrifte Die huisgenoot en Die brandwag verskyn. Dié bundel kombineer Brink se eiesoortige sin vir humor met ’n tikkie nostalgie – perfek vir ’n ouer én nuwe geslag lesers. Saamgestel deur Cecilia van Zyl, voormalige verhaleredakteur van Die huisgenoot.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Human & Rousseau

Country of origin

South Africa

Release date

February 2018

Availability

Expected to ship within 12 - 17 working days

Authors

Dimensions

198 x 130 x 20mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

256

ISBN-13

978-0-7981-7702-3

Barcode

9780798177023

Languages

value

Categories

LSN

0-7981-7702-0



Trending On Loot