Tuinmaak Met Eiegoed (Paperback)

,
Tuinmaak met eiegoed stel jou bekend aan die jongste hibriede van die mees geliefde en nuttigste inheemse plante en gee jou wen-idees om hulle in konvensionele tuinontwerp te gebruik. Oorsese kwekers vry immers al jarelank na ons pragtige flora, en nuwe klone van ons eie pronkplante verskyn elke jaar in die handel. Hierdie plante neem nou hulle regmatige plek in ons tuine in. Die titel is 'n spanpoging deur twee van ons bekendste tuinpersoonlikhede, en weerspieel hulle gewilde aanbiedings en gemaklike skryfstyl. Hulle benadering is ontspanne, liewer as puristies, en hulle veroordeel nie eksotiese plante tot die dood, of predik die stiksienige navolging van bioomspesifieke aanplanting van slegs endemiese plante nie. Hulle moedig tuiniers liewer aan om hulle tuine te geniet en te eksperimenteer om die plante wat hulle regtig graag wil he, te laat oorleef. Baie plante gedy waar mens dit die minste verwag, en juis dit is deel van die vreugde van tuinmaak. Hierdie gedugte span wil nie he jy moet dink dat hulle deur inheemse tuinmaak aan te moedig, bedoel dat elke eksotiese plant uit die bose is en verban moet word nie. Benewens plante wat amptelik as verbode indringers geklassifiseer is en uit elke tuin verwyder moet word, kan jy gerus al jou geliefde plante in jou tuin hou waar hulle gesellig sal leer skouers skuur met jou nuwe inheemse plante. Die titel is ryklik geillustreer met foto's uit The Gardener/Die Tuinier se fotobank en elke bladsy is 'n visuele fees wat nie net inlig nie, maar ook inspireer. Met hope wenke en plantvoorstelle, is die praktiese benadering een wat by alle tuiniers sal byval vind.

R163

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1630
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Tuinmaak met eiegoed stel jou bekend aan die jongste hibriede van die mees geliefde en nuttigste inheemse plante en gee jou wen-idees om hulle in konvensionele tuinontwerp te gebruik. Oorsese kwekers vry immers al jarelank na ons pragtige flora, en nuwe klone van ons eie pronkplante verskyn elke jaar in die handel. Hierdie plante neem nou hulle regmatige plek in ons tuine in. Die titel is 'n spanpoging deur twee van ons bekendste tuinpersoonlikhede, en weerspieel hulle gewilde aanbiedings en gemaklike skryfstyl. Hulle benadering is ontspanne, liewer as puristies, en hulle veroordeel nie eksotiese plante tot die dood, of predik die stiksienige navolging van bioomspesifieke aanplanting van slegs endemiese plante nie. Hulle moedig tuiniers liewer aan om hulle tuine te geniet en te eksperimenteer om die plante wat hulle regtig graag wil he, te laat oorleef. Baie plante gedy waar mens dit die minste verwag, en juis dit is deel van die vreugde van tuinmaak. Hierdie gedugte span wil nie he jy moet dink dat hulle deur inheemse tuinmaak aan te moedig, bedoel dat elke eksotiese plant uit die bose is en verban moet word nie. Benewens plante wat amptelik as verbode indringers geklassifiseer is en uit elke tuin verwyder moet word, kan jy gerus al jou geliefde plante in jou tuin hou waar hulle gesellig sal leer skouers skuur met jou nuwe inheemse plante. Die titel is ryklik geillustreer met foto's uit The Gardener/Die Tuinier se fotobank en elke bladsy is 'n visuele fees wat nie net inlig nie, maar ook inspireer. Met hope wenke en plantvoorstelle, is die praktiese benadering een wat by alle tuiniers sal byval vind.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Metz Press

Country of origin

South Africa

Release date

June 2010

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

,

Dimensions

260 x 210 x 13mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

144

ISBN-13

978-1-920268-53-4

Barcode

9781920268534

Categories

LSN

1-920268-53-7



Trending On Loot