Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch ’n klag teen haar baas gaan lê, ongehoorde optrede vir ’n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom: Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op ’n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar, Meester de la Bat, ingeboek.
Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe. Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep – “die grote Gariep: hy is die hele land en die hele wêreld …die rivier in onse binneste. My Gariep…” dink Philida. “Hier in sy nabyte is ons almal saam.”
Philida is ’n versetsroman – maar dit is ook ’n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en óók wat aan die kern van baasskap lê. En alhoewel daar onthutsende tonele is, is daar ook oomblikke van teerheid en humor. En boweal, die stem van ’n meesterverteller.
’n Interessante aspek van die roman is dat Brink gebruik maak van geskiedkundige feite wat een van sy voorsate insluit.
Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Imprint | Human & Rousseau |
Country of origin | South Africa |
Release date | September 2012 |
Availability | Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available. |
Authors | Andre P. Brink |
Dimensions | 229 x 156 x 28mm (L x W x T) |
Format | Hardcover |
Pages | 319 |
ISBN-13 | 978-0-7981-5521-2 |
Barcode | 9780798155212 |
Languages | value |
Categories | |
LSN | 0-7981-5521-3 |